Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -4 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -4 hours ago

Droogte in die Kaap

Submitted by BATMAN on
Forums

Mense dis nou baie droog hier en daar is geen reen in die vooruitsig nie. Dink asb aan ons in jul oorvloed met die lekker reen wat julle gehad het. As jy jou kar nou vir 'n diens vat verduidelik hulle vir jou dat hulle die kar na die tyd mooi binne sal skoonmaak, maar nie was nie in die gees van waterbesparing. Van tuinmaak is daar glad nie sprake nie en die meeste grasperke lyk soos Gautengse grasperke in die winter.

SEGEKOK:Ek hoop dat julle gou reen sal kry.

FREDA:Dit was gister op TV nuus dat die Kaap nog net genoeg waterverbruik het vir 120 dae.   Dit is baie erg.  Hier by ons in Port Elizabeth is dit net so droog en streng waterbeperkings maar die damme is darem nog nie so leeg soos die Kaap s'n nie.   En die reën bly weg, ek kan nie onthou wanneer laas ons ordentlike reën gehad het nie.   Sterkte Batman, mag julle beurt heel eerste kom.

BATMAN:Dankie Freda. Ja, so hoop en bid ons maar almal saam. Ons probeer werklik hard om te spaar. Ons is drie in die huis (ek en my vrou en ons jongste seun wat nou pas afgestudeer het en begin werk het) en ek het vanoggend die waterlesing geneem en deurgebel. Ons verbruik vir Feb was net 8Kl

CHRIS DU PREEZ:Andrê,ons hoop regtig daar kom n groot kinkel in die weerstoestandecen dit reen in die opvangs gebiede daar by julle. Sterkte en on dink aan julle.

BATMAN:Thanks Chris. Daar is nog steeds mense hier wat nie die erns van die storie verstaan nie. Die Stadsraad het verlede week die grootste oortreders se adresse gepubliseer. Interessant dat die grootste gros van hulle in die superryk gebiede soos Fresnaye, Kampsbaai, Bishopscourt en Constantia bly. Die grootste oortreder se maandelikse waterverbruik is 700Kl per maand-dis omtrent die volmaak van 14 swembaddens per maand.......wat de mur! Daar is ook 'n adres in die straat  waar die president bly as hy in die Kaap is........laat mens wonder

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus