Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Operasie verby, galstene uit…
Operasie verby, galstene uit en sy is tuis. Nou net die herstel proses. Operasie was suksesvol. Het baie seer gehad naar gaan nou al beter. Dankie vir almal se belangstelling.
Stoffel ek is bly alles het…
Stoffel ek is bly alles het goed afgeloop
Dankbaar dat dit goed af…
Dankbaar dat dit goed af geloop het Stoffel, nou net vorentoe.
Goeie more. My vriend het…
Goeie more.
My vriend het verlede nag weer kom kuier. "Hello darkness my old friend." Klink vir my daar is weer kabels gesteel.
n Lekker dag vir elkeen
Goeie more Stoffel, en almal…
Goeie more Stoffel, en almal op kampforum.co.za, geniet julle dag ten volle.
Goeie Môre! Môre is dit…
Goeie Môre! Môre is dit Vrydag! My laaste "werksdag" vir die jaar ![]()
Julle moet almal 'n awesome dag hé! Die wat kamp, geniet dit! Die wat nie kamp nie, mag julle ook geluk vind ![]()
Groete!
More, almal Vandag werk ek…
More, almal
Vandag werk ek halfdag, weet nognie watter helfte nie.
Auditeur wil my glo sien vandag, sal dan seker eerste helfde moet wees. Hoop nie daar is moeilikheid nie.
Gelukkig is my bestuurder vandag terug na hulle boot reis.
Geniet hom en wees veilig.
Goeiemore
Dit is 'n mooi dag in die Baai. Gister het die wind heeldag gewaai, hoop hy bly weg vandag.
Ons gaan vandag na my broer hulle toe. Tien van ons, 2 broers en 3 susters, met ons mans en vrouens. My broer maak pot.
Ek hoop almal het 'n goeie dag en geniet hom.
Hallo Antie! Geniet die…
Hallo Antie! Geniet die Pot en die familie! ![]()
Harry jy moet lekker werk ![]()
Goeie more, mag julle almal …
Goeie more, mag julle almal 'n wonderlike dag beleef.
Goeie more almal
Freda hier by ons genadiglik ook 'n mooi dag. Maar dit lyk my ons moenie te gou bly word nie. Vir more word weer erge winde voorspel. Arme vakansiegangers!
Hoop julle beleef 'n heerlike dag. Harry, se vir die ouditeur jy't griep jy kan hom nie sien nie.
Vir more word weer erge…
Vir more word weer erge winde voorspel. Arme vakansiegangers!
Ek het in Somerset Wes groot geword en daar begin die wind ook altyd so lekker waai gedurende Desember en Januarie. Ons het altyd gesê die wind waai al die Transvaalse vakansiegangers terug huis toe - Dan in Feb bedaar die wind weer sodat die plaaslikes die beste in vrede kan geniet ![]()
Red and Blue Gesie!
Gees, ek het laasnag van 'n…
Gees, ek het laasnag van 'n spook gedroom! Regtig, ek jok nie. 'n Gedaante van 'n man wat in die huis rondloop en in die kaste inkyk, asof hy iets soek. Dit was nie my huis nie, die gees wat so wandel was heel vreedsaam en ek was nie bang vir hom in die droom nie. Moet wees, anders sou ek wakker geword het. Kan jy dalk die droom verklaar?
Dalk het hy is gesoek om te…
Dalk het hy iets gesoek om te drink? Soos bier? ![]()
Antie, was nie 'n droom nie,…
Antie, was nie 'n droom nie, was onse eie mak spokie wat op jou spy, wil seker kyk of jy die "pole dancing" ding nog doen.
Die wat hy so in die kaste loer, soek jou dans kleertjies.





Goeie Môre Noel - veilig ry…
Goeie Môre Noel - veilig ry!
Neef en Harry, ek wel al gehoor dat dit moontlik is dat brandstof met lug kan meng en dan lees die pomp 'n hoër volume as wat die ware brandstof inhoud is