Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/09/2021 - 10:14

Dagsê vriende,

  STEEK AF JOU KLEIM, TANNIE!

   Jul gister van my neef Carel vertel wat Sondag afgesterf het. Baie dankie vir almal se boodskappe. 
   So n maand gelede kamp ons saam met n niggie en haar man daar in die wildtuin. n Maand vroeër het hul saam die genoemde neef by Die Eiland gekamp.
    Vertel sy my die storie. 
Maar nou wil die oom eers vra dat jul die ding met jul prentjiebrein moet lees. Die storie moet soos n rolprent voor jul afspeel. 

Die Eiland is gewild onder die ouer mense om te gaan oorwinter. Hul migreer soos swaeltjies na daai Eiland toe. Van daar dan die naam wat die afgetredenis nou ook gebruik. Hul noem hulself "Swaeltjies"
    Nig Anasophie, neef Carel, neef Riaan, en hul gades, kamp saam. Drie karavane. Neef Carel hulle kamp blykbaar neffens n paadjie wat swembad toe loop. Almal moet glo daar verby. Sou hul daar by die waens wees en hy sit buite, het hy tipiese oud plaaskind, almal gegroet met n handwuif en n goeie môre, middag of naand. Jul weet mos, met n warmswembad swem die ouens tot laat. Soos n spietkop wat die heeldag puntdiens gedoen het was hy dan stokflou as hul gaan inkruip in die aande. Dan lag ons te lekker.
 Vertel sy van die dag wat daar nuwe bure intrek oorkant hulle. Die ou tannietjie is dadelik uit die moustertjie om hul "stand" te bekyk. Op twee punte wat sy sien die staanplek is gemerk, tree sy die tree af tussen in. Die ou omie kyk gedwee toe. Stap sy na die anderkant van die erfie. Lyn op met n denkbeeldige lyn na die merker. Druk haar tekkie punt in die grond en trek n streep. Hakskeen op die streep, tree sy nou haar gemete afstand af. Sulke laaang tree, vertel Anasophie. Trek weer n streep met die tekkie se punt. 
  Nou het sy hul "stand" mooi afgemeet. Kyk, sy ken haar sizes, sê ou Bartho, Anasophie se man. Nou begin die oom instruksies uitvoer. Soos n army sammajoor blaf sy die een na die ander opdrag uit.
    Die karavaan moet so staan. Die tent tot hier, die multiroom hierdie kant. Die Canvas gazebo met toe kante se plek het sy ook so met die tekkie se punt afgemerk. Die het later geblyk die kombuis te wees.
   Ou neef, sê Bartho, slaat hul daai afgekleimde stand kant en wal op. Van die een lyn tot die ander. Die voorste tentpenne neffens die pad ingeslaan. Waar hul al daai goed uitgehaal het, die weet ek nie, sê hy. Bartho reken hul moes seker huis opgegee het. Alles saamgebring, dink ek, sê hy. 
     Toe hul klaar is, sê sy vir die omie wat toe pas stokflou in n stoel neergesak en met bewende hande sy pyp aansteek, ou man, jy moet maar kyk waar jy jou braaier wil staanmaak.
    Die bure was nie baie gelukkig toe hul terugkom by hul karavane nie. Die nuwe bure is dan nou op hul drumpel.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 05/10/2021 - 07:58

Dagsê vriende,

                TEENVOETER.
 
    Wat vir ń ding het ons hier? Sien ek gister die monster Mercedes daar in Vanderbijlpark. Dit moet een of ander teenvoeter wees vir padvarke. 
    Nou begin die oom sê kop allerhande prentjies in sy kop speel. Die ouens wat so uitswaai vir slaggate reg voor my in. Sal dit nie lekker wees as ek vir die gunner kan skree " Skiet" nie. Hy sal dit seker eers kan doen as ek die Merc weer op die pad het, want sien, om ń ongeluk te vermy moes ek van die pad af. Dit gebeur regtig dat jyself dan in ń ongeluk situasie beland.
   Ek sal die wiel met spikes op die neus vervang met ń ordentlike lemsaag wiel. Dan kan die lem voor op die neus ook werk as daar n ou voor jou indruk. Of dalk as hy skielik in die pad stop om passasiers op of af te laai. Saag ek dan sommer die ou moustertjie middel twee. 
     Die Merc het ook ń stewige hak met chackles, n rigger se droom,  waarmee jy ouens uit ń parkeerplek sal kan sleep. Dit is nou ouens wat nie reg stop nie. Of sommer ook die geen parkeer tekens minag.                 
     Ander springlewendige ouens gebruik weer die gestremdes se parkering. Hom wil ek daar uit tou. Die Merc het ń hammer, byl en n pik waarmee jy hom lekker vol gate en duike sal kan slaan.
     Het tot n TV skottel dat die vrou nie haar sepies mis nie. Ek is net bevrees sy gaan al die aksie hier rondom haar mis.
   Ou broer, daai mouster het nou alles, pikke, grawe, sae, breekysters, byle.Tot n cutting torch.
   Kom nou, roep die ouvrou hier vanuit ons mouster waar ek gestop het om die Merc af te neem. Ons het nog ver om te ry Bethlehem toe.
    Wederom broer, wederom.

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 06/10/2021 - 09:00

Dagsê vriende, 
 
     TEENVOETER EN VRIEND.

 Julle gister vertel van die Mercedes wat nogal die indruk kan wek dat daar baie padwoede in ons land is .Veral nadat ek die ouens se reaksie op verskillende groepe gesien het. Baie ouens daar uit die Vaal Driehoek het gesê wag tot jy die ou se bakkie sien. Blykbaar het dieselfde eienaar twee sulke voertuie. 
   Ons gaan kuier gereeld vir ons kinders daar, en kan jy glo ou broer, die oom het al die bakkie ook daar raakgeloop by Checkers in die gat. So noem hul die plek omdat die ontwikkeling in n gat of vleiland gedoen is.
     Die Saterdag is ons soontoe en ek sien die bakkie. Vra vir die passasier of ek die bakkie mag afneem. Hy verseker my dat sy vriend, die eienaar nie sal omgee nie.
   Ou broer, het daai bakkie nou vir jou goeters, tot n doodskis bo op die dak. Was te bang om te vra of daar iemand in hom is. Nogal so n, soos die kjênders sê, so van n "vibe" opgetel. Toe verstaan die oom ook wat beteken n "vibe"
  Dit is so n rilling wat hier in jou se ruggraat afgaan, myne het gepaard gegaan met so n grilruk van die lyf. Gevoel of ek nou net n spook gesien het. Martelkamer goete ou broer. Kettings, spikes, ysters met skerp punte. 
  Toe dink ek nou so oor die saak, die Merc gebruik jy om die padvarke uit te sorteer, die bakkie seker om skoon te maak en weg te voer.
   Wat maak jy vra die tannie, droom jy al weer?  Nee vrou, sê ek, ek skryf vir myse mense. Loop maak vir ons koffie, kom die eerste opdragte. Toe ek gangaf loop om te gaan koffie maak, wonder ek so by my selwers waar sal ek van daai goeters kan koop wat daai man op sy voertuie het.

Vreugde en vrede vir julle.
NS. Ek gee altyd my stuk vir die ouvrou om te proeflees, dink julle ek moet die een maar net post.😁

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 12/10/2021 - 16:27

Dagsê vriende, 

            HUIS LAASTE ASEM.
               (Paaldans lesse)
  
    Nee, dit is darem nie die ouetehuis se regte naam nie. Jy kry nogal interessante name.  n Gewilde naam is Huis Herfsblare, n ander een is Huis Sorgvry. 
   Nou het hul mos allerhande aktiwiteite om die oues van dae besig te hou. Daar is bv, Bybelstudie, speletjies, blokkiesraaisels, oefeninge ens. ens.
    Vertel iemand my nou een dag van haar ou moeder, amper negentig wat in Huis Laaste Asem (skuilnaam) is. 
   Besoek sy haar ou moeder die dag. Ou mense raak mos so half en half doof, vra maar die uwe. Dan praat ons mos hard, asof dit die ander ou is wat nie kan hoor nie. Nou sal ek maar in hoofletters skryf as die tannie praat dat jul mooi kan verstaan. Verloop die gesprek min of meer so. 
    Môre mammie, hou gaan dit?
    DAGSÊ KJÊND, GAAN MET MY GOED, DIESELLE KWALE ELLE DAG.
    Ek is bly mamma, wat doen mamma hul nou bedags?
AG JONG DIE GEWONE. MAAR KAN JY GLO MY KJÊND, DAAR HET NOU N NUWE DING SY KOP HIER KOM STA EN UITSTEEK.(dan bly sy stil)
    Wat mamma?
MY KJÊND, HIER IS NOU SO N NUWE MEISIETJIE, HET DIE KJÊND NOU VIR JOU N LYF, AL WAT N OU MAN IS WIL NOU HUL SE KIERIES WEGGOOI. SKOON ORIG SÊ EK JOU.(weer bly sy stil, asof sy vergeet het wat sy vertel.)
  Ja mammie, vertel verder, wat doen sy hier?
SY KOM GEE VIR ONS PAALDANSLESSE. (Die dogter val amper uit haar stoel uit)
 Mammie, dit kan nie wees nie. 
IS SO, PAALDANSE SÊ EK JOU!
  
Die suster doen haar rondtes en kom ingestap

 VERTEL BIETJIE VIR MY KJÊND VAN DIE PAALDANSLESSE WAT ONS NOU KRY.

 Lyndans lesse tannie, nie paaldans lesse nie. 

MAAR DIT IS WAT EK DAN NOU NET GESÊ HET.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 13/10/2021 - 08:45

Dagsê vriende, 
 
                 VRA VIR JORS.

 Ek kry dit nou al meer en meer dat die mense nou die oom se raad vra op FB groepe, en julle ken my, ek sal altyd help waar ek kan. 

Gister kry ek die op n kampgroep van  Blackie Swart. Ek haal aan.

Móre almal, ek wil graag weet, HOEKOM ! bou hulle oord toilette met die deur wat binne toe oopmaak, ek moet of bo op die toilet staan of myself inwurm wydsbeen oor die toilet om die deur toe te kry, na daai gesukkel is die drukking so erg dat ek die deur sommer ooplos !!!! Kom Jors, verduidelik hoekom !!!!_???

          Oom Jors antwoord.

Blackie, laat die oom jou nou eers vertel, die ding werk nou eigenlik so. Vanmeleë jare het die mense longdrops gebruik. Baie van hulle het nie deure gehad nie en was meestal op plase. Daar was min mense, so daar was nie n toestroming soontoe nie, deure was dus onnodig. Materiaal was ook goedkoop. Die longdrop het ook stronke gehad vir jy weet wat. Rooies en wittes in twee afsonderlike tamatiekaste weerskante van jou. Jy gebruik eers die rooi stronke en dan n witte om te kyk of jy nog rooi stronke moet gebruik. Later jare het daar koerante en telefoonboeke uitgekom wat toe stronke vervang het. Die telefoonboeke het goed gewerk met die wit en die geel bladsye. Toe kom selfone en die telefoonboeke word dunner, dit is nou vir al die mense.
   Blackie, , , , wat was jou vraag nou weer? O ja, van die deure. Dit is einlik die kampeerders se eie skuld, hul breek die slotte. Slotte is duur om te vervang, toe maak hul dit so dat die deure binne toe oopmaak. Die afstand van die deur na die toilet is so gemaak vir klein seuntjies. Eigenlik is dit maar net sodat jy die deur met jou groottoon kan toe hou. As hul nog omgedraai was sou jy die deur oopgeskop het, tot jou eie verleentheid. Jy maak verder melding van wydsbeen oor die toilet. Kom die oom stel dit nou maar so, hou dit maar eerder wydsbeen. Hoop die verduideliking help jou in jou tye van nood. Vreugde en vrede. 
Jors. 
NS. Hoe gaan dit met Trixie se spene?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 14/10/2021 - 11:48

Dagsê vriende, 

            WAAR IS DIE DAE?
 
     Ou maat, vanoggend word ek wakker met n verlange in my hart. Vertel hul as jy oud word vergeet jy goed. Seker so, maar hoekom kan ek dan nog die dag onthou wat die foto geneem was? 
  Hoekom kan ek onthou hoe n potlood ruik as jy hom in n draai skerpmaker druk en die slingertjie draai? Kan selfs die reuke van n pennekassie met die gegeurde uitveërs onthou. 
  Die speelgronde, hoe ons touches, bok in die hok en rugby gespeel het voor skool. Kaalvoet tot diep in die winter. Hoekom kan ek nog die reuk van n pas oopgemaakte kosblik, pouses onthou? 
  Pouses was dit giffie, tol gooi, albasters met groot yster ghoens, blink gespeel.
  Hoekom kan ek nog die ou skoolbus onthou? Ek ruik hom sommer weer, sien hom sommer ook weer voor die skool in die son staan, waar hy wag om ons weg te voer na waar ookal.
  Hoekom hoor ek ons weer sing " OOMIE TRAP DIE PETROL DAT ONS VINNIGER KAN RY" ? 
   Al hierdie dinge kan ek goed onthou.
  Hoekom kon ek nie gister onthou om brood en melk te koop nie? Nou is swart koffie my voorland. 
  Hoekom kon ek nie gister onthou dit is my vrou se verjaardag nie? O hang nee jammer, dit was al in Junie. Waar is die oom se gedagtes nou weer?
  Ou broer, nou vra ek jou, hoekom?

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/10/2021 - 17:00

Dagsê vriende, 

               VUILJAS DAANTJIE

      Ou Vuiljas Daantjie was n man wat baie jare gelede geleef het. Hier in die dertiger jare. Toe was hy al in sy sestigs. So hy was n agtien honderds baba, vertel tant Annette ons gister. In kort het almal van hom gepraat van Vuil Daan of Daantjie
    Maar kom ek gee jul eers n bietjie agtergrond. Ons was gister na n familielid se voorstelling toe. Pragtige groep kinders, n wonderlike geleentheid, treffende boodskap. 
   Na alles is almal weer terug plaas toe waar hul woon. Nou is dit koek en tee. Plaasmense ken van koek en tee. Die tafels dra swaar. Daar word om n tafel gekuier. Drie tafels so aanmekaar gelas in die groot ou plaashuis. Ons is so veertien stuks. Die jongste dertien, tannie Annette druk nou vir negentig. Groot ouderdomsverskille in die groepie mense. 
    Pieter, die oupa van die voorgestelde seun word nou eerskomende verjaardag tagtig. Hy en Linda is nou vyf en vyftig jaar getroud. Sê ek dit is wonderlik en jul is so geseënd, sê hy, dankie Jors, maar kom ek jou nou sê ou broer, kuier en bly is twee verskillende dinge. Dink ek so by my selwers, dit is so. Om by iemand te kuier is een ding, om by iemand te bly is n ander ding.
  Die ouderdom bring wysheid, sê hul mos. 
   Nou vertel tannie Annette verder van Vuil Daantjie. Jong, die kinders was altyd vir hom bang. Hy was n befoeterde ou man. Hy het hoeka een dag n jong boer oor n nietigheid met sy sambok bygekom daar in n driffie by die spruit. Hom bo van sy perd afgeslaan met die sambok en hom toe n goeie loesing gegee. Daai jare was daar nog baie respekte vir ouderdom, nie soos nou se dae wat n snuiter jou sommer jy en jou nie, sê sy verontwaardig
  Ek dink hy was nog een van daai wat net een maal n week gebad het. Sy ou jas was vuil. Altyd vol kolle en besmeer. Hy het gepruim en dikwels te kort gespoeg en die lapel getref. 
    As jy hom gesien het sou jy dink hy is n arme ou boemelaar. Hy lyk te naar. Eendag kom hy by n plaasveiling. Die afslaer wys almal daarop dat dit n kontantkoop moet wees. Daai jare het die mense nog maklik plase verkoop as hul tot n afbetalings akkoord gekom het. Dit is nou vandag mos n kontrak, sê sy.
   Vuiljas Daantjie begin ook bie en die afslaer wys hom weereens daarop dat dit n kontantkoop moet wees. Dink jy ek is dox..x..x doof, snou Vuiljas hom toe en bie nou erg kwaad, verder. Hierdie plaas soek hy. 
     Die bod word op hom toegslaan en hy sê vir die afslaer, kom saam laat ek jou loop betaal. Hul is toe daar weg na sy perdekar wat daar eenkant onder die bome nefens die opstal gestaan het. Die het n wakis opgehad, maak hy hom oop en word die ponde een na die ander uitgetel. Toe hul klaar is, sê sy daar was nog genoeg oor om nog n plaas te koop.
   Later het iemand hom vir sy verjaardag n nuwe jas gegee. Hy het gestry, hy wil nie sy ou jas uitrek en die nuwe een aantrek nie. Later oorreed almal hom, vies trek hy die ou een uit. Die hele jas was vol sakke gewerk aan die binnekant. Almal volgeprop met geld. Vuil Daan was al die jare n skat... skat..skatryk man. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 22/10/2021 - 08:50

Dagsê vriende, 
       
              WORD GOU BETER.

 Ou Nig, het die oom darem nou gister vir julle gelag met jul opmerkings, toe ek jul vertel het hoe dit nou gesta en kom het dat ek vier slaappilletjies na brekfis gedrink het.
    Vanmôre voel die oom nog maar so half en half zombierig. Man was die ouvrou nou vir my de dinges in oor die petalje dat ek my pille sta en omruil het.
   Nou gaan my dae en nagte heel omgeruil raak. Moes juis saam ou Wagter die erf patroleer die vorige nag na die vrou nie van my atensies gehou het nie. Sien ek het mos die heel dag omgeslaap.
    Met die wat ek nou n nag saam met Wagter deurgebring het verstaan die oom nou beter hoekom honde in die dag lê en slaap. Sien, die ding werk nou so, hul was die heel nag aan diens gewees, vra maar Wagter en my.  n Hondelewe is nie so maklik nie. 
   Haha, vertel Herman Venter, ook n gereelde leser van my stories, my die ding. 
    Hy lees nou die dag van die ou wat vir sy vrou n "WORD GOU BETER" kaartjie gekoop het. Ewe met n koevertjie en al. 
    Nou dink die oom as die man ook maar net n ou bossie blomme saam gegee het sou hy ook nog oraait gewees het.
 Gee hy die kaartjie vir die vrou, haar oë skitter soos diamante wat vir die eerste keer in die lig gekom het. Hulle raak so, come to bed-erig.
   Maak sy hom oop en daar staan.
               "WORD GOU BETER"
                   VAN: JOU MAN.
 Ek is nie siek nie, sê sy. Nou spoeg daardie selfde oë vuur. Ek weet, sê hy. Ek wil net hê jy moet n beter mens word.
    Nou probeer die oom net vastel of is hy opgeneem of al begrawe? Ken iemand die man?

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/10/2021 - 07:46

Dagsê vriende, 

                 ARME KOOS.
   
      Ek wonder darem hoe die mense by die ding gesta en uitkom het. Wie het nou die heel eerste Koos vd Merwe grappie vertel. En hoekom het almal gedink dit is snaaks en toe die grappe oor hom gesta en uitdink. 
  Die arme man het swaar met sy naam. Kyk maar net hoe het onze voorouers ook sy naam gebruik, of is dit altemit misbruik. Vanmelewe  het jy mos  n Koos onder die katel gekry. Dan het hul hom so aan die oor uitgesleep as hul hom nodig gekry het. Ook sommer vir Koos so aan sy oor opgetel die volgende oggend.
    Laat dit my dink aan die oumense met die name wat hul vir alles gegee het. Hul het gepraat van mouster, die het hul in die waenhuis getrek.   
 Die waenhuis was ook n tipe stoor en het gewoonlik sommer hier neffens die opstal op die werf gestaan.
   Gewoonlik so na n laer gedeelte was die longdrop. Ek ril om dit te sê, hoër op in die erf was n put, met n riem aan n emmer, om huiswater te trek. 
   En was die ou ooms lief vir hul pruimtwak, pyptwak en snuif. Saans het hul gramradio of dan draadloos geluister. Die ou gramradios het nog valves gehad wat eers moes warm word. Ook n grammofoon gekry.
  Vroegaand is dit katel toe met sy klapperhaarmatras en dan word daar ingekruip. 
   Ja ou broer, om n blaker en kers is daar huisgodsdiens gehou, dan is daar op hul kniege gegaan om te bid. Sou hul groet, groet hul met n "tot weersiens" n "wederom" of "as die Here wil, praat ons weer môre".

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 28/10/2021 - 09:46

Dagsê vriende. 

        ELEKTRIESE TOEBEHORE 
                     TE KOOP.

     Ou nig, kyk ek nou gisteraand nuus. Gelukkig was daar krag dat ek dit kon sien. Hul sê ons moet krag spaar. Alles afsit dat ons krag kan hê om hul waarskuwing te kan sien. Een of ander masjien kry nou swaar, praat hul van hy vat nou te veel load. Swempadpompe en allerhande sulke goed moet jy nou loop afsit. Die oom het nie eers n swembad nie. Miskien moet ek maar een insit, so vir al die brande en sulke dinge, wat dink jy?
    Sê ek vir die vrou, terwyl hul masjiene nou so baie vat kan ons nie ook maar so ou ietsie vat nie. Sommer dadelik opgestaan en vir ons n ou ietsie ingegooi.
   Nou kry die oom nie lekker die kloutjie by die oor nie. Al die ouens adverteer om verkope op te stoot. Hu-ê, nie hulle nie, hul vra jou baie êrenstig om nie hul krag te gebruik nie.
  Kry hul ook nou nie die kloutjie by die oor nie. Nou praat ek van die ouens wat daarvoor moet sorg, vir krag nou, bedoel ek. Laat dit toe nou die oom dink toe ons onlangs in die wildtuin was en ons die mamma en kleintjie (op foto) raakgeloop het. 
   Kyk, die ou moedertjie kry ook maar swaar. Jy kan aan die lyf sien sy is uitgesuig. Kan ook nie meer bybly met die aanvraag nie.
   Nou dink die oom nou so oor die saak. As hul ons nou so wil speen, moet ons nou nie dan maar al ons ou elektriese goedjies verkoop nie. 
   Dit is nou soos die chipfryer, lectric panne en al hierdie lectric goeters wat in die kombuiskaste staan. Die oom het hoeka al die ou lanterns en parrafien lampe vol gemaak. Die Primus staan ook sommer weer op die kombuiskas.
   Sê ek vir die vrou ons moet nou aan die die ding gewoond raak. My woorde was skaars koud toe gaan die die krag af. Is ons toe nou daar kamer toe met n blakertjie en die kortste kersie wat die oom kon kry, die oom het ook maar n kans gevat. Vra die tannie nogal vir my, "hoekom skitter jou oë nou so in die kerslig".
  Jong maar het ek nou vir jou n toets gedop, skaars in die kamer gekom toe kom die krag aan. Het ek nou vir jou soos n bobbejaan gevoel met die kers blaker en planne. Sal mos nou nie goed lyk as ek nou weer die krag loop afsit nie. 
   Weet nie hoekom ek toelaat dat hul n spanner in die works kom gooi nie. Moes ek toe nou maar my vingers natlek en die kers dood druk, soos in vanmeleë.

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 04/11/2021 - 14:41

Dagsê vriende,

        " COUPLES MASSAGE " 

   As jy nou vir Ann my vrou gaan vra gaan sy sê ek is vreeslik kleinserig. Ek dink nie so nie.
   Op n staduim kry ons n geskenkbewys van die kinders vir n, wat hul noem n "couples massage" by n Spa waar ons op vakansie was.
    Nou wat weet hierdie oom nou van al hierdie goeters. Trek ek my kakie kortbroek en bootse aan, met n ligte kakiehemp, die se skouers en sakke is weer van groen lap gemaak. Julle ken seker daai hemde. Boerseun man, pure boerseun. Ek meen nou, ek kom nie verniet van Ventersdorp af nie. 
   Vra Ann, gaan jy so, en ek kry daai kyk, julle ken seker daai kyk. Ja, sê ek, ek trek lig aan want ek moet alles weer gaan uittrek. Die kyk bly. Hy gaan nie weg nie. Dog so by my selwers, jy kan maar kyk, ek gaan nie my mind change nie. Hardegat man, hardegat sê ek jou.
   Stap ons van die huisie af na die panelbeaters toe. Grand man, sê ek jou. Almal daar het sulke netjiese blougrys uniforms aan. Alles spierwit geverf met sulke portrette met verskillende kleure strepe teen die mure. Weet tot vandag toe nie wat hul geteken het nie. Geel en blou kussingkies op n leerstel daar in ontvangs. Sit n oomblik, sê die dametjie in ingels. Hierdie plekke praat almal ingels, weet nie hoekom nie. Op die tafeltjie is boeke, almal oor "healthy", rome en olies. Ken die bleddy mense nie die Landbouweekblad nie, wonder ek.
    Roep hul ons naderhand om saam te stap. Daar in die kamertjie gekom, staan daar twee sulke smal bedjies. Sê ek vir die vrou, hoe de dinges moet ek op die ding gelê kry, het hul nog nooit van dubbelbeddens gehoor nie. 
   Sê sy ons moet uittrek, ek moet glo my onderbroek aanhou. So asof hul seker gehoop het ek gaan hom uittrek. Dan moet ons op die bedjies op ons mae gaan lê met die  wit handoekie oor onse agterstewes.
    Ons, hoe sê n ou nou die ding ou swaer, masseusese sal nou by ons wees. Stil is sy toe daar uit. Kom ek naderhand daar agter so n screen gedoente uit. Wit borsie, wit bene tot so halpad knie toe met my wit voete. Ken jy n boeretan, nou net so. Ewenwel, kom ek daar uit met die wit ou handoekie, ek dink dit is n gesig handoekie.Hy maak so die helfte van my een heup toe, rondom die ander een tot so halfpad om die ander wang. Ek lyk naar ou broer, naar sê ek jou. 
  Wou eers de hel in raak toe die vrou vir my lag, maar het naderhand saam gelag oor hierdie storie. Sy lê al op haar bedjie. Net haar skouers arms en onderbene steek uit. 
  Ou broer, wat n storie om op daai bedjie te kom en dan agterstevoor daai handoekie oor my gat gegooi te kry. Trek ek hom oor, neuk hy af, dan is ek weer af van die bed af om te gaan optel. Sukkel ek weer terug, dan neuk hy weer anderkant af.
  Ann het hom naderhand kom opgooi en gesê, "lê stil" en weer op haar bedjie gaan lê. Nou druk jy mos jou kop daar in so n gat gedoente in, dit is nou waar daar eintlik n kussing moet wees. Ek lê stil, met my lyf wat weerskante van die bedjie afhang.
     Nou lê ons en wag. Sê vir die vrou, kom ons loop, ons kon al in die see gewees het. Net toe stap daar twee sulke skraal Zulu dames in en stel hulself voor. Hulle het sulke groenerige outfits aan, vir die oom gelyk soos teater klere. Nou wil ek regtig loop, sê ook vir die vrou, ek loop. Sy paai my met haar strelende stemmetjie en die oom bly toe nou maar lê. 
  Nou word gesê ons is daar vir n "full body massage", so asof ons dit nie weet nie, en ons word afsonderlik gevra hoe ons dit wil hê. Deep, meduim of soft? Omdat ek weet ek is groot en ek is nie n sussie nie, sê ek deep.
     Nou word daar sulke ou olietjies in die hande gevryf en die lyf word sagkens besmeer. Ou broer, dit was maar net om my sag te maak. Nou weet die oom nie, het my kakieklere wat oor die schreentjie gehang het of dalk my boeretan dalk daartoe aanleiding gegee nie. Miskien het sy gedink toe sy dié gesien het ek is van die AWB of iets dergeliks. Of net dalk het haar voorvaders haar nou gestaan en vertel ek is n boorling van Ventersdorp, die sal ek nou nie weet. 
   Begin sy my daar te message, soos hul nou sê, deep. Nog nooit het die oom so gewens hy was maer nie, daar sou baie minder plek gewees het om in pyn te verkeer.    Staan sy hier by die koppenend, sien ek hier deur die gat haarse voete, haar tone krul om van lekker kry. Wil ek regop kom, druk sy my plat. Seker pap ge-eet vanoggend. Sy druk met haar elmboë reg deur my rug tot op my borsbeen. Dan trek sy hom uit en doen dit weer van vooraf. Ek kreun en steun, klink of ek in n martelkamer is.
   Het sy nou Chaka, Dingaan en al die krygers se griewe alles op my kom uithaal. Sy het nou vir my verniel, nie bietjie nie.  
    Toe die oorlog verby is het daar n borrelbad en champanje vir ons gewag, so asof ons gewen het en ons dit moes vier.
   Terug by die huisie, sê Ann, nou gaan ons strand toe. Nee sê ek, ek het nou so n lamgeit oor my ons moet n bietjie gaan lê. Eers die middag drie uur wakker geword. Soos n baba geslaap. Eintlik was dit toe lekker, die "couples massage"

