6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -49 minutes ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -2 hours ago

Kommunikasie tegnologie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek wat al ver gevorder in jare is, verstom my daagliks na die geweldige tempo waarteen die kommunikasie-tegnologie voortsnel.  Vir baie van die jongeres is dit seker ou nuus, maar ons ouer garde kom darem ook in die kraal, alhoewel 'n bietjie later as die res.

Sommer nou die dag aan die begin van die millinium, voel dit vir my, het my vorige Merc 'n "hand-held" telefoon tussen die voorste sitplekke gehad, maar ek moes 'n afsonderlike selfoonnommer en simkaart gehad het om met die buite wêreld te kon praat.  Vandag het bluetooth oorgeneem en as ek in die kar klim, gesels ek met die wêreld deur my standaard selfoon sonder om daaraan te raak.

My redelike ou HP-laptop het 'n gleufie onder die battery waar ek my 3G-Vodacom-simkaart indruk en dan het ek datafasiliteit oral waar ons ry en waar ek my laptop wil gebruik, van die Kaap tot feitlik oral in die Kruger Wildtuin !  Wonderlik man teen R149 pm en 2GIG !

Vodacom bied nou die dag aan dat hulle my 3G-datakaart sal vervang met 'n 4G-datakaart van 5GIG en met 'n WiFi router en..............nog steeds teen R149pm !  My en Skattie se selfone kan ook aan hierdie die router gekoppel word indien ek sou wou.  Dis nou sommer baie handig as ons reis.

By die huis gebruik ek my ADSL WiFi router via Telkom na my diensverskaffer met 25GIG data  -  hopeloos te veel vir ons twee oumense, maar die kleinkinders kom sink die beskikbare data gereëld.

En ek praat nie eens van die vordering op die gebied van slimfone nie - ongelooflik man !

Vaalpark

Johann L

Sun, 19/05/2019 - 06:46

Len, ja mens wonder of dit nou nog gaan, kan, verbeter, dan kom die volgende ding uit.

Ek het 'n mobiele wifi router, wat met enige van die diens verskaffers se sim kaarte kan werk, het die kaap toer net in Montagu gesukkel met die spoed. Dit het selfs 'n batery pak wat oorvat as daar nie krag is nie, en kan dan tot twee en 'n half uur steeds werk.

Jy kan tot 12 toestelle op die router koppel.

Montagu Guana oord lê tussen berge.

Magaliesburg

GerhardtN

Wed, 29/05/2019 - 16:32

Dis alles goed en wel en wanneer by die huis geniet ek wifi, bluetooth en al die gadgets wat ek het. Maar ek kan nie wag vir daai plekke met geen selfoon opvangs, geen krag, ens nie. Ons is 12 werksdae van ons 4x4 toer af...........

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 29/05/2019 - 18:59

Wat kan ek byvoeg, ons bly in die grammadoelas, naaste brood en melk 50km ver. Maar... ons gesels met dogter in London op wifi amper verniet, doen lone vir manne, inteendeel al die banksake. Teken dokumente met n "pen"  op die skerm en stuur dit die ruimte in, en dit is goed genoeg vir akteskantoor en Sars. Bestel onderdele van anderkant die wereld, en kry binne n dag terugvoer.

Deesdae het ons 50gig data, en kyk tv op tablet as die weer ons sein bedonner. Nog net nie die netflix ding probeer nie, te bang ons gaan nie meer slaap nie.

Voertuie wat so slim raak dat hulle kan help besluite neem, maak my effe bang, los nog self bestuur. Nee wat daarvoor geniet ek darem my ou rygoed nog steeds. Waarna ek wel uitsien, is n lekker kompakte hibriede elektriese ryding, soos my Nissan 1400 wat n paar sakke antrasiet kan dra, plek het vir hondekos, diesel in kanne,  en ouma se koelboks waneer sy roomys kry vir klein kinders se kuier. Ek spaar klaar vir die ene, kan nie wag nie. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/05/2019 - 06:03

Skuus dat neef nou  karre by Lennie se draad gevoeg het, maar die onderwerp lyk nie baie populer te wees nie. Anyway, sien ek nou vanoggend op die inligtingskommunikasiestoestel die pragtige voorbeeld van die toekomstige plaasbakkie.

Bakkie

Centurion

Voortrekker

Thu, 30/05/2019 - 06:42

Dit verbaas my dat die mensdom met al hierdie kommunikasie planne en tegnologie nog glad nie 'n voldoende kommunikasie platvorm ontwikkel het om met vroumense te kommunikeer nie?  frown

 

Now my son communicates with me by please call me.

The please call me and the sms ring tone is the same.

Bloody thing goes off nog-donker inni more tyd, and I think it's my son

cell is on charge in the kitchen, I dive out of bed, rush to the kitchen thinking it's my son who urgently is trying to get in contact

It was some bloody gym sign-a-contract thing sending out bulk sms's

Smart phone landed in the toilet......... Now I have R99 Pep special, Chris has my number, everyone else? I phone from work.

Klaar gepraat. I grew up with 3 long's and 2 shorts, and a dial phone was a technical marvel that I never needed.

61 years later I still don't need one...

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus