Wie het gesê dat daar nie meer goeie diens is nie.
Bietjie agtergrond:
Ek het Okt/Nov 2017 'n groter yskas in my karavaan laat inbou deur Comet karavane wat ek ook toe by hulle gekoop het.. Jan 2018 toe kom ek agter dat die regterkantse paneel bietjie wegtrek vanaf die onderstel hegpunte. Reël toe met Comet om daarna te kyk en hulle doen die nodige herstelwerk, sonder dat ek betaal.
Ek het gaan kamp by Bosveld Oase in Okt 2018 en het toe iewers of 'n "pothole" getref of deur 'n slegte hobbel gegaan. Met die aankoms by die huis kom ek toe agter dat dieselfde paneel weer geskuif het met ongeveer 5-10mm. Ek kyk toe self daarna en sien toe van die skroewe het uitgetrek. Ek draai dit myself weer vas maar is toe nie heeltemal tevrede nie.
Met my terugkoms, vanaf die Maart 2019 wegbreek by Buffelspoort, besluit ek toe om weer met Comet te reël en daarna te kyk.
'n Afspraak is gereël vir 6 April om die karavaan af te lewer sodat hulle daarna kon kyk. Ek reël alles met Johan Klopper (werkswinkel bestuurder). Dinsdag wat verby is skakel ek hom om te hoor wat hulle kon vind en hy laat weet dat hulle besig is om die wa te was en dat die probleem reggestel is. Saterdag 13 April gaan haal ek toe die wa en GEEN kostes te betaal deur my nie.
Baie dankie Comet vir hierdie goeie diens en gebaar.
Well done Comet, dankie…
Well done Comet, dankie Hennie vir die terugvoer.
Ons is geneig om net altyd te kla, dis mooi om goeie diens ook te noem.
Lekke Hennie
Hennie ek gaan baie soentoe ek ook baie gelukkig met Thomas en sy span maar nog steeds dis nice om goeie nuus te hoor
Dit is baie goeie diens. …
Dit is baie goeie diens.
Welgedaan Comet.
Comet weer oop
Comet weer oop vir besigheid hulle besig om weer stok op te bou
Shaun, ek neem aan dit is op…
Shaun, ek neem aan dit is op dieselfde perseel?
Comet - East Rand Caravan World
Die ou Comet karavan kompleks in Boksburg is nou nuwe tuiste van East Rand Caravan World. Thomas wat op n tyd by Comet was is nou bestuur van nuwe groep. Hulle vooraat baie goed en baie karavane , boswaens beskikbaar wou net deel met julle mooi loop
Shaun...
...gaan kyk na die Infanta en Adventure Xtreme boswaens daar. Dit sal veel beter lyk en pas agter jou rowwe Ranger.
Dalk moet jy nou maar jou sagte padwa inruil op 'n boswa, dan sleep jy saam met my Mokala toe volgende jaar.