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/11/2021 - 09:14

Dagsê vriende, 

           "BEFORE EN AFTER"

  Ou broer, nou praat ek nie van n fototjie van toe ek nog jonk was,  en nou n verlepte ouman is nie. Ek praat van ouens wat goed raaksien, dan sien hul mos in prentjies. Ingekleur die toetie.
   Vandag vat ek jul terug na die vroeë negentien honderds, darem nog voor my tyd ou maat. Ek meen ek lyk baie oud, maar magties, daar moet darem iets wees wat oorgelaat word aan, oorlewering soos die oumense gesê het.
   Nou moet jul ook in prentjies beginne kyk.
     Sien soos in die jaar 1909.
Dit gaan swaar met die boere. Ruilhandel was nog n manier van oorlewing daardie jare. Boerseep word byvoorbeeld geruil vir suiker. Dalk n skaap vir linne waarmee die vrouens weer klere kon maak vir die kinders op haar Singer naaldwerkmasjien. Daardie jare nog trapmodelle.
   Eendag kom n sekere oom Frans de Wet met sy vrou, kinders, tasse en sy trek op Aberfeldy stasie aan. Aberfeldy is tussen Harrismith en Kestell. Hy werk vir die SA Suiwelraad. Die eerste vraag wat deur die boere gevra word is, wat kom jy hier maak? 
  Hy verduidelik dat hy n kaasfabriek hier kom oopmaak vir die boere. Hoe meer galonne melk die boere kan lewer hoe meer ponde in hul sakke. Ek kan maar net dink hoe skepties boere hom seker aangekyk het. Daar word vertel dat van hul hom selfs uitgelag het.
    Hy reël n vergadering in Harrismith met die destydse "Zuid-Afrikaanze" roomraad. Kry oom Frans n vet tjek en n span klipbouers, die planne begin in plek val.
   Aberfeldy se kaasfabriek word gebou en gaan van krag tot krag. Die geld in die sak help boere ontsettend baie.
   In 1951 tree oom Frans as n ou man af. Sy prentjies van die fabriek het vorm aangeneem. Die kaasfabriek was n groot deurbraak in die depressie jare en het menigte boere daardeur gehelp. Aberfeldy was bekend vir hul kaas en botterroom. 
  Met oom Frans se aftrede neem oom Scott Venter oor. Oom Scott is die kaasmaker, ant Toet die boekhouer. n Gedugte span. Saterdae kook sy in die einste kaasfabriek se kombuis vir die polospanne by die stasie etes. Die polobaan was naas die stasie, net oorkant die pad vanaf die kaasfabriek. In 1961 kondig die Romery Raad aan dat hul die kaasfabriek na Harrismith verskuif en voortaan as Carnation gaan sake doen. 
   So het die grond van eienaars verwissel en was die gebou as stoorruimte benut, al die jare.

                          2021
    Dit is nou net hier waar die oom se eintlike storie nou wil inkom. Bernard Fourie, n sewentienjarige seun, n liefhebber van oudhede en geskiedenis, vra sy ouers, die huidige eienaars of hy vloerplanke, ou staalplafonne en allerhande oudhede wat hy opkoop daar kan gaan stoor. Hy stap in die ou kaasfabriek in. Wat toe al in n redelikke vervalle toestand was. Dadelik begin die prentjies in sy kop vorm aanneem. Hy het die invallende plafonne een kyk gegee en net nog meer prentjies gesien. Hy sien n "trou venue"
     Met sy ouers se hulp het hy n ding aangepak ou broer. Al moet die oom dit nou self sê, die oom het gedink hy hap groot.
    Maar helaas.Binne minder as n jaar het die kjênd sy prentjie laat bewaarheid. In die proses op verskeie ou dokumente afgekom. Die eerste troue was die afgelope naweek. 
   Is die Aberfeldy mense bly. DIE KAASFABRIEK is na sestig jaar weer oop. 
  Man, het die oom darem baie moed vir die toekoms as ek hierdie dinge sien.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/11/2021 - 06:47

Dagsê vriende, 

            WAT STAAN HIER?

    Verstaan die oom mos nou die ding nie so lekker nie. Ek kon nog goed onthou hoe ek geleer skryf het as kind. Hoe ou juffrou gesê het, ligter op boontoe en harder af ondertoe. Selfs die hoek waarteen geskryf word is ons ingedril. Groot letters op blokkiespapier. Duidelik leesbaar met ons jong oë en goeie sig. Tot oumense kon dit maklik lees daardie jare.
    Maar nee ou broer, toe wag hul laat ons oud word en sukkel om te sien. Loop staan en maak hul die skrif mos kleiner dat jy dit nie eers met n bril kan lees nie. En as hul nou wil fancy wees skryf hul met sulke draaie en krulle wat gin mens kan verstaan nie.
   Het die oom nou n probleem met die pille en medisyne saam. Kan nie sien wat hul sê nie. Sukkel baie keer om dit met n vergrootglas te lees. Ai, die medisyne mense, darem. 
   As daar staan, voubiljet binne, het jy nog groter moeilikheid. Nee, hul skryf nie groter nie, inteendeel, lyk dit of dit nog kleiner is. En moenie dink hul het nou papier om dit te doen nie, nee, hul gee net meer nikseggende inligting.
     Nou het die oom slim geraak met die phonetjie. Neem n foto en dan zoom ek in. Lees jy dan allerhande goed raak soos die goed nou. Die vrou sê dit sal ons help met allerhande sure in onse liggame. 
   Hou die oom sommer dadelik van die goed, help glo ook vir welvarendheid. Nou kan die oom nie wag dat sy skip inkom nie. Die bloemen vlermuissiekte moet nou wyk dat die hawens weer ten volle kan werk. Die tyd stap aan en onse tye raak nou min. Of wat sê ek alles.
   Sê ek vir die ouvrou ek gaan dubbel die dosis drink, vir die welvarendheid nou. Reken sy my ek is laf. Is laf nie iets wat snaaks proe nie, ou broer?

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 19/11/2021 - 15:58

Dagsê vriende, 

JY KEN NIE MISKIEN N PLASTIESE CHIRURG NIE?

    Ek het jul gister vertel van die vrouens wat so onder dié manne se hande deurgaan. Dan maak hul mos nou die vrouens voller, gladder en allerhande sulke goed. 
   Jul ook vertel van die program op TV wat my vrou sê, van die meisie wat onder die mes was, ek moet dit glo kan sien. Sy lyk glo soos n kropduif. Bolangs nou, nê? Toe het ek mos nou eergisteraand die heel nag oor dié meisies gedroom. Kon mos nou in jou dag des lewens nie die goed vir die ouvrou staan en vertel nie. Sy sou my doodmaak.
   Nou het die oom al gelees dat jou onderbewussyn eintlik maak dat jy oor sekere goed droom. 
   Met die wat die krag weer gisteraand af was sit ek en die ouvrou toe maar vroegaand so n bietjie buite. Met n ou glasie wyn in die hand, sê ek vir die vrou sy lyk baie mooi vanaand. Kyk sy my so liefdevol aan en sê dankie. Jors van Heerden, ek is lief vir jou, sê sy. En ek vir jou, sê ek.
     Kyk ek die tuin so, heel mooi gemaak. Loop staan die oom se kop nou weer en dink aan die dokter wat die vrouens ook so mooi maak.
   Sê vra ek vir die vrou, sal dit nie kan werk as hul nou, in plaas van die silicon sakkies wat hul so bolangs inplant eerder lugsakkies maak nie? Die goed begin naderhand glo lek en dan kom daar komplikasies met die silicon saam. 
   Ek meen mos nou ou broer, die valves kan hul mos nou mooi wegsteek daar. Dan kan die vrouens self besluit oor die grote, een bar of twee bar.
  Sy reken my ek is laf. Sy sê dit nogal deesdae baie vir my. 
   Is ons toe later kooi toe. Vat ook mos deeske dae so n ou slaappilletjie. Net om lekker te kan slaap.
    Raak ek weer daar aant drome. Ou maat, dat die oom jou nou sê. As ek maar net gedroom het sou ek nog oraait gewees het, maar nee, toe begin ek mos so in my slaap praat. 
    Die volgende oomblik skrik ek wakker toe n koekroller my so skeens oor die kop tref. 
Wie is Cindy, skree die ouvrou.
Hoe sal ek nou weet, sê ek.
Praat, dring sy aan, toe tref die vrou se dik lovestory boek my teen die kop. Dit is seker waar die ding inkom van iemand te blaai, met die lovestory boek, meen ek nou.
    Ou broer, raak die ding toe vir jou lelik. Nou weet ek nie, is ek half katswink geslaan of is dit nou die ou slaap pilletjie nie. Raak ek weg, gooi sy my nat. Kom ek by, klap die lovestory my teen die kop. Op n stadium n koekrollerhou so met die regterarm afgeweer. Net bene gehoor kraak.
     Toe die ouvrou naderhand kalmer raak het sy my opgepatch. So het ons darem weer naderhand aan die slaap geraak. 
     Word sy netnou wakker en vra geskok, wat het met jou gebeur? Vertel ek haar die ding. Ek is n wrak man, n wrak sê ek jou. Lyk te naar. Sy weet van niks. Sy reken my sy het seker gedroom.
    O ja, om weer by my vraag uit te kom, julle weet nie dalk van n goeie plastiese chirurg nie? Ek soek een om rekonstruksie op my te doen en net weer alles in plek te kry. Ek moet darem net min of meer weer lyk soos op middelste foto. O ja, en so " by the way" een van julle weet nie dalk wie is Cindy nie?

Vreugde en vrede vir julle.
(Met die klem op die vrede)
(Wrak foto geposeer.😁)

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 21/11/2021 - 19:56

Dagsê vriende,

     JIPPEE, EK HET VIR CINDY GEKRY!!!

      Ou Sus, was die vrouens nou gister opstroppelis met my. Die oom het mos iets van n Cindy gemompel in sy slaap. Die ouvrou het dit gehoor en die koekroller nadergetrek. 
    Man het sy nou vir my n oordentlike loesing gegee. My heel uit my droom uit geslaan. Kan jy glo ou broer, toe sy gisteroggend wakker word, weet sy kamstig van gin kind of kraai nie. Wil vir my kom loop en vertel sy het dit seker in haar slaap  gedoen. Glo iets gedroom, iets gemompel van n inbreker. 
 So is sy toe later dorp toe.

    Maar moenie glo nie, die oom het dit nie daar gelaat nie. Ek het my eie ondersoek begin. Hoe verder ek met die saak vorder, hoe meer is ek oortuig hier is n kinkel in die kabel. 
    Maak soos n wafferse Sherlock Holmes aantekeninge in n boekie. Nou probeer ek vastel hoe het die koekroller in die slaapkamer gekom. Dit is toe wat die ouvrou terugkom van die dorp af en my red handed vang waar ek die afstand meet vanaf die kamer, gangaf tot by die kombuislaai. n Hele sestien en n half meter. Slaapwandelaar se voet man, hierdie is met voorbedagte rade beplan, sê ek jou ou maat.
    Wat vang jy nou al weer aan, wil sy weet. Vrou, los my uit, ek is besig om n aanrandingsaak te ondersoek teen jou, sê ek. Dit moes ek glad nie gesê het nie.
     Kyk die oom sê altyd Van Heerdens is vredeliewende mense, maar sy was n Heyns, mos ingetrou hiersô in die Van Heerdens in. Hoe sy so vinnig die karwats agter die agterdeur in die hande gekry het sal ek nie weet nie.  Aanrandingsaak skree sy terwyl die houe op my neerreën. Ek sal jou wys wat is aanranding, sê sy.
  My ou maat en dit alles oor Cindy. Het ek al my dae gehad om die tannie net weer tot bedaring te bring. Maak ek vir ons later tee toe dit weer rustig raak. Luister ons n program oor die wireless. Die aanbieder speel dikwels liedjies uit vergange se dae. Sê hy " en nou gaan ons luister na Elvis Presley se Cindy Cindy" . Ou broer toe weet die oom sommer dadelik waar kom Cindy vandaan. 
    Het die oom n helse pakslae gekry. En dit alles oor n liedjie. Toe dié klaar is sê die omroeper, terwyl ons nou besig is met Elvis, hier is nog enetjie "Are You Lonesome Tonight"
    Man, hou ek die ouvrou styf vas. Verklaar sommer ook weer onse liefde vir mekaar.

Vreugde en vrede vir julle.

NS. Julle moenie alles ernstig opvat wat die oom vertel nie, kan jul glo, iemand het gister regtig n plastiese chirurg vir my aanbeveel. Iemand anders het gesê, ek hoop nie jy het die daad met Cindy in jou drome uitgevoer nie, dit is verkeerd.   

Julle ken darem nou al seker die    oom. Tussen my en die ouvrou is alles wel.
Google foto geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 24/11/2021 - 08:46

Dagsê vriende, 

        PRAAT VAN FAMIELIE !!
 
