Ek sien hier het ons vriende wat werklik ordentlike fotos neem, ek sal graag meer wil leer van ftografie bv watse shutter speed word in watse omstandighede gebruik, watse lens het jy op spesifieke fotos gebruik.
Ek verstaan dat dit onmoontlik is om 'n kurses hier aan te bied, maar so paar tips sal opreg waardeer word.
Indien mense bereid is om hul kennis met leke soos ek te deel sal dit waardeer word.
Daai sons onder gangs, damme in SA, en nou weer daai prag foto van Dullstroom son opkoms, dit is wetklik mooi.
Behalwe vir Kamera…
Behalwe vir Kamera verstellings soos "shutter speed" , "Aperture" en fokus ens, het ek 3 tips wat vir my persoonlik absoluut baie belangrik is as dit kom by digitale fotografie.
1. Neem baie foto's - BAIE
2. Adobe Lightroom - Dis vir my meer werd as enige ander Kamera toerusting.
3. Kry ten minste een vinnige "prime" lens. Soos byvoorbeeld 'n 50mm f1.8. (Canon maak 'n 50mm f1.8 wat tussen R950 - R1500 kos!) Nikon het ook een.
Dis al vir nou van my. Ek dink die vraag wat kan volg van bogenoemde is hoekom 'n vinnige lens en wat is f1.8?
Kamera lense.
April 2016 het ons langs 'n wildlife fotograaf gestaan by Riverside naby Kimberley, en die man en sy vrou was vreeslik behulpsaam met die uitdeelvan inligting. Ongelukkig was 'n naweek te min om van sulke professionele mense regtig te leer.
Miskien kan ek noem watse lense ek het, dan kan julle pro's mos advies uit deel.
1. Nikon standaard DX. AF-S NIKON 18 -55MM 1:3
2. Nikon 55 -200mm VR outo /man zoom DX SWM VR ED IF O○○-1.1m/3.61 ft 53
3. Macro high definition 0.45x super wide angel
4. Sigma 70 -300mm 1:4-5.6
Nou, wat die nommers beteken weet ek nie, ek moet wel die drie poot grbruik as ek die 300mm lens op het, anders bewe ek te veel vir die stabiliseerder om te help.![]()
Jou eerste 2 lense lyk soos…
Jou eerste 2 lense lyk soos standaard Kit lense wat saam met jou intree kamera's kom. Hier is jou zoom 18 - 55mm f3.5 - 5.6 baie algemeen en ook die lens waarmee meeste mense begin op enige van vandag se DSLR Kamera's.
Dan het jy ook die tele - zoom 55-200mm om oor te neem waar kleiner lens se 55mm ophou.
Lyk my jy het toe op 'n statdium besluit jy wil bietjie verder sien en het ook 'n 70 - 300mm aangeskaf - 'n Sigma lens.
Dan het jy ook in die versameling 'n 0.45 X adapter lens. EK ken hulle nie maar weet hy word seker saam met jou 18-55mm gebruik om 'n bietjie wyer hoek te gee.
Volgende stap sal wees om te kyk na die nommers. die mm's en die f-stop.
As jy die 300 mm op het…
As jy die 300 mm op het gebruik n viniger sluiter spoed kan help om die bewe so bietjie uit te skakel
Johan van Staden
Kom nou Johan gee bietjie tips jou fotos is van uitstaande gehalte
lens lengte en beweging
Rule of thumb..
As jy die 300 mm op het gebruik n viniger sluiter spoed kan help om die bewe so bietjie uit te skakel
Jou shutter speed moet min of meer dieselfde wees as jou lens lengte om beweging te verhoed. SO as jy 'n 300mm lens gebruik moet jy 1/300 sec of vinniger wees. (dit is sonder "anti vibration" of "Image stabilisation".
