Laat ek nou sommer reguit sê, die ouderdom moet besig wees om my te vang, al stry ek daaroor. Ek het 'n tyd terug gesien my motorlisensie verval op die 31ste Maart. Hout gerus is ek nou, dis eers volgende jaar.
Intussen het 'n klip die windskerm gevang, verlede jaar al en stadig maar seker kruip hierdie kraak op na bo. Die begin van die jaar wou ek dit al laat vervang, maar kom nie sovêr nie. Uiteindelik verlede week reël ek met die assuransie. Baie bly toe ek hoor Santam stuur Auto Boys Saterdagoggend om my windskerm sommer hier by my huis te kom vervang. Geen moeite nie, pleks ek dit die begin van die jaar al gedoen het. Saterdagoggend trek ek die Yaris uit die garage, in gereedheid vir die gawe Boys wat op pad is. Besluit ek haal maar die lisensieskyf af vir veilige bewaring.
Daar sien ek dit: 31 Maart 2018. Ek kyk weer en weer maar daai 2018 wil nie 2019 word nie. Nou is ek skoon bang om vir Colin te sê want ek weet!!! Erger nog, ek sien visioene van 'n klagte wat teen my gelê gaan word en ek moet in die hof verskyn. Ek wonder of hulle my ouderdom in ag sal neem, ter versagting. Dit sal darem seker nie tronkstraf wees nie!?
Nou mag die Yaris gladnie mee gery word nie, dis te gevaarlik, never mind dat ek dit al 8 maande doen, salig onbewus van die gevaar. Vanoggend moet Colin my met sy motor neem om die dekselse lisensie te gaan hernu, en hy het my klaar gewaarsku, "you will have to pay a penalty".
OK, ek trek maar R1200, ek soek juis kontant vir my beursie ook. Gelukkig dat ek nog bietjie geld in my beursie gehad het....... Daai kleine stukkie papier kos my R1288,60. Ek skuld hulle vir 8 maande, plus R474 vir die nuwe jaar en die res is my straf omdat ek so stupid is.
Ai Antie! Daar gaan al jou…
Ai Antie! Daar gaan al jou spending money ![]()
![]()
Nee wat, die Ingelsman sal…
Nee wat, die Ingelsman sal nie 'n Kersgeskenk kry nie. Dis sy skuld, hy moes my lankal gesê het. Dis mos waarvoor 'n man daar is? Nou moet hy maar suffer.
Antie -- "dis mos waarvoor …
Antie -- "dis mos waarvoor 'n man daar is" is nie wat Meraai dink nie!
Nee ek sien al hoe "leen" die Tannie vir die Ingelsman so paar R
Skerp.....
Skerp Arie ! (net dié wat al die drade op die forum lees sal verstaan !)
Freda, het hulle jou lisensie-vervaldatum aangeskuif ?
Len, en ook het Arie wat 'n…
Len, en ook net Arie wat 'n draad so kan "kaap"![]()
Die storie maak nie sin nie?…
Die storie maak nie sin nie? Ingelsman moet vir die tannie 'n paar rand leen? ![]()
Ai tog Anton, as die…
Ai tog Anton, as die Ingelsman nou vir die Tannie geld leen dan is hy amper broke, dan moet sy dalk een aand weer vir hom 'n R of drie leen?
Johann, nee man ek "kaap"…
Johann, nee man ek "kaap" nie, net so vinnige afdwaal!
Wil ok maar net die aandag van die Tannie se "stupidgeid" weg lei, het mos hoeka so sagte plekkie vir ons geliefde Tannie hier?
Lekker stout julle klomp…
Lekker stout julle klomp. Antie, presies dieselfde my oorgekom, maar gelukkig net n maand laat. Gedink om vir Von die skuld gee, sy is die minister van "filing", maar sy ry nie die trekkers nie, so miskien is sy onskuldig. Kan net indink hoe die prys die hoogte gaan inskiet sou ek ongegronde aantygings maak, nee wat, betaal liefs munisipaliteit n ietsie meer.
Ja, Len, my lisensie veral…
Ja, Len, my lisensie veral nou 30 November 2019. Alweer net voor Xmas!! Johann, sal jy dit asseblief aanteken op jou elektroniese dagboek? Ek weet ek kan jou vertrou om my te laat onthou.![]()
Arie, as ek nou Meraai was, sou ek my sommetjies mooi uitgewerk het. Kyk, ek moet betaal vir die 8 maande wat ek gratis rondgery het, dit is R316.00. Dan is ek bereid om te betaal vir die twaalf maande wat voorlê, nog R474.00. OK, ek sal die poskantoor se kommissie ook betaal, darem net R72.00. Nou die deel wat ek nie wil betaal nie, is dan R426.60. Daai is dan sy deel, C.O.D., voor enige aksie plaasvind. En ek leen hom niks, nie eers die 60c nie!
Herman, 'n trekker se…
Herman, 'n trekker se lisensie! Skaam jou om eers te wil dink dis Vonnie se skuld, wie ry miskien die trekker? Ek meen, OK, ek ry die Yaris maar dis mos anders.
Daar was 13 mense voor my in die tou. Die Ingelsman sit in die kar en wag. Ek dog, nee wag jy maar, jy wou mos! En elke ou sit omtrent 10 minute voor daai venstertjie. Omdraai sal ek nie, vandag loop ek hier uit met my nuwe lisensie of in boeie op pad selle toe.
my lisensie veral nou 30…
my lisensie veral nou 30 November 2019
Joune of die Yaris s'n? ![]()
Ek moet voor die einde van…
Ek moet voor die einde van die my voertuig en ook Alta sin gaan vernuwe. Altwee verval einde Des en die karavaan einde Jan. By ons onthou ek maar. Ek was ook maar gereeld ons twee voertuie
Jy hou jou lekker slim, né…
Jy hou jou lekker slim, né Voories? Die Yaris s'n natuurlik, myne gaan nie verval nie, ek klou aan hom vir lewe en dood!
Dusty, wil jy hê ek moet jou…
Dusty, wil jy hê ek moet jou help onthou? ![]()
Antie, baie dankie maar ek…
Antie, baie dankie maar ek kan dit darem onthou. Ek het eenkeer n fout begaan toe ek nog die IX35 gehad het. Het my vorige sleepwa aan my swaer verkwansel. Toe hy dit kon haal kon ek die lisensieskyf nêrens kry nie. Na n lang soektog kry ek dit toe op die IX35 se venster. Die twee is saam hernu en het toe die verkeerde een op gesit. Het so 6 maande net dit gery. Onderandere ook na scotties toe.
Ek het maar van my lisensies…
Ek het maar van my lisensies so met tyd laat verval vir 'n maand of 4 totdat ek almal op dieslefde tyd kan hernu - in Maart
My kar en sleep waentjie…
My kar en sleep waentjie verval 31 Desember, ek het dit Maandag oggend gaan hernu, die Corsa en die Penta sin verval 31 Augustus, ook voor 10de reeds hernu, die vrou se I10 verval 30 Junie, die is ook weke voor die tyd gedoen. Ai, ek is sommer trots op myself👏👏





Ai Freda, dit is nou somner …
Ai Freda, dit is nou somner 'n lelike gedoente.😂
Ek het 'n leër wat alle lisensie papiere in kom, en ook datums wat belangrik is soos vuur wapen, en bestuur lisensie datums ens. naar, ek hou ook op 'n elektroniese dagboek die goed se datums, DIE herinner my so dag voor die tyd dmv 'n e-pos. Ek het die verval datums vroeër gemaak hier, sodat alles betyds gedoen kan word.
Hulle stuur mos nie meer "reminders" uit nie, wel nue Vrystaat nie.
Jammer vir die onnodige onkostes nou