Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -8 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 29/12/2018 - 07:19

Dit het ook lekker gereen deur die nag, maar ongelukkig is my reen meter nie meer met ons nie.

Die hael het hom so paar weke goed in stukke geslaan. Ek het geskimp vir n nuwe een vir Kersfees, maar dit het nou ook nie gebeur nie.

Julle moet julle dag geniet en wees veilig

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 29/12/2018 - 07:33

Goeie more al julle goeie mense, dankie Stoffel, ek skink sommer nog 'n koppie op gister se lekker reen. Ek het vanoggend 36mm gemeet, en dit lyk of ons nog die hele week gaan reen kry👍

Vaalpark staan nou op 250mm vir die seisoen.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 30/12/2018 - 05:52

GoeiemĂ´re!  So tree ons laaste dag aan hier by Dube en moet ons mĂ´re huis se kant toe staan vir die oujaar smiley​​​​​​

Lekker dag vir almal! 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 30/12/2018 - 06:06

More almal julle moet n gatskop dag he skink daai koffie of tee en geniet vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 30/12/2018 - 06:11

Toe ek nou hier inskakel, was dit sowaar net Dusty en Voories se twee insette wat ek nog moes lees.   Niks anders nie.   Ek glo nie die forum was al ooit so stil as hierdie jaar oor die feestyd nie.  Dit lyk my almal rus behoorlik of kuier behoorlik.  Of kamp te lekker....

Voortrekker, geniet julle laaste dag by Dube.   Die tyd gaan ook maar vinnig om, nĂ©?   

Ek wens almal 'n goeie dag vol liefde en vrede!

 

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Sun, 30/12/2018 - 07:51

Almal. Dankie Stoffel. Ek skink in. Lekker nat hier in Johies va oggend. Veilig ry almal wat die pad vandag en more terrugvat huistoe.

0
Middelburg

Noel

Sun, 30/12/2018 - 07:57

Goeie more almal.  Dankie vir lekker koffie en koffie smaak lekker vanoggend.  Die meeste sal die komende week terugkeer huistoe en hoop van my harte dat hulle veilig by tuis aankom. Paaie sterfte is skokkend vanjaar. Goeie nuus vir hulle en vir ons  is daar weer n goeie petrol verlaging  die komende woensdag.

Heerlike dag vir almal !!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 30/12/2018 - 08:22

Die tyd raak min.

Ek het darem my kragbox se drade uitgesorteer. Het ook n "timer" op my tweede geyser op my boonste verdieping waar my kantoor is ingesit. Net ek gebruik hom regtig om te stort.

Kantoor het nie regtig warm water nodig nie. Nou moet ek net kyk of ek timer kan instel. Hierdie elektroniese goed is nie altyd so eenvoudig nie. Hoop ek kry sy instruksies. Moet ook dink aan watse tye hy moet aan en af wees wat die beste gaan wees.

Gister en vandag is lekker koel by ons.

Mense wat op die paaie is moet veilig ry. Kom eerder laat by die huis as nooit en dink vir die ander mense ook.

Moet sĂŞ ek voel baie verveeld by die huis.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Middelburg

Noel

Sun, 30/12/2018 - 08:50

More Harry en Sarel.

Harry,  ek het my huis se 2 geisers ook op timer gesit  met kontaktor en dit gestel 4:00 - 7:00 in die oggende en 14:30-16:30 in die middag. Indien jou stortgeiser groter as 150L is dan moet kontaktor bysit, Timer self kan nie meer 20Amps dra nie.  Daar is instruksies papier by jou timer en is maklik om te stel.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 30/12/2018 - 09:03

Goeie more Kampforum.co.za, geniet hierdie laaste Sondag van 2018.

Dankie tee was baie lekker vanoggend, lug is heerlik koel en bewolk, het sommer toe maar 'n koffie ook af gegooi

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 30/12/2018 - 13:26

Hi Noel

Baie dankie vir die inligting en raad.

Die geyser waarvan ek praat is n 100L en 2000 Watt element op n 20 A breaker. Die timer wat ek in gesit het, is gemaak vir Geysers max 3500W. Verkoopsman het vir my gesĂŞ hy is gemaak vir geysers, ander wat hulle het is te glo te lig.

My hoof geyser is 150L en het n 3000W element. Ek het nie n timer op hom nie. Die munisipaliteit sit al die huise se geysers af  (via remote) soos hulle ekstra krag benodig. Daar is soms tye wat ons glad nie warm water het as gevolg van hulle tye. Vir my gaan n timer nie op hom werk nie, want ons weet nooit wanneer hulle gaan aan en af sit.

 

 

0
Middelburg

Noel

Sun, 30/12/2018 - 15:04

Harry, my huis se geisers word nie deur minusipaliteit beheer nie soos by jou nie. Ek gebruik gewone Heinneman Samite timer wat gebruik word vir sekuriteit ligte, swembad pompe ens. So jou 100L geiser trek 9 Amp. Ek bespaar baie krag deur 2 geisers laat werk 5ure per dag deur hele jaar. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 30/12/2018 - 16:00

Noel net my hoof geyser word beheer deur munisipaliteit.

Toe hulle, hulle toestel kom insit het (afgedwing), het ek "vergeet" om vir hulle te sĂŞ van boonste geyser. So gelukkig het ons darem altyd warm water, as jy trappe sal klim. smiley Yvonne met haar heup vervanging wil nie graag nie.

Sal maar eendag n pyp aan lĂŞ na onder.

Ons sukkel ook met water druk, aangesien ons munisipaliteit bankrot is en nie Eskom of RWR genoeg geld gee nie. Het nou al n Jo-Jo tenk met drukpomp aangeskaf, moet dit nog instaleer.

Rede vir timer is om bietjie krag te probeer spaar. In die somer maande betaal ons amper R 5000 net vir krag en in die winter is dit amper R 8000 vir krag alleen.

Moet erken kantoor gebruik seker amper 50% van ons krag. Ons krag gaan baie af, om die rede dat ek die 22KVa generater gekoop het, anders verloor die kantoor teveel geld. Ons was vir 3 dae af en die diesel het meer as R 2000 gekos vir die 3 dae. So Eskom krag is nogsteeds goedkoopste.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sun, 30/12/2018 - 17:45

Goeie middag aan almal - skuus ek bietjie laat!!

Harry en Noel, wat geisers aanbetref - ons het 2ooliter wat ek so 16 jaar terug BUITE huis laartinstalleer het, na vorige toestelle met lekkasies en  gebarste pype te gereeld skade veroorsaak het, versekering het betaal - maar die ongerief. Daardie toestel is nou vervang in Augustus, (gebars) en ek tevrede met die diens wat hy gegee het. 

Ek wil ook net hierby inval en noem dat ons ook so 12 of 13 jaar terug 'n tydskakelaar laat installeer het deur gesertifiseerde elektriesiën, en hy het destyds die munisipale toestel gediskonnekteer, met die verduideliking dat hulle ooreenkoms het met munisipaliteit dat hulle verantwoording neem vir die handeling (en so ook op sy kwitansie en kwotasie aangedui) en so ook aan my verduidelik dat as daar eendag probleme is, wys ek net die kwotasie en sy aantekening.

Die skakelaar was so 2 jaar terug weer vervang - ou een het gedooi! Omdat ons net twee bejaardes!!!, is, het ek die tydskakelaar gestel op aanskakel 3vm tot 5vm - slegs 2 ure per dag. Voor die tydskakelaars het ek by DB bord afgeskakel en aangeskakel met die hand vir omtrent 5 jaar, en ook net 2 ure saans krag getrek - met duidelike vermindering in krag met die afskakel. MAAR, ek het self 'n kombers gemaak vir die geiser waar hy buite hang, en daar kom die GROOT spaar in!! Die geiser is op  ongeveer 50° gestel, en werk uitstekend.

Ek moet ook net noem dat ek ELKE dag krag en water lees vir die afgelope 20 jaar, EN dit word elke dag aangeteken!! Ek het dit begin doen toe ek water "vermis" het (ons het boorgat) en gebruik NIE munisipale water in die tuin nie - uiteindelik die skuldige gevang water "kom leen " het - storie vir ander dag.

Ek kan derhalwe weet wat daaglikse kragverbruik behoort te wees vir winter en somer, en wil ook noem dat ek vir afgelope 40 jaar my eie lesings deurgee vir "mislikepaliteit" en hul trawante. VroeĂ«r het hulle elke 3 maande kom verifeer, maar met die "kontrakteurs" wat nou lees, stuur ek elke maand fotos in van meterlesings. En ek het NIE enige rekening probleme NIE!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 30/12/2018 - 17:52

ESKOM krag is wel duur, maar ek stem, dit is die tweede goedkoopste krag tans beskikbaar, as mens net jou oë toe knyp en daai aanvanklike uitgawe vir solar kan betaal, spaar jy tog op die lange.

Ek sien die Vaalmall hier by ons het afdakke op gesit in die suidelike parkeer terein, bo op die, het hulle sonpanele geinstalleer. Dit is vir eie gebruik van die kompleks.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 30/12/2018 - 18:01

Frans, ek het ook 'n buite geiser bo op die dak, van 300 liter (hoĂ« druk solar gieser),  die ou geiser binne die dak, lĂŞ nog net so, ontkoppel en droog. 

Die solar geiser is wel 220v "back up" maar dit is bitter min nodig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus