Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -4 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 25/11/2018 - 19:28

Goeie naand almal.

So n lekker buitjie reen geval vanmiddag.

Vir middagete lekker gebraai en al die kinders was hier gewees.

Lekker aand en n goeie week wat voorlê. Die jaar snel nou vinnig na sy einde toe

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 26/11/2018 - 05:52

Goeie môre aan almal op hierdie 1ste dag van die laaste week in November!  En toe sien die jaar sy agterkant,  en sal ons werkendes maar spartel om die laaste bietjie produktiwieteit uit 2018  te wurg!  smiley​​​​​​

Vir my is daar nog 3 weke se aarbeid oor voor ek kan gaan kamp en kersfees hou. 

Julle moet almal 'n baie lekker week hé!  Mag jy geseën wees met vriendskap en positiewe dinge! smileyyes

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 26/11/2018 - 05:52

Amper die laaste maand.

Ek begin daai gevoel van sleg wees kry.

Geniet julle dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 26/11/2018 - 06:33

Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend.    "n Goeie week vir almal!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 26/11/2018 - 06:51

Hi......... wonderlike goeie more aan al die pragtige kampeerders hier.

Besluit ek sal maar ietsie by sit by my "Hi" anders beskuldig die Geeste my van "moody-geit"

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 26/11/2018 - 10:04

Ek treur nie meer oor die Bokke nie, Arie.   Hulle maak my te vies!   Hul beter net hul agterente in rat kry, voor volgende jaar se wêreldbeker.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 26/11/2018 - 11:12

Antie, more vertrou dit gaan baie goed met jou en die Ingelsman?

Nou ja, nou het ek mooi gegroet, nou kan ons gesels, nie soos sekere Tannies wat net wegval en praat nie?

Gaan nie help die bokkies kry hul agterente in rat nie, soos ek verstaan dan werk net die agterente met die gevolg dat hul heeldag op die toilet gaan sit?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 26/11/2018 - 12:48

Dankie, dit gaan heel goed met ons hier onder in die Baai, Arie.   Die Ingelsman is vandag na 'n begrafnis, familie van sy oorlede vrou.   Ek besluit toe, ek hou my skaars, laat hy eerder alleen gaan.   Ek weet nou nie of dit eerbaarlik of oneerbaarlik van my is nie.laugh

Dit stuifreën al vir 'n paar uur hier by ons.   Ek kan nie wasgoed doen nie, so ek kook maar sop vir die Uncle.

Die eerste ding wat by die Bokke moet gebeur, hul moet ontslae raak van Stick, wat die agterspelers afrig.   Hulle moet weer leer om te verdedig, die bal uit te gee en te vang en ophou balbesit afstaan.   Stick kon skaars 'n provinsiale span maak, nou rig hy die Bokke af.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 27/11/2018 - 05:20

Môre môre maters!   Ons gaan 2018 uitdruk soos 'n lemoen sodat elke laaste bietjie sap uitloop, dan gaan ons sy skil omdop en hom leeg eet!

Ek moet netnou weer deurskiet Springs toe vir 'n 8am vergadering smiley

Julle moet almal 'n lekker Dinsdag hé!

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus