Goeie Dag Het onlangs n Romany 2008 karavaan gekoop maar die sleuteltjies vir die yskas en vrieskas se deure is gebreek en ek is op soek na n spaarsleutel (of 2). Die sleuteltjie bestaan uit n plastiek handvatseltjie wat uitloop op n 8mm dia plastiekgedeelte wat hol is aan binnekant om n 4mm x 4mm vierkant te vorm wat dan in die slotjie gedruk word.In die middle van die 4mm x 4mm gedeelte is daar n 10mm lange metaal pennetjie wat ook in slottjie in pas. Dit is die beste wat ek kan doen sovêr beskrywing gaan.
Hieronder 'n foto van die sleuteltjies:

Baba ding?????. hoe werk dit…
Baba ding?????. hoe werk dit en waar koop mens so n item?
Baba ding ?????
Skies ek het nie die foto op die Tablet nie, gou op die rekenaar in gegaan.
Jy kry dit by enige baba winkel, maak net seker jy vat nie die kort een nie want hy is te kort. Sal foto gaan neem en ook hier plaas.

More Vivian, welkom op ons…
More Vivian, welkom op ons lekker forum, jy gaan vinnige advies hier kry, en jan ook sommer advies gee 👍
Ek gaan ook 'n foto laai van wat ek met my yskas gedoen het, met hakkies wat keer dat die deur in die ry oop gaan..
Vivian, daai plastiek…
Vivian, daai plastiek sleutels werk nie so lekker nie. Ek het dieselfde yskas en ook in my Romany en myne hou ook maar net. Ek begin daaraan dink om vir my met staal nuwes te maak
Yskas & Vrieskas Slot ...
Ok hier het ek 'n foto van hoe onsin lyk.
Ek het nie die "double sided tape" wat hom vasplak vertrou nie en op die yskas deure 'n "poprivite" ingesit en op die kas 'n skroef in die middel.

Stem saam met Willem, daai…
Stem saam met Willem, daai dubbel sided tape help soveel as krap jou kop as jou toon jeuk.
Ek kon nie die metode / tipe gebruik soos Willem nie, daar is nie plek op die Penta vir so iets nie, en ek moes die yskas verwyder en myne direk met pop rivets aan die deur en kas se dop vas rivet.
Die Penta se groter yskas is "flash mounted" met die kassie.
Fleetline se yskas het ook…
Fleetline se yskas het ook plastiek fitting gehad soos Johann sin en die plastiek het nie gehou nie. Ek het die fittings gekoop by Mica vir R30 en is einde van die probleem en is meer betroubaar
Yskas sleuteltjies
Baie dankie vir julle almal se insette/raad. so lyk my hakkies of straps soos die baba ding is maar my voorland. Groete hier uit Durbanville.
Vivian
Bauer fridgd model BS213 setting cover
More almal opsoek na Bauer fridge model BS213 setting cover asb, nuut of tweddehands, vorige eienaar het hom met velcro beplak







Vivian, myne het in die…
Vivian, myne het in die gesluite posisie gebreek. Dit het my gekos om die deur (vrieskas) af te haal en oop te maak om die binne goed uit te haal.
So myne kan ook nie meer sluit nie maar gelukkig gebruik ek die baba ding as ek sleep.