6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

China-sake

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Nou die dag het ons gesels oor inverters en toe kom dit navore dat 'n ou moet oppas vir gemors wat vanuit China ingevoer word.  Ongetwyfeld is sommige invoere uit China gemors, maar 'n ou moet versigtig wees dat 'n mens nie dieselfde fout maak nie as 'n klompie jare gelede na die Tweede Wêreld Oorlog  om alles uit Japan te etiketteer as Jap-Scrap goedere.  Kyk waar staan Japan vandag en selfs die voertuie met hul oorsprong uit daardie land.

China vervaardig tog ook indrukwekkende goedere wat nie so alledaags gebruik word nie, selfs goedere vir die kamperingsbedryf.  In opdrag van my annerhelfde se dokter moes ek gaan soek na 'n baie gespesialiseerde pleister wat operasiewonde wat nie wil genees nie, help om te genees.  Ek spoor toe twee van hierdie pleisters op by ons plaaslike Medi-Clinic-hospitaal en...................waar is dit vervaardig ? In China ! Om watter duistere rede kan mediese-pleisters nie in Suid-Afrika vervaardig word nie ? (Ek dink ek weet : in SA swaai die arbeidsmag en hul vakbonde die septer en maak ons onkompeteerbaar met ander produserende lande).

As Suid-Afrika tog net kan ontsnap uit sy korrupsie en vakbond-gedrewe arbeidsmag, dan kan ons mos ook hierdie en talle ander produkte teen kompeterende pryse op die wêreldmark stoot ?

Of hoe sê ek ?

Secunda

Sleep nou

Thu, 11/04/2019 - 07:57

Stem 100 % saam Len van hulle goed is nie sleg nie ek het n klomp Solar ligte by hulle gekoop en tot nou toe werk dit soos n bom 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/04/2019 - 08:55

Verwysende na die Japanese voertuie wat aanvanklik met groot suspisie bejeën is en nou in vele fasette van die markleiers is. Daar is al in die onlangse verlede gesê dat Chinese voertuigvervaardigers waarskynlik ook deur 'n soortgelyke leerkurwe sal gaan en dalk ook ontwikkel tot markleiers. Chery is een van dié waarvan hoë verwagtinge gekoester is. Selfs Braam Pretorius het hom tot Chery "verbind". Maar ek lees vanoggend in Motor-Burger dat Chery en Foton besluit het om SA vaarwel te roep.

Ek stem saam dat jy Chinese produkte en Chinese produkte kry. Daar is baie voorbeelde van goeie gehalte gebruikersgoedere. En bykans net soveel van swakker gehalte.

Ons arbeidsmag in SA is ongetwyfeld die @$&* in die drinkwater. Ek is verstom dat Nissan bereid is om nog 3 miljard in hul Rosslyn aanleg te spandeer - gesien in die lig van die vele stakings wat o.a. in die motorvervaardigingsbedryf plaasvind.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/04/2019 - 15:22

Len groot waarheid! Die ontwikeling van tegnologie in China het ongelooflik verbeter oor die laaste dekade of so.

Mens kan dit ook duidelik sien in die uitbou van hul infrastruktuur, oor die laaste dekade het hulle ontsetend baie km paaie gebou oor die moeilikste tereine. Die pad netwerk en bruë is van die beste gehalte in die wereld.

My skoonseun se swaer het ñ vyf jaar kontrak in China om veg vlieniers op te lei. Hy reken hulle vlieniers is van topgehalte, so ook hul plaaslik vervaardigde veg vliegtuie.

Daai land gaan ons nog almal verbaas!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/04/2019 - 15:41

Wel die ou van Alva gas het sy goed oorgevat en daar laat bou en terug ingevoer om hier te verkoop want dit was baie goedkoper om dit daar temaak.  So kry hulle dan ook die wereld sekennis.

Slim ?

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 12/04/2019 - 16:22

China is klaar besig om VSA bang te maak. 

As gevolg van China se goed koop arbeid word baie Amerkaanse produkte daar gemaak (en ook ander land) onder America se kwaliteit beheer.

Die unies in ons land, maak ons dood. Ons mense wil min doen vir baie geld. 

Centurion

Voortrekker

Fri, 12/04/2019 - 16:41

Ek was al in China, in 'n hele paar stede en kon nie my oë glo wat ontwikkeling aanbetref nie.  Ongelooflike infrastrukture en kwaliteit produkte. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus