Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs 👍 Forum Herstel en terugvoering Geert -14 minutes ago
Die Thumbs-Up behoort nou… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -33 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Lyk na heel aangename oord Umfula Geert -1 hour ago
rondsoek vir diesel ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Sleep veilgheid "Tips en tricks"

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van wat met myself, en ook nou met Wildehont gebeur het.

Ek voel ons kan mekaar hier van nuttige wenke voorsien, ek sal begin met een, wat ek glo almal van bewus is, maar wanneer jy in die nood kom, nie altyd kop hou nie.

Eerstens, wanneer daar fout gaan met enige wiel van jou voertuig of gesleepte voertuig 

Bly kalm,

Moet onder geen omstandighede rem trap nie, haal jou voet van die versneller af, en laat die voertuig of kombinasie self tot stilstand kom.

Ratte kan tot 'n mate gebruik word, mits dit egalig gebeur.

Die enigste uitsondering op die reel is, sou jy in 'n groter gevaar "in stuur" as jy nie rem nie, dan rem jy so "sag'' as moontlik.

Ek het verwyderbare sleepstang op my een condor gehad en was problem. moet se daar was baie speeling en ek het op ou ent die ding vas geswies en my wa het beter gesleep

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/05/2019 - 09:23

....................van die "ouer garde" waarna Wessel op die vorige bladsy verwys, hier is my kommentaar oor verwyderbare sleepstange :-

  • Ek het geen ondervinding van 'n verwyderbare sleepstang nie en is dus nie deel van die skool wat glo dié tipe (sonder die "e" volgens HAT) sleepstang veroorsaak swaai nie
  • Maar ek moet sê, ek hou nie daarvan nie.  Ek sal my morsdood bekommer of die sluitbout nog in plek is, sterk genoeg is om ontkoppeling te voorkom en of een of ander snuiter nie iewers waar ek stilgehou het, die sluitknippie "net vir die sports"  losgemaak het nie.  Of het ek (as lid van die ouer garde) dalk vergeet om die sluitknippie in te sit ?
  • Ek hou van 'n man ('n trekstang) wat sy man  kan staan en nie van 'n trekstang wat met male en female dinge doenig is nie.
0

Môre Len

Nou dat ek jou aandag het, jy het darem sekerlik die etlike vraagtekens opgemerk in my verwysing  na "ouer garde".

Ek word ook sekerlik deur sommiges as ouer garde beskou. Dit pla my egter nie as die jong dames vir my oom noem nie, dit pla net as hulle "nee oom " sê.

Terug na die sleephak, jou laaste opmerkings, asook Johan se verwysing na slytasie, het my opnuut laat besef hoe min aandag ek aan kritiese detail skenk. Ek aanvaar net alles is in plek, bloot gebaseer op 'n terloopse waarneming terwyl ek hak. Ek het nog nooit daaraan gedink om na slytasie te kyk nie.

Ek maak wel jaarliks seker dat die hele sleepstang nog deeglik vas is aan die onderstel.

  Groete

Wessel

0

Volgens my mening moet jy nie dink omdat jy 'n stabiliseerder aan het jy kan vir Lewis Hamilton probeer weg ry met 'n karavaan op sleep nie. Sleep nog steeds 'n veilige spoed van tussen 90km/h tot 110km/h al kan jou sleepvoertuig vinniger gaan.

Ek het nog nooit, en sal seker ook nooit, met 'n stabiliseerder sleep nie. Volgens my mening gee daardie stukkie yster jou net vals hoop en steek goed weg wat jou later duur testaan gaan kom. Ek het al 'n band op die karavaan gehad wat gebars het en ek is oortuig ek het baie skade aan my wa verhoed omdat ek dadelik gevoel het iets is nie meer wat dit moet wees nie en gestop. 

0

Middag alle vriende [jonk en ouddevil]

Hier kom nog 'n lekker debat, dankie Mona.

Ek het ook nog nooit met stabiliseerders gesleep nie. Die keer wat ek 'n papwiel gekry het, het ek dit onmiddellik gevoel, en daar was geen uitermate swaai op my wa of trokkie nie. Net 'n effe onnatuurlike rukkie, en alles het stabile gebly.

Groete

Wessel  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/05/2019 - 11:57

Stem saam Morné, ek sleep ook sonder stabiliseerders, maar dit sal 'n moerse debat tot gevolg hê  -  meeste ouens gebruik dit vir "gemoedrus".

Verskoning vir my liederlike spel foute hierbo, "mail" en "femail" - ek was deurmekaar met die posman of posvrou en het dit reggemaak.

Wessel, geen probleem of twyfel nie, ek weet jy is ook deel van ons ouer garde.

Ns.

Morné, wat gaan aan op Ermelo ?  Ek sien hulle steel sommer beeste op groot skaal met "interlink" trokke daar in julle omgewing.

0

Morné, wat gaan aan op Ermelo ?  Ek sien hulle steel sommer beeste op groot skaal met "interlink" trokke daar in julle omgewing.

Oom Len, soms gaan die ligte aan maar ook nie altyd nie laugh. Daardie veediefstal is erg, die beraamde waarde van die vee is R1.3m. Klomp besigheids manne, van ons kerk se mense, ook betrokke en dan is die tolk van die  landroshof ook nog gevang vir korrupsie. die tolk sou na bewering die saak gedwarsboom het teen R5000 per persoon van die 5 verdagtes.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/05/2019 - 12:31

Jammer vir die kaap van die draad, maar dis verstommende inligting !

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 24/05/2019 - 12:31

Ek sleep die Jurgens nie eers net gou vulstasie toe sonder daai 2 Jurgens stabiliseerders nie. Ek is dalk net te bang maar dis ek.

arms

0

1) Stabilisers: - You rig MUST be stable before the addition of stabilisers, they are not there to correct an unstable rig, they are there to assist when things go wrong. And assist mightily they do! They are worth every cent

2) Everybody knows don't drink & drive... Yes well, that to.... BUT don't eat and drive. big meals at Winpy / Steers ETC will make you drowsey... nibble along the way. If your family wan't to stop and eat, good and well, you don't....

3) Winter / cold / early morning departures .. Stay well away from the heater.... It will make you sleepy

4) Stop frequently, every 2 - 2,5h or so. get out walk round feel the wheel hubs of both car and van. shake the C/van's wheel to check for play once in a while....Cast your eye over the coupling, look... LOOK (don't just see) LOOK at your tyres... 

5) Be very, very aware of the immensely dangerous and powerful turbulance that happens when an interlink (26 wheeler) truck is coming from the other side....  Understand, your combined approach speed is likely to be in the order of 200Km/H

The turbulance first forces you out, along the side it sucks you in, and when passed (and this is the bad one) it suddenly forces you out again. This can so easily set up fishtail which can quickly become sway and jack-knife.  good idea to really slow down on single lane roads when such a vehicle is approaching. At night look ut for the lights above the cab....

I could go into much detail about the safety chain, how to nest it / correct packing the van / nose weight / draw weight / vehicle weight to van weight ratios / tandem towing/ and so on but, you fellas are the pundits... the experts, and have been at this game for jonks, and know and apply all the common things, so I'm not going to go into those, that would be, as they say, preaching to the converted....

These are perhaps just some of the more un-common things this old fool has long since learned along the way..

My few zupta's worth

0

In die handleiding KAMP & SLEEP KENNIS is daar 'n hele hoofstuk oor veilig sleep en die moets en moenies as jy op die pad is. Alles wat hier reeds gesê is staan in die hoofstuk en baie meer wenke wat 'n sleeper behoort te weet.Advertensie 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/05/2019 - 16:14

Dankie Tora, alhoewel ek dink nie daar is iets fout om die onderwerp van veilig sleep op 'n geselsforum te bespreek nie.  Iemand, veral nuwe kampeerders/slepers, kan sekerlik die koste aangaan om 'n boek met volledige inligting aan te koop, maar ek dink vir ons kletsers is dit lekker om gedagtes oor 'n onderwerp hier op die forum uit te ruil.

0

Ek stem saam met jou, ek wou net inligting gee vir die ouens wat nie bewus is dat daat 'n skrywe bestaan wat van groot hulp kan wees, vernaamlik vir die onervare sleeper. Ek en jy het op die harde manier geleer, so ons kan ons kennis mos deel op so 'n manier ook. Wat ek geleer het uit FB en forums is dat baie van die inligting gaan na 'n week of drie verlore of totniet as dit nie meer 'n besprekingspunt is nie.  Dit was een van my redes hoekom ek dit in 'n Handleiding saam gestel het.

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Sun, 26/05/2019 - 07:31

Ek het onlangs afgekom op inligting oor die aansit van die "wegbreek" veiligheidskabel. Blykbaar moet hy eers met 'n lus om iets en dan aan homself gehak word. Dus kan die hakie nie iewers in 'n gat ( soos op die Ranger se trekstang) ingehak word nie. Dit verseker dat hy reg afbreek wanneer die wa afkom...

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 26/05/2019 - 17:40

Pierre, my Penta, en ek glo al die ander waens, se wegbreek kabel gaan om die tou bal, dan haak die "snap hook" weer onder die bal aan die kabel. Waar die kabel aan die rem meganisme vas kom,  word dit met 'n "O-ring" soos 'n sleutelring, vas geheg wat los breek as daar voldoende krag uit geoefen word, maar eers nadat die remme gesluit het, dus gaan die karavaan vinnig tot stilstand kom nadat die haak af gekom het.

Rem
Hier kan mens die sleutel ring sien wat die kabel met die meganisme verbind.

Hoop dit maak sin?

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Mon, 27/05/2019 - 06:36

Ek stem saam Johan. Volgens die video van die Britse sleep veiligheidsvereniging wat ek gesien het is dit die regte metode . Wat belangrik is, is dat die "snap hook" weer aan die kabel gehak moet word en nie aan iets anders nie.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 07:34

Pierre, omdat ek nie 'n tegnies gekwalifiseerde mens is nie, redeneer ek baie rondom tegniese aspekte, juis om te probeer verstaan wat die redes vir sekere prosedures is.(ek is nie in staat om tegniese standaarde te bevraagteken nie) 

Ek sit nou hier en dink, sou jy die "snap hook" wel aan bv. die sak plaat in 'n gat, haak, wat gaan gebeur, volgens my, en ek kan natuurlik heel verkeerd wees, gaan die kabel steeds sy werk doen, sou die haak los kom, in teen deel, ek vermoed dit is veiliger?

My redenasie is: wat gaan gebeur as die bal haak af kom, en die kabel is aan 'n ander plek vas,  wat in my opinie veiliger is?

Onthou, ek debateur nou net om die ding in my kop reg te kry. 

0

Johann ek het ook so gedink tot ek die video gesien het. Ek roeteer my kabel om die struktuur van my sleepstang en nie die bal nie. Probeer gerus die video op "you tube" opspoor - ek stel voor Google "breakaway cable attachment". Ek is weer 'n ou vir die tegniese goed!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus