Middag mede kampers
Dalk sal die inskrywing help om Len sy draad terug te besorg.
Hier sal ons reikhalsend uitsien na die Voortrekker terugvoer van sy kamp by Galago
Groete
Wessel

| Attachment | Size |
|---|---|
| Galago Weg Ry & Sleep Advertensie | 908.42 KB |
Len, ek vermoed Anton…
Len, ek vermoed Anton gebruik die tent toue ook as wasgoed lyne![]()
Het jy gesien hoe slaan daardie knaap sy tenttoue vas ? Help hom tog reg as jy daar 'n draai gooi, of eintlik, vra vir Petra om hom te wys hoe dit gedoen moet word.
Anton, julle maak ons jaloers
Pappa geniet hom, dankie…
Pappa geniet hom, dankie Harry.
Ek het gisteraand gehoor my waentjie het 'n nuwe squeeck.
Anton, gooi olie, die bure…
Anton, gooi olie, die bure wil nie gepla word nie![]()
Ek het gisteraand gehoor my waentjie het 'n nuwe squeeck.
Ek het gisteraand gehoor my…
Ek het gisteraand gehoor my waentjie het 'n nuwe squeeck.
Dalk is dit nie die waentjie nie maar die ouderdom wat jou so bekruip....
Mooi Voories, lyk baie…
Mooi Voories, lyk baie lekker daar. Julle moet dit geniet. Wat doen die seuns alles?
Luister maar elke aand sodat jy kan agterkom waar die squeak vandaan kom. Mens wil nie hê so gepiep moet die kinders uit die slaap hou nie.
Dit lyk lekker. Ek hoop…
Dit lyk lekker.
Ek hoop nie die slotte het al die verf op die waentjie gechip nie.
Hoekom dink ek nou aan Jak de priester se liedjie "Groen Mamba...vir die baba...."![]()
![]()
Freda die kabouters geniet…
Freda die kabouters geniet die bos en grond. Hulle is tans besig om gras bymekaar te maak en water uit te sit vir die rooibokke wat hier rondloop.
Anton daai piep geluid…
Anton daai piep geluid........ in die ou dae het ons Vaseline gebruik, deesdae is daar alreande smeermiddels, KY Jellie en nog andere ook, jy kry dit selfs met geur middels, aarbei, sjokolade en dies meer.
Gaan loer in by jou naaste apteek, of selfs beter by "Adult World" groot verskeidenheid op die mark.
Dankie vir die foto van die…
Dankie vir die foto van die seuns, Anton. Tog te oulik. Nou hoop ek net al hul werk was nie verniet nie. Die rooibokke beter nou kom eet en drink of hulle gaan baie teleurgesteld wees. Ek kan my net voorstel hoe wag hul heel dag vir die bokkies om te kom.![]()
Arie, jy is sowaar 'n expert!!
Galago--gruisgat
Middag Voortrekker
Ek sien op ander gesprekslyn dat jy NIE oor die gruisgat/plaveisel staan nie. Ook maar versigtig vir die sagte kantoor-voete!!!
Wessel
Oooo, dit lyk lekker oom…
Oooo, dit lyk lekker oom Voorries, julle moet dit baie geniet.
Oom Johann, mens kan n pin drop ding doen met whatsapp. As jou foon n GPS in het kan dit vir ander mense tot omtrent op die pin wys waar jy is.
Op Whatsapp, druk op die persoon wat oom wil stuur. Daar by die plek waar mens tik is daai attachment icon. Druk op hom en n paar goete sal opkom waarvan een location is.
Druk op hom en die foon neem oom se location, en stuur daan vir persoon.
Die persoon wat dit ontvang kan dan byvoorbeeld Google Maps gebruik om te ry tot die presiese location ☺
Heng dankie Gesie, nou gaan…
Heng dankie Gesie, nou gaan ek probeer om na my tablet 'n pindrop te stuur, sien want dan kan niemand sien as ek stupid is nie😃
Wraggies nie hiervan geweet nie, maar baie gehoor mense praat daarvan, dan is ek mos te slim om te vra![]()
Ja wraggies, dit werk, …
Ja wraggies, dit werk,
Weet jy darem nou waar jy is Johann?
Anton, nog allie jare moes…
Anton, nog allie jare moes ek my gps kooordinate gebruik om by my huis uit te kom, nou is dit so maklik soos val uit 'n boom, dit kan ek darem goed doen![]()







Heerlike oggend hier by…
Heerlike oggend hier by Galago