Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -2 hours ago
30% November 2026 Geert -9 hours ago
see water November 2026 Geert -9 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -17 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago

Beplanning vir 2020 / 2021

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hoe lyk jou beplanning vir 2020 ?  Ek sit 2021 by a.g.v. COVID-19.

.

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 24/04/2020 - 07:39

Frik se kommentaar op bl.2 :-

As dit in 'n ou se gene is om bepland te lewe, dink ek nie daar is fout mee nie om tog maar te beplan ten spyte van die onsekere inperking-fases vorentoe.  Voor inperking het ons ou klompie wat van beplanning hou, wel beplan sonder om seker te wees van wat die toekoms inhou.

Ek het verlede jaar al beplan om in Mei/Junie Kruger Wildtuin toe te gaan en soos die tyd aangestap het, moes ek my beplanning aanpas en my Wildtuin-besoek uitskuif na Aug/Sept.  In die lig van gisteraand se aankondiging bestaan die moontlikheid tog dat dit kan realiseer, maar indien nie, beplan ek maar weer 'n nuwe datum.  Minstens weet ek nou waarna om te mik en hang alles nie net in die lug tot wie weet wanneer nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 24/04/2020 - 07:51

Ek is in ń heel ander siruasie met die wat ons permanent kamp.

Ek is van nature ń baie impulsiewe mens alhiewel ek tog ń mate van beplaning in my lewe wil hê.

Ek moet maar altyd skoolvakansies en langnaweke in gedagte hou. Wil nie in ń situasie beland wat ek dalk sonder staanplek sit nie.

Ek het in Feb al, en dit was meer as gevolg van Petra se gesondheid, met die oord waar ons nou is gereel dat ek onbepaald mag staan. Om regverdig te wees het ek onderneem om ten minste een maand kennis te gee. Om hulle gemoedsrus te gee betaal ek van Feb af ń maand vooruit. Ek het dus in Feb vir twee maande betaal. As ek dus oornag verdwyn het hulle ñ maand se betaling.

Ons bly egter flexible en soos dinge verander so sal ons aanpas. Ek kan vinnig skuif en die ergste is dat ek dalk ń maand se staanplek verloor.

Ek is glad nie lus om die winter hier in die koue deur te bring nie!! Ons het nou al vir die laaste 10 jaar geen winter gehad nie.

Maar ja as dit moet dan moet dit!

0

Ek kan sien dat jy en ander my dalk sien as pesimisties / negatief, hoe dit ook al sy.

Ek is nie negatief nie, ons prioriteite verskil net hemelsbreedt van mekaar op die stadium van die geveg, dis al.

So, asb, ek is nie negatief of pesimisties nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 24/04/2020 - 10:55

... ek vereenselwig my met jou laaste inset. Beskryf my eerder as skepties.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 24/04/2020 - 11:53

Ai Frik, hoe dan nou so ?  Ek het nou hierdie draad van bladsy 1 deurgelees en ek kon nie kry dat ek jou as negatief beskou nie.  Ek het juis die punt op 'n ligte noot gemaak dat ons almal se gene verskil van mekaar -  een ou hou van beplanning en 'n ander ou nie.  Selfs ou Gesie het gesê ek moet ophou beplan en sommer impulsief optree  -  hy kan miskien maar ek kan nie.

Chris B se opmerking : ek wonder wat is die teenoorgestelde van "skepties".  Ek vermoed "skepties" kan ook "twyfelagtig" beteken. Miskien is die teenoorgestelde dalk "hoopvol".

Beskryf my dan eerder as 'n "hoopvolle" ou.

0

Ek het nie bedoel om enige iemand aan te vat of so iets nie, ek is net bekommerd..

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 24/04/2020 - 20:18

Frik, ek is ook bekommerd, ek glo nie daar is veel mense wat eerlik kan sê, "ek is geensins bekommerd nie".

Maar ek bly hoopvol, my uitgangs punt is grootliks, as ek dit nie kan verander nie,  leef dan daarmee saam.

Daarom is die meer positiewe mense se insette vir my meer maal, net daai hup wat ek nodig het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/04/2020 - 21:09

Ek moet sê,  Arie is dié persoon wat my indig oor die lewe verander het, positief.

Ek admireer hom, want ek het nie daai positieweteit in my nie sad

Maar ek besef it is al wat my laat voortbestaan (een of 2 woorde)

Arie jy help my in my onder die komders gevoel, dankie yes (hier is nie die regte ikoon nie)

Ek voel ook baie depro sad

Maar bly GLO.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/04/2020 - 09:15

Soos ek al voorheen genoem het, het ons ‘n lieflike klompie trippies opgelyn gehad vir 2020, waarvan 4 nou reeds agv die inperking gesneuwel het. Ek moet voor 7 Mei die uitstaande balans van ons Julie bespreking vir die wildtuin betaal, anders verloor ek die bespreking. Ek kan egter nie sien hoedat ons oorversigtige regering my oor net meer as 2 maande gaan toelaat om deur 6 provinsies te reis sodat ons die bespreking kan gebruik nie. Ek moet seker maar betaal en hoop en kan eendag die geld gebruik vir ‘n ander bespreking, maar ek is nie vreeslik lus om nou “onnodig” R2700 uit te gee nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 28/04/2020 - 10:33

... moeilike besluit. En ek hoor wat jy sê van die "onnodige" geld. Ek was ook veronderstel om volgende Donderdag te vertrek en het reeds meer as R11 000 vir my akkommodasie in die wildtuin betaal. Myne is op hierdie stadium oorgedra na November en omdat dieselfde afslag nie vir my Satara-bespreking geld gedurende daardie tyd nie, het ek daardie 3 aande verander na Bateleur wat wel 40% gryskop-afslag aanbied. Maar ek moet ook nou addisioneel inbetaal, maar darem eers in Augustus. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/04/2020 - 20:16

Jy kan dit kanseleer en die geld by hulle bank, dan verloor jy niks.  Dit is wat ek moet doen om 2021 Junie/Julie te kan gaan kamp.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/04/2020 - 20:20

Jy kan dit kanseleer en die geld by hulle bank, dan verloor jy niks.

Dankie. Ek sal dalk maar nou betaal in die vae hoop dat ons tog Julie sal mag gaan. Ons het Desember ‘n bespreking in Kgalagadi waarvoor ek van die geld sal kan gebruik as Julie nie werk nie. Dis natuurlik as ons Desember al mag reis... 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 15/06/2020 - 15:23

Ons sou môre Phalaborwa toe gery het. sad

Junie skool vakansie 15-30 Junie 2020.

  • 16-06-2020, Safari Park Phalaborwa
  • 17-22 Junie, KNP - Letaba (50% deposito betaal)
  • 22-30 Junie, Forever Resort - Tshipise (ten volle betaal)

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/06/2020 - 09:24

Sou vanoggend deur gegaan het na Letaba vir 6 nagte.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus