Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Huur Help met kamp beddens en… Geert -6 minutes ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -2 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -8 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -10 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -10 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Brackenfell

HennieBo

Wed, 12/12/2018 - 05:56

Goeie môre almal. Geniet julle dag.

Vir die wat later vanmiddig al op die pad is na julle vakansie bestemmings, ry veilig en geniet dit.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/12/2018 - 05:57

Goeie môre!     Aan almal wat hier lees, die wat nie hier lees nie, die wat nie hier kan lees nie en ook die nie hier wil lees nie maar nogsteeds doen, en die wat nog hier gaan kom lees -  mag julle 'n awesome en geseënde Woensdag hé!   Mag jou paaie gelyk word en al jou vrae beantwoord word! yessmiley

Ek gaan later Midrand toe, kantoor toe ry vir my laaste kantoor dag van 2018!  

Volgens die kinders se telraampie is dit nog net 4 slapies en dan trek ons oor die Magaliesberge Brits se kant toe met my vier osse en wasmiley

Stoffel sterkte daar met jou dogter in die slaghuis vandag en Gesie mooi en veilig ry en lekker werk!  Goeie môre Shaun.

Lekker dag vir almal! cool

0

Môre almal. Sterkte daai kant oom stof. Geniet die laaste dag by die werk Voorie. Môre ook Casper en die res wat reeds kom groet het.

Julle wat bietjie later inloer, wees gegroet

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 12/12/2018 - 06:14

Goeie dag almal, julle gaan 'n lekker dag geniet.👍 

Willem en Gees, en almal wat die op die paaie gaan, ry veilig, geen haas nie, net skilpaaie.

Stoffel, sterkte vir jou kind.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/12/2018 - 06:33

Nou is ek sleg,

 Môre Harry -  ek het nog 'n klein bietjie "goedheid" in my - maar glo nie dit gaan veel langer hou nie -  dit voel nou soos vasbyt en min dae smiley

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 12/12/2018 - 07:39

Sterkte daar Stoffel almal wat ry bestuur mooi soos Willem se daar is nie haas nie ry op jou tydfrown

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 12/12/2018 - 08:05

Hoop almal het net die lekkerste van lekker dag.    Mag alles wat lelik is, mooi word en alles wat sleg is, goed word.   Sterkte met die dag en alles wat dit inhou vir elkeen.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/12/2018 - 09:56

Dagse van n wat lyk of dit gaan warm raak vandag. 

Harry, jy praat van pomp wat verkeerd lees. Hier gebruik ek die metaal Jerry kanne om diesel plaas toe te bring, en dit vat presies 20 liter, nie 20,1 nie, 20. So maak die man by die kooperasie my kanne vol, en daar lees die pomp 41 liter vir 2 kanne. Vertel hom dit is nie moontlik nie en hy vertel van die omie wat ook die oggend gekla het dat sy tenk nie so groot is as wat ingegooi is nie.

Stap toe na die bestuurder toe en verduidelik vir hom. Hy vertel dat pompe " ge-yk" of so iets wat seker beteken " akuraat ingestel" en dan geseel word deur so en so. Koopersie self lees daagliks die tenke met die dipstok, en die word dan vergelyk met die pomp self se lesings, en hulle het nog nie iets opgetel nie. Hy het voorgeneem om die pomp weer te te laat toets. Wat dit eintlik se is dat die pompeienaar kan nie skelm wees nie.

0
Middelburg

Noel

Wed, 12/12/2018 - 09:59

Goeie more kampmaters. Mooi sonnige dag vandag. Die wat ry op die paaie na kamp bestemming toe of wat ookal voorspoedige en veilige reis. 11 mense is gister dood verongeluk op Bethal Middelburg pad. Ek is self nou oppad na Dullstroom toe vir werk.

Lekker dag! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus