
Ons het vandag 'n draai gaan maak by die 4x4 & Outdoor show by Swartkop hier in PTA. Dit was die laaste dag van die byeenkoms en dit was lekker stamp vol! Daar was heelwat produkte om van nader te sien. Maggies maar daar is netjiese kampeer waens en woonwaens en 4x4 voertuie en toerusting op die mark.
Dis net jammer - (of dalk goed?) dat ek nie die smart goed kan bekostig nie ![]()
Hierso is so 'n klompie foto's wat ek van verskeie 4x4 en woonwaens geneem het.







Daar is meer en meer…
Daar is meer en meer interessante waens op die mark.
Dankie vir die deel Anton
Dankie Anton, lyk goed. Ons…
Dankie Anton, lyk goed. Ons het maar daarteen besluit om te gaan die jaar, in die verlede het dit ons maksimum 3 ure gevat, dan is ons deur alles en is nie die ingangs fooie werd nie.
Ons het na die Proe'toria wees toe gegaan, dieselfde gelde, maar daar was vermaak, 4 "live show stages" gewees en het dit vreeslik geniet, vanaf 9 die oggend tot na 6 die aand by die Botaniese tuine.
3 ure gevat, dan is ons deur…
3 ure gevat, dan is ons deur alles en is nie die ingangs fooie werd nie.
Ons het ook so gevoel Leeu





Dankie Anton
Daai tuff cat boswa awsome die bush lapa reeks ook nice maar hulle kos n arm en n been