Afhangende van jou stabiliseerder, kan jy dan nog stadiger gaan. Stabiliseerders deesdae kan 'n ekstra 1 tot 3 stoppe gee. 1 stop beteken halfeer of verdubbel.
m.a.w. met jou 300mm lens, as jy 'n stabiliseerder aan het wat gemaklik vir 2 stoppe kan kompenseer, dan kan jy afgaan tot 300 / 2 / 2 = 1/75 sec sonder om beweging op te tel. Let wel, dit is beweging van jouself en die lens/kamera, en nie beweging van die voorwerp nie.
Daar is ander metodes wat bykom om verder te help, soos byvoorbeeld deur uit te asem wanneer jy die fotyo neem asook die manie hoe jy staan, of kniel en hoe jy die kamera lens vashou.
Daar is nog ander maniere om jou shutter speed vinniger te maak en sodoende kamera beweging (camera shake) of bewegende voorwerpe te vries.
1. Jy kan die ISO opstel (met 1 of 2 stoppe) en maak die kamera sensor meer sensitief.
2. Jy kan die f - stop afstel met 1 of 2 stoppe. (maak die lens groter oop) en laat meer lig in.
Bogenoemde 2 het natuurlik 'n effek op hoe die foto kan lyk + dit is ook afhanklik van die kwalitiet of tipe lens en sensor.
Dit bring ons na 'n baie belangrike konsep in fotografie en hoe lig deur lense op objektiewe werk .... die f-stop (focal ratio) van 'n lens en hoe dit lig hoeveelheid en die hoek en fokus punt van lig beinvloed.
Kamera F -stop
Ek dink regtig nie dit is nodig om die hele verduideliking van f-stop of f-nommer hier te geen nie. Daar is baie verduidelikings, tekeninge ens op die internet. Google maar net fotography f-stop ens en daar sal baie leesstof opduik.
Basies is die f-stop die verhouding tussen die Lens se Lengte en die diameter van die lens.
m.a.w - as 'n 50 mm lens 'n opening glas van 50mm op het, dan is die "f-ratio" of f-nemmer 50/50 = 1 (dit is 'n baie duur lens)
'n 50mm lens met 'n 20mm opening of voorste glas het dus 'n "f-ratio" of f-nommer van 50 / 20 = 2.5
Jy kan dus sien dat hoe kleiner die nommer, hoe groter is die lens!
LET WEL: Kamera's met verstelbare f-nommer of "ratio's" het 'n verstelbare diafragma wat oop en toe maak en die grootte van die lens opening bepaal.

F stop - 18-55mm lens
Johann - jou 18 - 55mm lens se nommer dink ek is f3.5 - 5.6
Dit beteken die maksimum "f-ratio" van daardie spesifieke lens is 3.5 op 18mm en dan 5.6 op 55mm.
Vir die Sigma 70 - 300mm is die maksimum "f-ratio" 4 teen 70mm en 5.6 teen 300mm.
Ek se MAKSIMUM, want dit is die grootste wat die lens kan oopmaak voor.
Jou duur en eksotiese lense het baie klein f-nommers. Onthou, hoe kleiner die nommer, hoe groter is die voorste opening en glas! Daarom, om te beweeg van f/5.6 na f/4 het jy 2 keer meer glas nodig! Van f/4 na f/2.8 weer 2 keer meer glas en so aan.
Dit is hoekom ek heel aan die begin gese het, 'n vinnige prime lens, soos byvoorbeeld 50mm f/1.8 is 'n goeie lens om te gebruik om jou fotografie 'n stappie verder te vat.
Volgende vraag. Hoekom 'n kleiner f - nommer of groter glas!????
Hoekom kleiner f-stop op lens?
1. Wel, hoe groter die opening hoe meer lig kan ingelaat word en hoe meer lig beweeg tot op die kamera sensor.
Onthou vroeer het ek gepraat van die ISO opstel met een of 2 stoppe? Ek het ook vertel van die stabiliseerder wat 1, 2 of 3 stoppe kan kompenseer.
Net soos om ISO te verdubbel (van 100 na 200) of om 'n lens 2 keer groter oop te maak (van f/5.6 tot f/4) of om die shutter speed te halfeer van 1/250 tot 1.125 het almal presies dieselfde effek op die hoeveelheid lig wat by die kamera sensor uitkom.
Daarom, as jy voel jou shutter spoed is te stadig, kan jy jou lens 2 keer groter oopmaak (f-stop halfeer) om twee keer meer lig in te laat, EN dan die tyd wat die shutter oop is halfeer om die helfde hoeveelheid lig in te laat.
Natuurlik is die hoeveelheid lig wat ingelaat word tot op die sensor dieselfde, MAAR ander dinge verander wanner f-nommer verander word.
2. f-ratio bepaal die fokus punt se diepte (depth of field) - Daardie mooi foto's waar die voorwerp mooi "crisp" is en die agtergrond blurry - wel dit word geneem met 'n (vinnige) lens of lens wat lekker groot oopmaak. Die Landskap foto waar alles van voor grond tot die berge ver agter alles in fokus is, dit is geneem met 'n lens wat baie klein oop is en daarom 'n groot f - nommer soos bv f/16.
Daarom afhangende van die effek wat gesoek word, kan die f-nommer gestel word om die diepte van die fokus te bepaal.
Lekker vinnige portret lense, (klein f-nommers soos f/1.4 of 1.2) kan die persoon se neus en mond in fokus laat wees en ore uit fokus uit. Alles hang af van die "look" en effek wat gesoek word - maar dit kopm teen 'n prys.
Ek se weer, vir enige fotograaf wat sy fotografie 'n stappie wil opneem, kry vir jou 'n 50mm f/1.8 en speel met groot lens openinge. (Die uit fokus agtergrond word bokeh genoem)
Google gerus die woord bokeh en leer meer daaroor.
Jou Kit lens (18 - 55mm met f/3.5) sal nooit die mooi uit fokus agtergron kan gee wat deur meer "proffesionele" fotograwe gelewer word nie. Hoekom? Want die glas is klein (goedkoop) en die maksimum "f-ratio" te klein. Jy soek vinnige glas!
TIP!!! Leer die verhoudings wat f-nommer, shutter spoed en ISO op mekaar en jou foto het.
LET WEL: Boegenoemde is net van toepassing in jou kamera se Manual / TV of AV (S & A - nikon) modes. In Automatiese modes verstel die kamera self die f-ratio, shutter spoed en ISO.
Vir CANON:
Tv - (S-nikon) stel jy die tyd en die kamera stel die res om die tyd te behou
AV - (A- Nikon) stel jy die f-ratio en die kamerta verstel die res om jou f-ratio dieselfde te hou.
M - Moet jy self die shutter spoed en f- ratio en ISO stel.
Ek dink volgende moet daar bietjie gepraat word oor die Kamera se lig-meter
Kamera Lig Meter

'n Tipiese DSLR lig meter: Heel links wys die shutter speed, dan die f-nommer en heel regs wys die ISO.
Die skaal in die middel wys of die foto te veel of te min lig het en en die wysertjie onder die skaal sal links of regs beweeg soos die spoed, f-nommer of ISO gestel word om te wys hoe dit die hoeveelheid lig wat op die sensor val beinvloed.
LET WEL. in Tv of Av (nikon S of A) modes sal die kamera outomaties stellings maak om te verseker dat die wysertjie in die middel bly. In M (Manual) mode moet jy self alles stel om te verseker die wysertjie is in die middel.
Neem ook kennis, die lig meter se skaal wys 'n -1 en -2 (na links) en dan ook 'n +1 en +2 (na regs) die 1 en 2 stel 1 stop of 2 stop voor. m.a.w + 1 stop of -1 stop. Halfpad is + of - 'n half stop.
Kamera Lig Meters TTL
Die DSLR se ingeboude lig meter word TTL genoem - Through The Lens.
Belangrik - die manier hoe jou kamera se ligmeter data verwerk en bepaal wanneer die wysertjie in die middel of die lig "reg" moet wees word bepaal deur die tipe lig meter mode:
Hier is die 3 basiese modes wat beskikbaar is:

In Manual kan die tipe lig meter gestel word afhangende van die kondisies. Heel regs, die spot meter is veral handig wanneer slegs die middel van die voorwerp gemeet moet word. Byvoorbeeld wanner 'n persoon teen 'n baie ligte agtergron staan, dan wil ons he die persoon self moet mooi lig en duidelik wees en nie donker in kontras met die agtergron nie. In so 'n geval gebruik die SPOT mode.
Heel links (evaluative of matrix) sal die hele raam se lig meet en die gemiddeld uitwerk. Die middelste opsie is tussen die 2 bogenoemdes. Weet dus wannner toestande verlang dat die meter tipe verander moet word.
LET WEL: Exposure compensation is 'n metode om vir die meter te vertel om 1 of 2 stoppe links of regs te kompenseer. Dit is basies 'n manual kalibrasie van die ligmeter vir 'n spesifieke geval waar jy bietjie meer in minder lig wil inlaat. Dit is gewoonlik net moontlik in Tv (S) of Av (A) modes en nie in M nie. In M sal jy self die verstellings maak en die wysertjie links of regs laat beweeg om minder of meer lig in te laat volgens spesifieke behoeftes.
NOG fotografie terme en…
NOG fotografie terme en belangrike kamera verstellings:
Nog 'n paar dingetjies waaraan ek kan dink om oor te gesels is ISO, Kamera spoed, Lens Lengtes, komposisie, en baie belangrik "Drive modes" en "Focus Modes"
Maar ek gaan nou 'n middag slapie vat, want as die weer toelaat wil ek Jupiter se "Red Spot" vannaand afneem asook Messier 61, (Spiral Galaxy) - so ek het die rus nodig om laat te kan wakker bly.
EK HOOP VAN ONS ANDER FOTOGRAWE SAL OOK BY-LAS EN DEEL UIT HULLE OOGPUNT EN ONDERVINDING.
Dankie.
Heng toe ek die draad begin het, het ek werklik nie sulke goeie en vinnige advies verwag nie.
Dit is fantasties om sulke raad op "skrif" te kry, nou kan mens op jou tyd elke stukkie advies rustig oefen en so jou (in my geval ) liefde vir foto neem verbeter.
Jy is reg Anton, die kamera met twee lense was 'n kit wat ek gekoop het, wou juis nie duur gaan nie. Ek is baie lief vir fotos, maar mens begin nie bo en end onder nie.
Die 300mm en die wide angel lens het my skoonseun vir my van Australia af gestuur, my dogter is erg op fotogragie.
Sood die ou wat in dir boks kryt in klim en lyk staan Mohamid Ali, maar in die eerste ronde met ambulans huis toe gaan.
Nag fotos
Anton, wanneer jy tyd kry, sal jy asb ook so paar tips gee ivm fotos in donker neem. Dit is iets wat ek baie mees sukkel. So byvoorbeeld hef ek probeer om verlede jaar die Bethlehem Ster wat net een keer elke 2000 jaar verskyn, af te neem, maar dit was 'n patetiese poging.
Johan (JPJS) se vrou is 'n…
Johan (JPJS) se vrou is 'n uitstekende fotograaf, sy het ook daai visarend in vlug af geneem.
Tjaart, ek stel vir eers my…
Tjaart, ek stel vir eers my kamera op outomaties, maar dit is nie vir my die idiaal nie.
Dit sal so lekker wees om bietjie die verskillende verstellings te kan gebruik, help mos nie jy koop 'n 4x4 om jou 3vt sleep waentjie te sleep nie.
Neem van Nag foto's
Johann. As ek dink aan nag foto's dan kom daar vinnig 5 opsies op.
1. Stel jou ISO op. ISO werk ook in stoppe, dus om van 100 op te beweeg na 200 toe is dieslefde as om jou sluiter 2 keer langer oop te hou of om jou lens 2 keer groter oop te maak.
Wanneer jy op die punt kom waar jou lens op sy grootste oop is (Max f-stop) en jou shutter kan nie stadiger nie want dit gaan beweging veroorsaak, dan kan jy altyd na ISO toe gaan.
Deur deur ISO nommer op te stel, stel jy ook die sein versterker op, en wat dit beteken is dat enige geraas wat op die sensor genereer word, gaan ook versterk word.
Deesdae kan 'n mens die kamera's se ISO nog heelwat druk en nogsteeds aanvaarbare foto's kry. Ek weet my eerste DSLR 350D kon en wou ek nie die ISO hoer stel as 400 nie. Met die kamera's vandag kan ek dieselfde resultate kry nadat ek die ISO opstoot na 1600 toe! Dit is 'n ekstra 2 stoppe of self 3! En is dieslefde as om die sluiter spoed 2 of 3 keer vinniger te maak. Hierdie ekstrta 2 tot 3 stoppe kan beteken dat jy jou foto kan neem.
Natuurlik as jy bereid is om met meer geraas in jou foto saam te lewe, kan jy die ISO selfs verder opstoot, na 3200 of 6400 toe. Party kamera's kan opgaan tot 25 600 of 51 200!
Intree kamera's vandag kan maklik foto's neem sonder opmerkbare geraas tot ISO 800. Maar dis jou besluit, mis die foto heeltemaal, of kry hom met bietjie geraas. Speel met jou kamera se ISO in die nag en kyk hoe lyk die resultate.
2. Fill In Flash. Dit is gewoonlik 'n outomatiese opsie op meeste kamera's en word ook night scene mode genoem. Die sluiter bly langer oop, en die flash word gebruik om die bewegende voorwerpe te fries. SO kan jy mense afneem wat nie blurry is nie, maar nogsteeds die lekker aand atmosfeer inkry met die langer sluiter spoed.
3. Tripod: plaas die kamera op 'n tripod of iets solied en hou die sluiter oop vir so lank as jy wil. Solank daar nie bewegende voorwerpe is nie, is hierdie ideaal vir Night Scens soos sonsondergange of veld en berg tonele wat deur maanlig opgehelder word! Natuurlik kan die tripod metode ook bygestaan word met 'n Flash (soos die fill in metode) en kan die sluiter oopgehou word terwyl die fotograaf rondbeweeg en gedeeltes belig met flash of enige ander ligvorm.
4. Vinniger Lens: Vinnige lense, soos byvoorbeeld 'n f/1.8 of self 'n f/1.4 of 'n duursame f/1.2 kan vir jou nog 'n ekstra 2 of 3 stoppe gee bo jou standaard kit lense en dit moontlik maak om met die hand en sonder baie hoe ISO aanvaarbare nag of lae lig foto's te neem.
5. IS, Image stabilisation: IS is deesdae amper standaard self op "kit" lense. IS kan 2 tot 3 stoppe beweging kompenseer, saam met hoe ISO en 'n vinnige lens kan ongelooflike resultate met die verkry word. LET WEL: IS sal nie kompenseer vir bewegende voorwerpe nie en in so 'n geval is sluitespeod die enigeste manier om hulle tot stilstand te laat kom!
TIP 1. wanneer 'n tripod gebruik word, maak ook gebruik van 'n remote of kabel shutter release. Dit stel jou instaat om die kamera te aktiveer sonder om daaraan te raak en sodoende beweging voorkom.
TIP2. Neem BAIE foto's! Met Digitaal is die koste van film nie meer 'n beperking nie! Neem baie foto's met verskillende kamera opsies en leer die effekte en resultate ken.
Tip3. Leun teen 'n boom of muur, kniel op een knie om sodoende 'n 3de punt vas op die grond te kry vir meer stabilitiet en minder beweging. Asem uit, plaas een hand onder jou lens.
Dankie Anton
Dankie Anton, ek het nie vergeet van die draad nie, net beperk met sein stetjte en tyd.
Ons kamp twee brakke uit takke hier by Buffelspoort.





Ek sal ook wil weet. Altans…
Ek sal ook wil weet. Altans Elma. Sys die een met die kamera.