Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Tuine

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine.    Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.

Ons tuin is redelik klein,  tipies van 'n meenthuis.   Omdat ons nie mag tuin natmaak nie,  doen ons nie tans veel daarin nie.   Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies.   Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.

Foto 1

.
Die hoof ingang

Foto 2

.
'n Stukkie van ons eie tuintjie

Dele van die algemene tuine:

.

.

.

Ek hoop om 'n paar tuine te sien.   Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 09/12/2018 - 16:39

Ons tuintjie

so 6 x 6 meter groot en die kabouters speel hom gaar - na die Lente is daar niks meer gras oor nie.  Ek dink daai speelplek van hulle moet binnerkort verander word en 'n 2de verdieping kry met huisie bo en 'n leer wat opgaan.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 09/12/2018 - 16:52

Ai tog, Voories, sorg net dat die kabouters nie daar kan afval nie!   Ek is mos vreeslik op my senuwees as kinders klim en klouter.  Weier om na hulle om te sien terwyl hulle dit doen, ek is te bang hulle kry seer.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 09/12/2018 - 17:20

Ek is nou nie juis n kranige tuinier nie. Hier is n foto van Alta se agterplaas tuintjie.

TuinDit wil nou glad nie regdraai nie.

En hier is n foto van Anneke my dogter se tuintjie by die woonstel deur.

Tuin 2

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 09/12/2018 - 17:28

Baie netjies Hennie, my gras is so te sê dood. Hierdie hitte die afgelope maand en 'n half was bitter erg. Ons kry darem nou al twee dae in 'n ry verligting,  van die hitte ook darem.

 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 08:02

Tuin moet nog bykom na die vorige huurders dit verwaarloos het. sad

voor
Die voortuin gistermiddag na die reën
agter
Die agtertuin 
Bedding
Mal oor vet plante.
0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 11/12/2018 - 08:07

As daai gras net eers toegegroei is, gaan dit sommer baie mooi lyk, Gerhard.   Die uitleg is reeds daar.   Die baie baksteenmure soek 'n mooi grasperk.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 08:12

Antie daar is al baie meer gras na bietjie meer as 'n maand en blomme het ons ook self aangevul want daar was nie veel nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/12/2018 - 08:34

Op tv gesien in die program, Life below zero, die man wat sy chillies onderstebo in n pot plant. Weet nie hoekom nie, maar toe plant neef n Jalapenjo onderstebo in n verfblik. Chillies begin nou lyf kry en blom nog aanmekaar. Neef help maar met die bestuiwing, vryf so liggies met n kwassie in die blommetjie.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 13/12/2018 - 08:41

Ek verstaan nie mooi wat jy bedoel met onderstebo plant nie, Herman.  Hang die pot onderstebo?   Die plant se wortels moet tog in die grond wees?

Jy beter hoop Arie lees nie daai laaste sin van jou nie, Herman!  Gevaarlik... laughwink

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 13/12/2018 - 08:58

Warren, are you with Pioneer…

Warren, are you with Pioneer plastics, if so, I then "over paid" for my Pioneer 60L water caddywink

No... PC Plastics.... Look under the pots / bowls ETC... Pioneer manufacture with a completely different process it's called rotor moulding. We do Injection moulding, and yes Pioneer arn't cheap by any stretch of the imagination.... Good products, but not cheap.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 13/12/2018 - 09:14

Antie, juis toe ek lees van die kwassie wat so liggies streel, nogal idees in my kop [hoof] gesit..............................................

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus