Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -2 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Geert -3 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -3 hours ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 10/11/2018 - 02:18

Môre almal.   Dit is 2 uur in die oggend en hier sit ek.  So wakker soos 'n baba wat sy ma se tietie soek.   Die hele kamp is aan die slaap, nêrens brand 'n liggie nie.   Ek hoor nie 'n voëltjie nie, net die see wat raas.   Dit kom nou daarvan as jy in die aand 8 uur al slaap.

Die kamp het darem gister middag baie gou vol geraak.   Hier rondom ons is daar nie 'n staanplek oop nie.  Die weer is baie lekker, so die dagkampeerders gaan hul plek seker ook toepak die naweek.

Ek wil nog gaan seker maak maar ek hoor die Bokke speel vanaand eers 10 uur teen die Franse.  Ek sal netnou weer moet gaan slaap of vanmiddag gaan slaap as ek daarvoor wil wakker bly!

Ek glo die span by Bosfontein kamp lekker.  Spek sê dit gaan lekker daar.  Hulle moet net onthou Arie is op pad, wees voorbereid.

Nouja, julle moet maar lekker slaap solank en geniet die dag as julle wakker is....

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 10/11/2018 - 04:22

Goeie more Antie. Goeie more almal 

Ek kon maar aanlyn gekom het toe jy hier geskryf het. Was ook self daai tyd wakker. Dit lyk my die kinders het hulle maag epidemi na my aan gestuur. Nie gedink n mens kan so swak word nie.

Lekker Saterdag vir elkeen

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 10/11/2018 - 06:19

More almal, mag julle 'n wonderlike dag beleef.

Stoffel ek verstaan alta sukkel ook, julle moet jul self mooi oppas man - sterkte daar!

0
Middelburg

Noel

Sat, 10/11/2018 - 08:01

Goeie more almal. 

Sterkte Stoffel en word vinnig gesond. Auntie Frieda is lekker uitgerus en mis seker haar tuis. Lekker kamp verder vir laaste paar dae laugh​​​​​. 

Die kampmaters by Bosfontein gaan groot en geniet dit ! 

Lekker dag vir almal ! 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 10/11/2018 - 10:39

Jip, jip, ek het weer lekker gaan slaap en is reg vir die dag.   

Gees, ek hoop jy is van plan om eersdaags uit daar vrouegewaad te klim. laugh

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 10/11/2018 - 10:43

Neetjies my liewe tannie, dit is my vroutjie maand die November. Dit is lekker om so saggies en fyn te voel. Bietjie swaar met die stoere boere hier, hulle verstaan nie altyd n vrou se emosinele toestand nie. 😦😦😕😕

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 10/11/2018 - 11:35

VW het gesê hy kamp die naweek hier saam met 'n karavaanklub.  Ek het hom nou loop soek, oral by al die kampe gewees en kry hom nie.  Daar is een klub, KSA, maar twee persone daar weet nie wie VW kan wees nie.  Die probleem is, ek weet nie hoe hy lyk of wat sy naam is nie.   By die een kamp vra 'n man vir my of ek dan 'n lekker "blind date" het die naweek.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus