"Karmenaadjie. Dis ’n skotteltjie gasvryheid wat aangedra word na die nuwe bure. Of ’n vleisgeskenk, afgekerf van jou gesin se maaltyd en aangebied met ’n oop gemoed." liplekker.co.za
Gister so 'n lekker gestaan en geels met Nadia, saam met Bettie en Nick (lang kampers) oor die kampeer kultuur en toe duik die woord of" gewoonte" van' n karbenaadjie op.
Nou ek staan al vir 6 dae hierso en niemand het nog vir my 'n karbenaadjie gebring nie?
So verstaan ek ook dat die houer of bordjie of skotteltjie nooit leeg teruggeneem word nie.

Bogenoemde geneem van Reviewonline.co.za
Goeie môre, ek het maar so…
Goeie môre, ek het maar so deur die jaar se permanente kamp geleer dat as mens bietjie ekstra eetgoed gemaak het soos bv Pannekoek, muffins of skons ens gebruik ons net wat ons benodig en die ekstra word dan as karmanaadjie aan die bure geoffer. En dis waar die gesprek met mede lid Voortrekker begin het. Ongelukig vir hulle as gesin het ons 3 permanente kampers se etes vir die afgelope week baie volgens beplanning verloop met net die nodigste vir ons eie gebruik en die geleentheid om ñ karmanaadjie te deel was baie skaars. Mens moet maar ook in vandag se leeftyd spaarsaam werk met dit wat jy het want lewens kostes is maar oor die algemeen duur. Maar wie weet dalk is dit moontlik dat ons mekaar weer raak kamp en die geleentheid om ñ karmanaadjie te deel.
Veilig ry en geniet jul kamp by Dube! Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar.
Groete Nadia
More Nadia, baie hartlik…
More Nadia, baie hartlik welkom op Kampforum, jy moet gerus julle ervarings en kamp liefde metons nuuskurige agies deel.😂
Hi Nadie, baie welkom hier!!…
Hi Nadie, baie welkom hier!!!
Ja ons sou ook nou by Drie Berge gestaan het, maar wou tot einde Jan staan, ongelukig nie uitgewerk nie?
Ek weet Koos en Johanna is nog daar, Apie en eileen is seker einde Nov daar weg, wie van ons permanents is nog daar?
laastens, ons sal julle graag erens wil raak kamp.





Ja, dis presies wat 'n…
Ja, dis presies wat 'n karmenaadjie is. 'n Skotteltjie met 'n lekker stuk vleis daarin. Ek ken dit van my kinderdae, daardie woord. Ongelukkig, dink ek, dit en die mooi gewoonte het half uitgesterf.