Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
More almal. Ek gaan van die…
More almal. Ek gaan van die lug af wees vir n paar dae.
Froggy is mooi blik skoon. Wiele gepomp, wiele se "nuts gecheck" water tanks vol heerlike Gauteng water. Sleepwa is vol drank en hout gepak. My stanless steel flessie met "80" Stroh Rum is op sy veilige plekkie, vir daai spesiale geleentheid, wanneer ek ek n "wond" wil ontsmet ![]()
Op pad na Vrede dam, om myself te vind.
Dan terug om so 2 dae te werk, dan is ek weer af tot invoice dag. Begin dan weer die 7 de weer werk en tree dan af, as ek kan.
Dit is my hartseer verhaal.
Geniet en wees veilig
Harry ou mater
Harry geniet jou self vind lekke kamp en ja die aftrede is vir ons almal maar daarna begin jou reis in die nuwe geniet ![]()
Harry, jy moet dit voluit…
Harry, jy moet dit voluit geniet my mater.
En ek het v roeer vergeet om on s eie mak spook te groet;
Gees, spesiaal vir jou - Geel, ek sien jy groet altyd in Ingels "Yellow" maar ek praat [skry] net Afrikaans! Nouwel nie my moeder taal nie maar darem my aangenome taal.
Goeie môre
Goeie moôre aan ieder en elk.
Sarel, baie geluk met die 44ste troudagherdenking.
Harlandt, spesiale groete en sterkte aan jou met die aftree voornemens - en dra ons groete ook oor aan Eric - ek neem aan hulle kamp saam.
Verder aan ALMAL wat weggaan, veilig ry - en aan die tuisblyers - soms is dit ook lekker - maak die beste daarvan.
Baie geluk Sarel, mag jy en…
Baie geluk Sarel, mag jy en jou vrou nog baie saam geniet.👍
Harry, veilig ry en geniet die rus.
Amper the last post...
Morning all.
Well we have arrived at the end of another year and the factory is on the brink of shutting for the annual leave... I call it the "monthlies"....
So to everybody out there, I won't be active on the forum for a month or so.
My you all have a blessed time, and for those that interacted with me, I say many, many thanks, it's been fun and am looking foreward to much Grumbling in the new year
Kind regards and best wishes until I return
Warren
My you all have a blessed…
My you all have a blessed time,
Dankie oom Doen dit Nou. Jy moet lekker dam duik en alles. Groete aan Scruffy! ![]()
So, hier is sommer heelwat…
So, hier is sommer heelwat wat reeds kamp of nou gaan kamp. Julle moet dit almal baie geniet. Die belangrikste is, reis veilig. Ons sal diegene wat nie kan (of wil) kontak maak nie, mis. Warren, you must also enjoy a blessed Christmas.
Sarel, geluk met die huweliksherdenking. Mag daar nog baie sulkes wees.
My skoondogter in NZ se broer is vanoggend oorlede. Hy was net 41 en is 6 weke terug met brein-en longkanker diagnoseer. Sy agteruitgang was baie vinnig en die afgelope twee weke reeds duidelik hy kan dit nie maak nie. Ek voel jammer vir my skoondogter wat so vêr is. Ek het hom natuurlik geken maar ons het nie veel met mekaar te doen gehad nie. Net tragies op sy ouderdom.
Baie geluk oom Sarel. Holy…
Baie geluk oom Sarel.
Holy smokes maar dit is besig hier op die forum, wetie waar om te lees en waar om te los nie.
Baie dankie
Met die gelukwensinge van ons huweliksherdenking. Julle ander ou getroudes, hoeveel sakke sout is 44 jaar? Ek het nie getel nie
Moeilik om uit te wserk -…
Moeilik om uit te wserk - die sakke word minder per jaar hoe langer mens getroud is.
Petra en ek het die eerste 3 maande van ons huwelik seker so 10 sakke opge - eet, nou is dit af na so een elke jaar?
Ek en Lolla gooi maar…
Ek en Lolla gooi maar bietjie sout in die kos so gebruik dalk so 100g per maand? Teveel sout is nie gesond vir mens nie.
Ek en my vrou faait nie meer…
Ek en my vrou faait nie meer nie, ek bly stil, en sy bla bla blaf aan een.😂
Nee, ernstig, ons sal DV 30 Junie 2019, 40 jaar getroud wees, sy kry dan 'n goue medalje vir uithou vermoë.
Petra en ek stoot nou aan 49…
Petra en ek stoot nou aan 49, ek glo ek verdien sekerlik al 'n platinum medalje?
Sit nie in enige ou se broek om so vas te byt nie!
Goeie naand almal. Johann,…
Goeie naand almal.
Johann, ek sien julle is n maand na ons getroud. Ons is 30 Mei 2019 40 jaar getroud.
Reen nou lekker hier by ons. Heerlik. Die weer is baie swaar. Ons is nou baie geseënd
Neef en sy Vonnie was 3…
Neef en sy Vonnie was 3 November 40 jaar getroud. Maar ons ken mekaar effe langer as 40 jaar........
Goeie more op n lekker nat…
Goeie more op n lekker nat Saterdagoggend.
Mag elkeen n lekker dag geniet
Goeie more Kampforum.co.za,…
Goeie more Kampforum.co.za, geniet dierdie heerlike amper koel dag ten volle, hier ook lekker gereen gisteraand met swaar donderweer. Ek het maar die modem uit geprop.
More Stoffel, lyk my ons is 'n paar wat min of meer die selfde tyd getroud is.
Herman dit is sommer nou die dag, baie geluk.👍





Wonderlike goeie more aan…
Wonderlike goeie more aan ieder en elk.
Aan die Marai's 'n spesiale woordjie van geluk, magg daar nog baie sulke herdenkings vir jul voorle.