Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -5 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago

Manyane Pilansberg

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Ek sleep môre so bietjie Manyane toe. Dit is my beurt om so bietjie leeg te lê en hopenlik diere te kyk.

Hopenlik onthou ek die keer die kameras en om paar fotos te neem. Ek het juis 'n poolnoodle opgesny om oor die venster te plaas sodat die kamera daarop kan rus. Mens kan nie die goedjies vashou. korrel en zoem, sonder om te bewe nie.

Groete

Wessel

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 18/09/2021 - 12:37

Help ek 'n ou uit wat laat aand inkom met sy ingevoerde Swift-Conquerer. Hy het toe nie 'n blouprop nie, en ek laat hom inprop op my verlengkoord. Lang storie kort, daar brand my prop vas aan die blouprop sodat ek dit moes breek om van mekaar te kry. Snaaks genoeg, die krag het NIE by die paaltjie uitgeskop nie.

Aangeheg nog 'n paar foto's.  Ons het tot 'n bruin hiena gekry wat bad in 'n sloep water. Die foto laat nie reg geskied nie, maar dit het 'n vreeslike groot kop.

Ek her weereens lekker gekamp in Manyane, en die skoon ablusieblok dra baie daartoe by. Die storte is lekker ruim, jou klere bly droog, en alles werk.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 18/09/2021 - 12:57

Middag vriende

Ontmoet ek die afgelope week 'n egpaar van Pretoria. Hulle kom daar aan met 'n Exclusive agter 'n ongeveer 2000 model Isuzu. Aan sy loop kan ek sien die omie is nie vandag se pensioenaris nie.

Ek vra hom toe, hoe oud is oom---sy antwoord, 84 jaar!!!!

Vra hom oor sy trokkie, seg hy dit het 330 000km op en nog NOOIT 'n koppelaar vervang nie. Slaan my om met 'n nat vis.

Nou wonder ek, hoeveel van ons sien kans om op 84 nog met 'n woonwa te kampeer?? 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/09/2021 - 13:51

Middag Wessel, dankie vir die fotos, ek het die eerste, en enigste tot nog, 'n bruin hiëna in Manyani gesien, ek was baie in my skik. Dit het my dag gemaak.

Hulp aan mede kamoers:

Ek ry altyd 'n spaar blou prop saam, ek het so kort stukkie cabtyre met 'n gewone 16 amp (female) prop aan die een punt en 'n 12 amp ( male blou) prop aan die ander punt.

Ouer mense wat kampeer:

Om op 84 nog te kan kampeer is 'm groot voorreg, dit wil gedoen word. Ons het op die forum ook een persoon van 80 wat nog kampyes

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 18/09/2021 - 17:21

Dankie vir die teruvoer en fotos, Wessel.  Ek is bly julle het dit geniet en is veilig tuis.

Ek het nog net in die Kgalagadi bruinhiënas gesien  -  beslis iets besonders al het hy/sy so 'n slordige hare-dos.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/09/2021 - 19:20

Jy noem dat die diere so skaars is, maar julle het mooi dinge gesien! Toe ons nog in Gauteng gebly het, was dit lekker om nou en dan vir ‘n wildrit in Pilanesberg te gaan op ‘n Sondag. So ‘n blik op hoe dit in daardie wêreld gelyk het voor mense dit kom opfoeter het. Ons het ook ‘n paar keer die staptoere in die wildernisgebied gedoen. Dit was regtig lekker. 
 

Nou is julle ingewy, en verwag ons klomp buite seisoen plesiere in die Kavango se terugvoer. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/09/2021 - 07:36

Môre vriende

Ek moet net eers iets reg stel, hoewel ons 4 van die groot 5 gesien het, en die besonderse servetkat, is daar min wild. 

Daar is letterlik min wild, hier en daar klein [<15] troppies Rooibokke, weinig koedoes, amper geen Springbokke, enkele troppie van ~15 buffels met moeite opgespoor. Groot dele veld is gebrand, reeds mooi grasgroen uitgeloop wat gewoonlik die grasvreters soos 'n magneet trek. Tog was daar amper niks wild te siene nie.

Ons het letterlik die hele park deurkruis, met weinig sukses. Die bewering is gemaak dat die omliggende woongebiede gedurende die Covid-inperkingtyd  van vleis voorsien is uit die park. sodanig so dat selfs die katte se getalle verminder moes word.      

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/03/2023 - 17:16

Ek kan nie telefonies deurkom na Manyane kamp nie. Hulle webblad toon ook "tydelik gesluit". Dieselfde met Bakgatla oord.

Ek het ook verneem dat die hekke gesluit is, en bome in die oord oor die paaie gesleep is. 

Blykbaar is die oorde oorgeneem deur 'n ander groep, nou wonder ek of daar arbeidonrus is. 

Ons is op die groep "Pilansberg sightings", en daarvolgens lyk dit of nie eers die toeriste-trokkies kan beweeg nie. 

Hoe onnosel kan mense wees, voor 'n langnaweek, skoolvakansie en Paasnaweek, blok ons inkomste. 

Dis hoekom ek sommer uitwyk Marakele toe. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 02/03/2023 - 17:23

Golden Leopard resorts waaronder Manyane en Bakgatla val het blykbaar vir maande nie hul personeel se salarisse betaal nie....dis hulle wat die paaie versper en ontoeganklik maak. Dis jammer....hoop nie dasi oorde gaan op die einde tot niet gaan nie. Hierdie drama is al meer as n maand aan die gang

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/03/2023 - 17:30

Dankie vir die info.

Ek twyfel of die probleem binnekort opgelos gaan word. Wat 'n don...se klomp onbevoegte bestuur. 

Ek is bevrees dat die juweel gaan vou. Ek het oor die laaste aantal besoeke/kampeer daar, die agteruitgang waargeneem. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/03/2023 - 08:53

Ons het laasjaar September by Manyane gekamp en dit het tie vir my voorgekom of hulle baie verbeter het. Personeel was oral vreeslik vriendelik en behulpsaam...diens en onderhoud was regtig opvallend beter vir my gewees. Die werkers het regtig hul sokkies opgetrek en dan kry ek hul nou vreeslik jammer....hulle het hul bes probeer om die gaste gelukkig te hou met goeie diens en harde werk, maar daar sit natuurlik in bestuur weer mense wat nie met geld kan werk nie, en die arme personeel wat al die werk gedoen het moet daar onder lei. Al wat laasjaar wel agteruit gegaan het, was die paaie binne reservaat....het die besoekers met gewone sedans maar jammer gekry

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/03/2023 - 13:38

Middag Geert

Ons was ook laasjaar September daar. Net so lekker gekampeer, en alles was skoon, heel en bruikbaar in ablusieblok. Die ene agter die hoofkompleks en swembadjie.

Die paaie was in erge toestand, soos jy sê. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/03/2023 - 14:08

Sover ek weet is Noord-Wes Natuurbewaring verantwoordelik vir die reservaat en Golden Leopard bedryf die oorde. Lg is privaat en ek aanvaar hulle werk op ‘n konsessie basis. Dit sal hartseer wees as hulle wanbestuur word en die park ook. Dan gaan die oulike reservaat ten gronde gaan. Ek sal seker nie weer daar uitkom om dit te beleef nie, maar ek voel jammer vir die personeel, die diere en besoekers. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/03/2023 - 14:30

Middag Chris S

Soos jy omskryf is moontlik steeds so. Ek het wel opgetel dat Golden Leopard verkoop het aan 'n ander groep.

Dan skep die webblaaie ook ie indruk dat Pilansberg reservaat [NW parkeraad] en oorde onder een groep val.

Dit sal baie jammer wees as die park en oorde ten gronde gaan. Dit was goed geleë en het die groot 5 daar, veral renosters.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/03/2023 - 16:50

As ek inlog op Golden Leopard Resorts, kan ek weer besprekings maak vanaf 14 Maart....klink na goeie nuus?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 03/08/2024 - 17:10

Weet iemand of die krag weer aan is by Manyane?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/08/2024 - 19:56

...was dit dan af gewees????

Ek was lanklaas daar. Ek vertrou egter geen park se kragvoorsiening nie, en ry ALTYD my sonpanele saam.

As ek reg onthou, was ons Maart 2024 daar sonder enige krag probleme.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 03/08/2024 - 20:11

...was dit dan af gewees????

Ek lees elders dat krag afgesny is oor agterstallige rekening. Generator dien blykbaar na die brand net die oorblywende chalets. Oorweeg dalk om lang naweek daar in te loer. Storte sal seker dan ook koud wees....nie lekker in winter nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus