Ek verstom my dikwels daaroor dat op 'n Afrikaanse TV kanaal soos KykNet, daar 'n Engelse advertensie gerig op 'n teikenmark wat nie op die Afrikaanse kykersmark gerig is nie, gebeeldsend word. 'n Goeie voorbeeld is die Engelse advertensie van AVBOB tydens KykNet se nuusuitsending waar 'n klompie mense om 'n tafel sit waar van die voordele van 'n AVBOB-begrafnispolis bespreek word, onder andere waar R200 se lugtyd beskikbaar gestel word ! Die konteks van die advertensie (behalwe dat dit in Engels is), is beslis nie gerig op die gemiddelde Afrikaanssprekende wat saans nuus kyk nie.
Behalwe dat die stigters van AVBOB, die Afrikaanse Verbond Begrafnis Onderneming Beperk, in 1918 in hul AVBOB-grafte sal omdraai, wonder ek hoekom word dit so gedoen ? Iemand in die Bemarkingsafdeling moes tog 'n besluit geneem het om die advertensie op hierdie kanaal te plaas.
Enige ander rede wat ek mis kyk ?
Len ....
is beslis nie gerig op die gemiddelde Afrikaanssprekende wat saans nuus kyk nie.
... ek vermoed jy is dalk oningelig? Let wel ek sê dat ek vermoed, en mag dalk verkeerd wees en jy 100% reg, maar .....Ek dink daar is juis 'n groot groep mense op wie daardie advertensie gerig is wat wel afrikaans sprekend is? Afrikaans word deur baie meer mense en groepe gepraat as wat ONS dink?
Ek oningelig ?
Ek mag dalk oningelig wees, maar jy mis my punt :-
- As die teikengroep Afrikaanssprekend is, hoekom dan 'n Engelse advertensie op 'n Afrikaanse kanaal beeldsend ?
- Die groot groep Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika wat opgewonde sal raak oor 'n begrafnispolis wat vir jou R200 lugtyd tydens 'n sterfgeval betaal, is beslis nie 'n groep wat DStv en KykNet programme deur middel van MultiChoice kan bekostig nie
Weet nie na watter…
Weet nie na watter advertensie verwys word nie, maar die simpel een van Haas Das en die trotse borge , AVBOB, Laat my regtig dink dat die einde in sig is en omhels moet word met dankbaarheid...., sjees.
Lennie, knap antwoord vir Voories gegee.....
Ek het nou weer gesit en…
Ek het nou weer gesit en dink oor die storie en vermoed nogsteeds dat Len en nou Neef ook veralgemeen met betrekking tot die advertensies en teiken groep.
Gelukkig kyk ons glad nie meer DSTV nie en het oorgekskakel na Netflix toe waar daar glad nie advertensies op is nie, maar ek moet sê die R200 airtime klink nogal na 'n bargain?
Ek het ook daaroor gewonder…
Ek het ook daaroor gewonder. Daar is ook ander Engelse advertensies op Kyknet, selfs op Via wat meer Afrikaans is as Kyknet. My opinie is dat Avbob (en andere) het die advertensie in Engels gemaak en wil nou nie die koste aangaan vir 'n Afrikaanse een ook nie. So, die Engelse advertensies word gewys op die Afrikaanse kanale. Ek glo die stigters van Avbob maak dalk 'n draai of twee in hul grafte.
Ek, as 'n......................
.................moontlike oningeligte, het nou ook weer oor die Engelse Avbob advertensie gaan nadink. Ek is geen bemarkings-fundie nie en het daarom my Marketing Management van Philip Kotler (met heelwat stof daarop) uit my boekrak gaan haal. (Ek is deeglik bewus daarvan dat my tagtiger-jare se Marketing Management-handboek baie moontlik bydra tot my twintigste eeu se oningeligtheid - dinge en denke wysig mos voortdurend !)
Ten spyte hiervan het ek nou tot die gevolgtrekking gekom die skedulering van die betrokke Avbob-advertensie was 'n administratiewe fout omdat Avbob ook ander advertensie-materiaal het waar 'n Afrikaanse aktrise in 'n mielieland staan en in Afrikaans hul produk prys (sonder natuurlik die R200 lugtyd skenking !).
Herman het 'n interessante opmerking gemaak oor die Haas-Das aanbieder se program wat deur Avbob geborg word, "Huppel-in die stap". Hier het Avbob dit reggekry om die regte teiken-groep te kies, ons ou klompie oues van dae wat al met die een voet in die graf staan ! Die vraag is natuurlik hoekom het Avbob nie eerder een van die Afr0-American programme op DStv geborg nie, miskien kuier van hul teikengroep ook daar !
Len ....
..... jy't absoluut 'n punt beet. Engelse advertensies op 'n eksklusiewe Afrikaanse kanaal, laat my ook wonder hoekom. En Antie se kommentaar oor dieselfde wat gebeur op VIA, is net so geldig.
Op heeltemal 'n ander punt - sommige advertensies, hetsy Afrikaans of Engels irriteer my soms sodanig dat ek meermale 'n besluit neem im nie die betrokke produk te ondersteun nie.
Oor sekere goed praat mens…
Oor sekere goed praat mens net nie. Byvoorbeeld Aftjop, die dood. Nee man, ek los julle n ruk alleen en dan word daarhand uitgeruk met sulke morbiede goed. Seriously !?
Oom Len...
...ek stem saam met oom. Ek het so 5 jaar terug 'n klagte in gedien by DSTV oor 'n ander taal advertensie op my afrikaanse kanaal, hulle het my gebel en Engels met my begin praat. ![]()
Dis soos oom sê, die R200 lugtyd is gemik op mense met min geld, so die mense wat daai sien is die verkeerde groep.
Ons is wel Avbob kliente maar kyk nie eers meer die advertensies nie.
gemik op mense met min geld …
gemik op mense met min geld
sê julle ek het min geld?





Jy slaan die
Len jy slaan die spyker op die kop die bemarkingsafdeling die besluit gemaak