Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Tuine

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine.    Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.

Ons tuin is redelik klein,  tipies van 'n meenthuis.   Omdat ons nie mag tuin natmaak nie,  doen ons nie tans veel daarin nie.   Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies.   Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.

Foto 1

.
Die hoof ingang

Foto 2

.
'n Stukkie van ons eie tuintjie

Dele van die algemene tuine:

.

.

.

Ek hoop om 'n paar tuine te sien.   Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/10/2022 - 12:55

Jy kan jou maar verlustig in jou vygies. Ek sien die vygies blom pragtig hier in ons buurt se tuine. Ongelukkig nie in myne nie want ek het nie vygies in die tuin nie. Maar jy laat my dink dat ek 'n slag weer besoek moet gaan aflê by die Karoo Botaniese Tuin (waar ek baie jare gelede laas was).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus