Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Goeiemôre! Harry julle moet…
Goeiemôre! Harry julle moet hom geniet daar langs die dam en se maar hello vir Oupa.
Vandag moet ons seker begin pak en en en. Nou sit ek nog met 'n verkoue ook - eish!
Julle moet almal 'n lekker Saterdag hé! ![]()
![]()
Goeie more Johann en Harry. …
Goeie more Johann en Harry.
Harry, veilig ry en geniet.
Het gou gaan kyk na die reenneter. Soos in die imperiaal gemeet get ons 1" reen gehad. Dit is o geveer 25mm. Allles is lekker nat.
Neef Herman
Ek sien jy noem jou vrou Yvonne ook Vonnie.
Ek het die selfde troetel naam vir my Yvonne
Tot haar motor registrasie is "Vonnie" en haar besigheid is ook "Vons"
More almal
Ek is darem bly om te sien julle manne kan almal julle huweliksherdenkings onthou! En nogal heel nostalgies daaroor, troetelname daarby. Julle kry 10 uit 10 vanoggend.
Dit is 'n lekker dag in die Baai maar wens ons kan ook reën kry. Ek sien op die nuus se weer gisteraand die hele boonste deel van SA kan reën kry, net die onderste strook by die kus wys niks.![]()
Harry, julle moet mooi ry. Anton, nurse daai verkoue.
Almal, geniet julle naweek.
Geel, al vat dit hoelank, ek…
Geel, al vat dit hoelank, ek sal ou Gees nog mooi Afrikaans leer.
More almal.
Geniet die dag.
Harry, geniet die trippie en die vakansie. My oupa Sarel (nou al lankal saliger) het vir donkiejare net so 'n paar kilo's buite Vrede geboer. Inteendeel, ek het 'n klomp familie daar gehad. Later het my pa ook vir 'n klompie jare daar op die Memel pad uit 'n plaas gehad.
Anton, hoop jy voel gou beter en geniet die pakkery
40mm reën gehad laas nag -…
40mm reën gehad laas nag - dit was lekker ![]()
Goeiemôre Gees, Antie, Arie en Sarel!
Goeie more almal. Die…
Goeie more almal. Die Pretorainers maak my lekker jaloers vir jul lekker reen. Bly vir julle. Die wat op die pad sal wees en nog op die pad is voorspoedige reis en geniet jul vakansie. Geniet jul pakkery en kamp opslanery.
Heerlike dag vir almal !!
GM
Goeie môre Suid-Afrika !
Sarel, die wêreld is maar klein. In die 70's was ek die rekenmeester van Volkskas op Memel en kom nog gereeld daar. Gaan juis weer in Januarie na 'n troue van jare-lange vriende se kinders se kinders op die plaas Boshoek, 12km van die Vrede-Memel teerpad oppad Verkykerskop toe. Wonderlike wêreld met wonderlike mense daardie.
Kry nounet n Ford Ranger met…
Kry nounet n Ford Ranger met n karavaan op die snelweg vanaf jhb. Dit lyk my die man is haastig. My voertuig gestel op 110 km/u en hy wil my kort kort verby. Hy het n MP registrasie op sy voertuig. Glo dat hy veilig sal ry
Stoffel, dit is 'n groot…
Stoffel, dit is 'n groot probleem met al die Fords, mens moet eintlik heeltyd met die handrem op ry, daai goed is mos haastig.
Groot wa agter 'n Ford doen ook nie veel om die ding se spoed te breek nie. Dit is die grootste klagte van Ford eienaars, as hulle op 'n effense bultjie agter 'n Toy te lande kom, daai goed syukkel mos in low gear teen die geringste opdrandetjie op, dan sit die Ford nog in derde rat met 'n groot Exclusive op sy hak.
Arie klink vir my maar na 'n…
Arie klink vir my maar na 'n baie onveilige voertuig?
Inelkgeval, dit is vrek warm hier by ons - ek dink vannaand val daar seker weer 40mm ![]()
Voorie, die bosveld is mos…
Voorie, die bosveld is mos maar 'n warm plek?
Stuur groete vir Pieter.





More More Daar vat hy nou. …
More More
Daar vat hy nou.
Ons is oppad.
Eerste stop Wimpy vir ontbyt. Gelukkig is ons trippie nie baie vêr nie.
Julle moet almal n wonderlike tyd hê. Geniet dit wat julle doen en wees veilig.
Groete Harry.