Ek wil net vir ALL die nuwe lede hier op ons lekker Kampforum sê BAIE welkom. Moet nie skaam wees om jou self voor te stel en ons so ietsie meer van jou te vertel nie.
Ek het vanoggend vir Martin Smit op fb genooi om by ons aan te sluit en nou sien ek die nuutste lid is Pieter Smit.
Eddie, is jy Eddie Raats ?
Nuwe Lede
PieterSmit
neef Herman
GYS
Eddie
Heidi Adendorff
Chris Steyn
Jane
Engelsman
Craigbells
Welkom nuwe lede
Baie welkom aan almal op daai lysie. Neem die vrymoedigheid om deel te neem aan die gesprekke of vertel ons iets van jou eie. Ons hoor graag van julle.
Welkom julle vertel
Soos Freda se welkom val in en gesels lekke saam vertel bietjie waar julle kamp hou julle vannie WP soos ek en vetel van julle sleep combo
Dankie vir die draad Willem…
Dankie vir die draad Willem.
Baie welkom aan al die nuwe lede, soos reeds genoem, val in en kuier 'n brak uit tak.
Baie welkom almal, ai man…
Baie welkom almal, ai man die forum groei nou mooi.
Ek vermoed die moet nou die grootste afrikaanse kamp forum wees, moet wees want dit is die enigste!
Neef Herman...baie bly jy…
Neef Herman...baie bly jy het hier kom aansluit. Geniet altyd jou bydraes!
Baie baie dankie almal
Sjoe dit is nou gaaf. Baie dankie vir die warm welkom van almal.
Dankie vir die warm welkom…
Dankie vir die warm welkom. Sal probeer om goeie geselskap te wees.
Gaan my net n tydjie neem om die sisteem te verstaan, julle moet onthou ek was in die spesiale skool van graad 1 tot standerd 1, al is dit nou baie jare gelede, en om iets nuuts te leer na aftree, is maar bitter.![]()
En hier kry ek dit reg om n gesiggie by te sit ![]()
Groetnis.
Pieter Smith, ons hoop om…
Pieter Smith, ons hoop om nog baie van jou te hoor.
Herman, jy kom al mooi reg.
Dalk het jy al agtergekom, as jy links bo op die Aktiewe en Nuwe onderwerpe ingaan, kliek net op die syfer onder die blokkie met die ? b0-aan. Dan sien jy die laaste inskrywings op daardie onderwerp wat jy nog nie gelees het nie. As jy op die onderwerp se naam kliek, sien jy dit vanaf die eerste inset, wat jy moontlik alreeds gelees het.
Herman ja, jy gaan dalk so…
Herman ja, jy gaan dalk so rukkie sukkel met die formaat (baie anders as CP forum), maar jy sal gou reg kom.
Hier is fotos laai so maklik soos val uit 'n hoom, jy moet net die tak los?
Pieter, bly om van jou kant af ook te hoor, lekker saam gesêls.
O ja, 'n antwoord, is net 'n…
O ja, 'n antwoord, is net 'n vraag ver, as julle iets van die forum se werke wil weet, of algegeme kamp vrae het, skiet, baie mense wag om te help?
Dit is nou 'n eerste, ek…
Dit is nou 'n eerste, ek sien net vandag is daar 5 nuwe Kampforum Lede. ![]()
BAIE WELKOM julle klomp hier op die BESTE forum, geniet dit en vertel ons so iets meer van julle kamp stories en las asb. vir ons 'n foto of twee by.
Johan Labuschagne
Toni123
Jan Lues
JAKleinhans
Tabeal Chris
meyerp
Elsabe Louw
Gryswolf7
Welkom Julle! Dankie dat…
Welkom Julle! Dankie dat julle hier aangesluit het en mag kampforum net vreugde en baie vriendeskappe vir julle bied!
Ek vermoed...
Ek vermoed dit is Chris se fotos daar uit Romenië wat hierdie toestroming veroorsaak het !
Welkom almal !
Val in en gesels
Welkom op n puik forum val in en gesels / kamp saam
Baie welkom aan al die nuwe…
Baie welkom aan al die nuwe lede, julle moet lekker saam gesêls.
Len, ek dink jy het mooi op gelet in die klas😂
Ek vermoed dit is Chris se fotos daar uit Romenië wat hierdie toestroming veroorsaak het !
Anton se Ma wil kom kyk wie…
Anton se Ma wil kom kyk wie is die ROOF KYKERS.





Dankie Willem. Baie welkom…
Dankie Willem. Baie welkom nuwe lede. Geniet die forum en gesels die forum aan die brand en is verslawend. Ek is selfs is ook nie lank by die forum en raak betrokke met hul saamtrekke !!