  Praat net gister met julle oor die belangrikheid van familie. Stuur my skoonsuster gisteraand vir my die ou videotjie en skryf daarby ons verlang na julle. (kyk hom maar, hy is net 4 sekondes lank) 
   Ou broer, dit was ook al n jaar of wat gelede. Gaan kamp hul saam met ons daar by Drakensville en ry uit na  Royal Nasionale Park om hul daar te gaan rondwys. Ons is baie lief om by Mahai te kamp, hoewel Drakensville toe n beter keuse was. Dit was in die winter en daar is n  binnenshuise warm swembad. Ja, ons kamp in die winter ook, die tannie kla, maar jul sal netnou verstaan.
   Gaan stap ons daar n roetetjie. Pragtig man. Kry ons naderhand die bobbejaantoue wat so langs die paadjie hang. Vertel ek hul dat ek eigentlik die eerste Tarzan daar in die Drakensberge was op my dae. 
   Ou maat, dit is nou voor ek hulle almal geken het, toe ek nog streamline was vertel ek hulle, lag hul vir my.
    Ek is êrenstig sê ek. Wil sommer dadelik vir hul daar demonstreer hoe die oom daardie jare so met die toue geswaai het. Ek ken mos die bos en die toue soos my handpalms, vertel ek hulle.
   Hul hang omtrent aan my lippe, amper net soos wat ek toeka jare aan die bojaantoue gehang het. Die ouvrou kyk my met nuwe bewondering aan. Skoonsuster en swaer se monde hang oop. Dit het ons nooit geweet nie, sê hulle. 
    Natuurlik sê ek, kyk nou maar net vir my, kortbroek, T-hemp en plakkies, Julle met jul warm winters kleertjies. Ek is eigentlik overdressed vandag vertel ek hulle.  Is mos gewoond aan net n ou velletjie wat spook om alles toe te hou.
  Spring met my ou lyf daar op n walletjie en gryp die bobbejaantou. Man ek het die bos geken, ken ook nog die spesifieke bobbejaantou toe hy sommer nog n jong toutjie was. 
    Ou broer, trek ek daar weg. Begin my Tarzan krete soos daai jare. Miskien nou meer met n bewerigheid. Man, het die oom nou daai dag n toets gedop. Die oom het nie geweet waar om sy kop in te druk nie, en dit voor my vrou en skoonsuster. 
     Die tou hang toe nou so tussen die oom se bene deur. Dit was nog oraait, die oom het dit baie so gedoen daai jare. Wat die oom toe nie aan gedink het nie, is dat die bloemen tou so met al die jare nou al vas gegroei het aan die woudvloer. 
   Gelukkig het ek nie vrygeswaai soos daai jare nie, dit is nou so met die gewig saam. Word ek terug geruk na die werklikheid toe die tou nou daar styfruk.
 Man, amper het ek nou groot skade gekry die dag. Dit is nou wat jy kry van jou lawwigheid, reken die ouvrou my. 
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 25/11/2021 - 12:53

Dagsê vriende, 

             HOE SÊ JY NOU?

     Ou swaer, kom die oom dit nou al meer en meer agter dat ek dit nou dikwels sê. Veral met die bloemen maskers deeske dae. Kan mos niks hoor met die goed nie.
     Net gister weer by n onderdele winkel, daar sit hul weer hierdie plastiek screens tussen jou en die kasiere. Dan kan die oom niks hoor nie. 
   Nou het jy n ou wat sê " oom  wat se mod........"  Net so ou broer, net so, dan raak alles net weg. Nou "hoe sê jy nou"  vra jy hom? Staan op die punte van jou tone soos n ballerina en lê omtrent op die ou countertjie, amper met jou oor teen die screen, net om beter te kan hoor. Nogal soos n ou wat swaar hoor met die hand so bakhand agter die beste oor.
    Wie was dit nou weer wat se ore so groot was om beter te kan hoor my kind? Aspoestertjie of Sneeuwitjie? Die oom kan nie meer so mooi onthou nie. Ewenwel, waar was ons nou weer.
   O ja, by die, hoe sê jy nou !
   
      Net gister weer by n onderdele winkel, daar sit hul weer hierdie plastiek screens tussen jou en die kasiere. Dan kan die oom niks hoor nie. 
   Maar ek het jou mos nou al vertel, het ek nie. Nee jong, die oom raak nou oud. 
    Het jy nou gepraat?
 "Ja oom, oom wou nog ver......." 
Hoe sê jy nou?

Vreugde en vrede vir julle .
NS. Miskien moet almal vingertaal leer praat. 👍🤘✌🙌👐

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 27/11/2021 - 16:45

Dagsê vriende, 

     Ou broer, ek moet jou die storie vertel. Ai ou sus, die oom weet jul gaan daai fototjie nou ordentelik beloer. Die ou vergrootglasie gaan nou al bee....wende verder en nader beweeg word om die mannetjie mooi gefokus te kry. Hoor sommer al die oukêrel vra, nou vrou wat bekyk jy nou die phonetjie so met n vergrootglas vanoggend? 
   Maar ewenwel sus, ek het al die ding vertel, maar kom ek vertel hom maar weer, siende dat jul nou so opgewonde is. 

               CHIPPENDALES.

     Sit ek en die ou vrou gisteraand so voor die TV. Ek sit deur n ou foto album en kyk. Die ou vrou sê, hier is nou nie juis iets op wat my nou juis opgewonde maak nie. 
   Ja, sê ek en blaai om. Hier staan ek met my army tan, swart PT broekie, sixpack en bruingebrand, pas na drie maande op die grens. Al moet die oom dit nou self sê, ek was gebou. Rugby en grens fit, as n ou so iets kry.
   Plaas hou ek aan blaai na later jare waar die ouderdom ingeskop het. Daár is nou weer fotos van die kinders en kleinkinders. Maar nee, ek sit die album neer. Het ek maar net bly fotos kyk.
     Nou sit ek net en dink aan hoe my lyf was. Sit ek my huidige lyf so en kyk, lekker rond, boepens. Regte oumensvel met die ou velkolle van daai jare se sonskade. Elke keer gaan my prentjiebrein terug na die spesifieke foto van my. Jonk en fris, met my PT broek en sixpack.
       Nou moet jy my nie vra nie ou broer, hoekom ek nou aan die Chippendales begin dink het nie. Hul het mos vir die vrouens gedans daai jare. Amper soos strippers. Die vrouens skoon opgewonde gemaak.
    Kom die ou nursie nou hier in die saal in en vra, "is oom oraait". Nogal n mooi kjênd die nursie. Waar was ek nou weer......o ja, ek is nog besig om jul van gisteraand te vertel. 
     Sit ek toe die ou vrou so en kyk waar sy sit en hekel. Die koffietafel so entjie voor haar met die patio gasverwarmer daarnaas. Julle ken daai heaters, hy het n groot gasbottel onder, dan so n lang paal met sy verwarmerkop amper teen die plafon. Man, maak hy nou vir jou lekker warm.
    Met die wat die vrou pas gesê het daar is niks op TV wat haar opgewonde maak nie, dink die oom dit toe goed om haar met n ding te surprise.
   Plaas het ek maar net bly sit. Waar gaan jy, vra sy, nou al bed toe. Nee man sê ek, ek kom nou, gaan net badkamer toe. 
     In die kamer gekom pluk ek die kas oop by my ou klere wat ek weer eendag gaan dra as ek kan maer word. Ja, ons oumense het mos sulke kaste met sulke klere. Kan mos nie die goed loop uitgooi nie, hulle is dan nog splinternuut. 
      Spring daar met my 46 lyf in n swartbroek in, seker n 38 of so. Forseer die gulp toe en druk die knoop deur die knoopsgat. Daai broekie sit styf.
       Ek het nie meer n bow tie nie, sommer my kerkdas om my nek gesit. Nogal n sydas. Vir beter effek het ek hom sommer so skeens gedraai, amper soos die kinders deesdae hul kepsies so op hul koppe sit. 
  Om my gewrigte kram ek elkeen n wit sakdoek vas. Alles moet mos weer vinnig kan afkom, soos met n regte chippendale.
  Trek my dans skoene aan, hul is oor al die jare al glad gedans. Vat op die vrou se spieëkas n bottel olie raak en vryf dit in my bolyf in. Die ou grys borshare lyk nou nogal heel parmantig. 
    So is ek terug voorhuis toe. Sit n cd van vanmeleë daar op, iets van Clap your hands and stamp your feet, full blast. 
    Die ou vrou weet nie wat haar tref nie, met n oumensopklim is ek bo op die ou koffietafeltjie. Miskien het die broek se nate toe al begin skeur, weet nie. Die ou vrou se kop bly so knik soos wat sy deur die trifokuls my in fokus probeer kry hier kort voor haar op die tafeltjie. 
    Sy hekel nou soos n masjien, daai tolletjie gare staan soos n dragster en spring soos wat hy spin. Haar mond gaan op en af soos sy praat, maar ek kan niks hoor nie. Was bang die masjientjie gaan met die harde musiek in my ore fluit en het hom uitgehaal.
     Ou broer, gee ek vir haar daar n dans, pluk die sakdoeke af, die bloemen staplers het amper my polse afgesny. Op n staduim skop ek so lekker hoog, dit was net genoeg vir die ou broeksknopie. Hy het daar teen die muur n stuk pleister afgeskiet. Die gulp het net so n girts geluid gemaak tot op sy einde. Of die broek van my af geval het en of ek uit my broek uitgeval het sal ek seker nooit weet nie. Daar staan ek sonder klere met my skoene en n skewe das op die tafeltjie en dans.
  Of die ou knieg geswik het weet ek ook nie maar ek raak daar van balans af en die tafeltjie val om. 
  In my val sien ek die verwarmer se  paal en soos n wafferse paaldanser duik ek vir hom. Gryp ek daai verwarmer daar vas, my hande so om die vuurwarm sif vasgeklem. My bene om die paal gevou. Neuk daai ding daar om, my egte sy das slaan aan die brand. Brand so n ring om my nek.
   Gelukkig hou die vrou kop en gryp die kombuis se brandblusser, anders het die huis seker afgebrand. Daar het sy my en die verwarmer nou met daai wit poeier bespuit, dit lyk naar in die sitkamer.
   So het die ambulansmanne my daar uit die wit brandblusser stof kom optel. 
  En hier, hier lê ek nou met brandwonde in die hospitaal. Is seker nou n permanente ringnek waar die das in my nek ingebrand het. 
   Vra die ou doktertjie my, "oom, wat het met oom gebeur". Ou seun, sê ek, dit is n laa...ng storie!! 

Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 07/12/2021 - 13:07

Dagsê vriende, 
 
               N STIL VROU.

    O magties ou broer, het ek nou gister sleg gevoel. Dit is nou so met hierdie maskers saam. Ek het mos al vir jul vertel van die goed wat maak dat ek nie mooi kan hoor of sien nie. 
   As jy praat, haak hy aan n man se baard en skuif hy af. As jy buk of iets met hom aan so onderstebo doen, skuif hy op tot bo-oor jou bril se lense. 
  Gister is ek en die vrou daar in Miladys, sy soek iets. Ek loop nou ook maar daar rond. Die vrouens wat daar rondhang, man dit is nou vir jou oulike vrouens. Ek trap per ongeluk op die een se toon. Ek het afgekyk en sien haar voet, sy sê nie boe of ba nie. Dadelik afgebuk en haar voet masseer. Toe ek opkom hang die maskertjie weer so halfmas oor die oom se brille. Sy bly net vir my smile. Ek het toe mooi verskoning gevra en omgedraai om aan te gaan.
   Ou broer, neuk ek amper reg agteroor. Daar staan sy, die lyfie met die fietste onderkleertjies. Lang blonde hare, blou ogies. Met alles wat mooi is het sy ook nog die mooiste smile vir my uitgehaal. 
   Skaamteloos man, skaamteloos sê ek jou. Dog die oom hy het seker nou in n aantrekkamer of iets ingestap en bied sommer dadelik verskoning aan. Maar ek gee haar nie n kans nie, begin haar dadelik komplimenteer oor haar mooie lyfie en keuses van die ou rooi ondergoedjies. 
   Was nog met haar besig toe ek my ouvrou se stem hier agter my hoor toe sy vra, "nou wat staan jy nou hier met die winkelpop en praat" 
   Voel toe te aardig. Toe weet die oom, ek moet uitbly uit die dorp uit. Moes eigentlik geweet het, nie een van hulle het n masker gedra nie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/12/2021 - 08:30

Dagsê vriende, 

             NUWE TEGNOLOGIE.

    Die kinders loop maklik en vertel ons oumense moet bybly, dit is nou so met die nuwe tegnologie rond. Die oom sukkel nogal met die goed.   Dit is nou met die phonetjies, Tv's en computers. Hulle maak ook nou al die goed slim of smart, slim cell, Smart Tv, nog nie gehoor van n slim computer nie. Seker omdat hy lankal slim is. Of wat dink jy ou broer, praat hul nou van die ingelse slim hier. 
    Kyk ons gisteraand TV. Die kan jy deesdae ook net doen as daar krag is. Vries die beeld, en kom daar so n blokkie geskryf op. 
   1) Daar is weer in die lug in ons omgewing en die beeld sal weer terugkeer sodra die weer verby is, of,
   2) daar is dalk n swak kabelkonneksie, of,
    3) druk herstel tot fabrieksinstelling.
    So nie kontak diensteverskaffer.
Dit natuurlik alles in Ingels. Wat vir n ding is "reboot" ou swaer?
 
    Nou weet die oom al, jy bly weg van alle diensteverskaffers af as jy jou bloeddruk wil laag hou. 
     Nou laat ek daaraan dink, die woord diensteverskaffer. Is dit oraait as jy iets voor of agter byvoeg. Maar dit nou daar gelaat. 
   Nou begin die oom knoppies druk. Nou sal jy seker weet, oumense en remotes werk nie lekker saam nie. Dan het ek die  dekodeerder sin, nee wil nie werk nie. Probeer die TV sin, ook onsuksesvol. Kon toe darem die geskryf afhaal, toe sê die ouvrou dit is omdat jy hom afgesit het. Sit hom naderhand weer aan. Nou druk ek weer al die knoppies. n Ou kry ook nie meer manuels nie. Het al gehoor die kinders praat van, daar moet jy twee knoppies gelyk druk. Julle ken seker die computer boffins se Cntr, Alt Esc gelyk druk goeters. Nou probeer ek dit. 
    Weet jy hoeveel kombinasies van twee knoppies op n remote is daar. En daar is twee remotes. Sien naderhand daar is nog n klomp ander remotes ook in die bak bokant die TV. Probeer naderhand een van hulle. 
      Kry die ouvrou amper n oorval toe ons kleinseun se 4x4 remote controlled speelding in volle vaart onder die bank uitjaag, en oor haar voete met n gezzzzwwwwt ramp. Het ek nou my hande vol gehad met die vrou. Net om haar te laat kalmeer. Het die oom toe nou die bloemen ding se remote raakgevat. 
     Die ou lappietjie wat sy hekel moes sy uittrek. Hy was die ene lang en kort beentjies op die verkeerde plekke. Smaak my, soos wat sy die knope losgelaat het, het sy dié ook daarin vas gehekel. 
      Nou weet die oom nie, het nou vanoggend gekyk. Dit blyk vir die oom te lyk die goed wil nog nie werk nie. Boonop is die weer lankal verby. Wou nou vir die ouvrou die kar uit die garage trek, sy remote is ook nou deurmekaar. 
    Wat die oom nou eigentlik wil weet by julle slim mense, moet ek die garage bel of die TV of die ouens van die skottel kom insit het.

Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus