Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -56 minutes ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Fri, 23/11/2018 - 06:02

.....julle. Daars'y. Vrydag is hier en mense gaan seker al amper op vakansie. Nog drie weke dan is dit ons kans.

Sleep nie, maar span Lorraine se Jimny in.

Twee dae op Clarens.

Twee dae in Himeville en nege dae in Ponta.

Mooi dag vir julle.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 23/11/2018 - 06:36

Goeie môre almal, geniet jul dag, bly weg van die swart vrydag twak waar jy goed koop wat jy nie nodig het nie.😀 

Gesie, en ander wat vandag die paaie aandurf, wees veilig👍

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 23/11/2018 - 06:45

Ek hoop almal gaan 'n lekker dag hê.  Enjoy your weekend!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 23/11/2018 - 07:30

bly weg van die swart vrydag twak waar jy goed koop

Johann, ek hou niks van winkels nie - Swart Vrydag geen aankope vir my.

Een van die manne in my kantoor vra vir my omdat dit swart Vrydag dag is kan hy dan maar 22% afslag kry op sy tyd op kantoor.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 23/11/2018 - 07:43

Ek moet nou so oor 'n uur deurskiet Klipdrif water aanleg toe vir Magalies water - dit is ook al amper 8 maande wat ek lank spook om hierdie vergadering te kry - kom ons hoop dit val nie op dowe ore nie en dat 'n deur vir vooruitgang oopgemaak word cool

0

Môre almal, heerlike Vrydag toegewens vir almal.

Voorie, ek het ook later vandag 'n afspraak maar met Olof Bergh.  Ek weet sommer die ontmoeting gaan goed afloop.  Wie weet, dalk ontmoet ons môre weerangel

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 23/11/2018 - 08:10

.....dit klink na 'n goeie roep😂

Een van die manne in my kantoor vra vir my omdat dit swart Vrydag dag is kan hy dan maar 22% afslag kry op sy tyd op kantoor.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/11/2018 - 11:00

Moeilik al die afsprake wat mense het vandag, ek het weer 'n afspraak met Captain Morgan, het al so half uur terug hier opgedaag.

Moet se dit gaan jolig op vergadering.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 23/11/2018 - 11:36

Goeie dag al die mense hier op onse forum. Jammer ek was so 'n bietjie stil met 'n rede. Ons het Dinsdag die 20ste baie goie nuus gekry, ons klein seun is gebore en amper so klein soos n muis. So ek en Nellie is baie opgewonde en sy kuier sommer klaar daar in Bloem. Ekke moet nog werk en kan eers volgende week gaan.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 23/11/2018 - 13:15

Baie Dankie julle. Ek en ouma Nannie ( soos die kleindogter haar noem) glo nie aan bederf nie, maar gooi baie liefde en aandag in daai emmertjie. Dit werk soos 'n bom vir ons en dan pas ons maar die ma en pa se disipliene toe waar nodig.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 23/11/2018 - 13:32

Ag my moedertjie, Lappies, daai is 'n opvreetbare gesiggie.  Baie geluk, geniet die mannetjie.yes

Arie, ek het so rondgehardloop vanoggend om allerhande dinge te doen.  Boonop moes ek tandarts toe gaan.  Ek gaan jou en Spek sommer vroegaand (of is dit laatmiddag?)  join in daai vergadering.  Sodat ek kan relax soos die Ingelsman sê.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus