Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kom ek traai nog Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 minutes ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 minutes ago
Ek dink Rona het my laat wen. Ek gaan verloor!!! Voortrekker -35 minutes ago
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 28/12/2018 - 06:33

Goeie môre kampforum, dankie ek sal koffie neem op die laaste Vrydag van die jaar.

Shaun, ons is dankbaar vir die reen daar, hier is dit nog net 'n belofte, maar dit gaan lekker reen die volgende paar dae👍

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 28/12/2018 - 06:48

Lyk / hoop dit gaan n koeler dag wees hier in die Vaal. Was die laaste paar dae vrek warm gewees. Daar het so,paar druppels geval, maar nie veel nie.

Die aircons in my huis het sterk gehardloop om hitte golf aftekoel. 

Van die drade in my DB box het gebrand wat krag voorsien in my "man cave". Seker a.g.v. Overload. Verstaan nie hoekom breaker nie getrip het nie. Het ander breaker en drade gaan koop (maar kon nie regte een kry nie omdat ek nog die ou soort het)  Moet dit vandag aanpak. As julle niks van my hoor nie, weet julle ek was nie suksesvol nie. enlightened

Ek het n lys by Yvonne en my suster gekry van goed wat reg gemaak moet word, so,ek moet een of ander tyd seker ook daarmee begin. Daar is mos nie rus vir n man as hy met vakansie is nie. smileyVervang ook deesdae baie van die ligte in die huis met LED buisligte.

Julle moet julle vrydag geniet en wees veilig.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 28/12/2018 - 07:04

Ons het toe darem gistermiddag so bietjie sagte reën gekry maar dit was eintlik net 'n troosprys.  Toe trek dit weg, na Sarel hulle se kant toe.  

Colin se (stief) kleindogter (12) was na die nasionale skaakkampioenskappe in Jhb en het daar begin siek voel, erge hoofpyne, naarheid.  Sy kon nie al haar wedstryde speel nie.  Haar ouers het haar laat terugvlieg en dokter toe geneem.  Die diagnoseer toe migraine en skryf pille voor.  Dit word egter nie beter nie, die arme kind kry geweldige kopsere, verloor visie en raak deurmekaar.  Eergister neem hul haar na 'n kinderspesialis.  Hy vermoed toe "encephalitis".  Dit word veroorsaak deur 'n  (herpes) virus of kan oorgedra word deur 'n insekbyt.   Met breinvliesontsteking swel die membraan om die brein, met die siekte swel die brein self en kan breinskade veroorsaak en ook lei tot die dood as die brein te veel swel.  Sy is nou in die hospitaal en hul het gister heeldag toetse gedoen.   Ons hoop om vandag te hoor hoe ernstig dit is.  Mense het dit al gekry, dan gaan dit vanself weg maar kan ook maande neem om te herstel.  Haar naam is Mieke.

Nouja, geniet jul laaste naweek van die jaar.  Watter groot planne het julle om die oujaar af te sluit?

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 28/12/2018 - 07:21

Jammer om te hoor  van Mieke se ongesteldheid, Freda. Dis 'n nare siekte. Jare gelede het Suzette dit gehad en dit het haar vir lank in die hospitaal laat lê.

Ek is bevreesjy is verkeerd oor die reën. Nie 'n druppel hier by ons nie

Ek wens vir al die forumlede en hulle geliefdes 'n wonderlike dag toe

 

0
Middelburg

Noel

Fri, 28/12/2018 - 07:32

Goeie more almal. Freda, baie sterkte met jou kleinkind en is baie jammer dat dit gebeur het in haar kampioenskappe.

Harry, jou DB bord het seker ou Heinneman stroombreakers. Kry Samite clips om Samite Heinneman stroombreakers te pas.

Shaun bly jul het lekker reen gekry en dit reen nie by my nie. 

Chris , bly jy het nie verdwyn nie. Forum lede mis jou insette yes

Heerlike dag vir almal !! 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 28/12/2018 - 09:31

Dagse maters.

Freda, dan was sy en Mia mos saam daar ! Mia het ook siek geword op dag 3 en moes ophou, dieselfde simptome gehad. Ek glo sy is nou ok, niks verder gehoor nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 28/12/2018 - 12:29

Herman, ek onthou nou dat Mia ook soontoe was.   Ek hoop sy is OK, jy moet darem hoor daar.  Mieke se toetse het toe gewys dit is encephalitis en hulle het haar gisteraand op 'n drip gesit met ander medikasie.  Vanoggend het sy beter gevoel maar haar kop word nog seer.   Sy het darem vanoggend kon eet ook.   Die dokter sien haar vanaand weer dan sal hulle verder besluit maar dit lyk of die nuwe medikasie gelukkig werk.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 28/12/2018 - 17:22

Hi Julle.

Ons het gister by 43°C gedraai, die storms is regrondom ons met net so 10 druppels, maar die krag het daaronder gely en is nog die heel dag af.  het maar Tzaneen toe gekom om ons huis data te gebruik, hoop die krag is weer aan as ons terug gaan.

angry

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 29/12/2018 - 04:48

Goeie more.

Gaan nou die koffie aan did gang kry.

Het lekker gereen so deur die nag. Sal nou nou gaan kyk na die meter.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 29/12/2018 - 06:21

Goeiemôre almal!   Hier het dit heelnag gereën surprise   Sommer baie water het geval.  Ek hoop net dit hou op voor Sondagaand, want ek wil nie sukkel met 'n nat tent oppak Maandagoggend nie!

Lekker dag vir almal! 

Koffke? 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 29/12/2018 - 06:39

Laat loop met die koffie hier by my loop hy soos stroop petrol dorp laaste 24 uur 25 mm reen gekry so dankbaar ja did rof by badplaas julle wat kamp gaan groot vrede

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus