Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Dankie aan twee vriende !

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het pas teruggekeer van 'n lekker wegbreek KKNK toe in Oudtshoorn.

Ons het toe ook 'n lekker verrassing gekry, André du Toit (Batman) het moeite gedoen om te kom kennismaak  -  dankie André, julle besoekie word baie waardeer.

Ongelukkig het die ander kennismaking skeefgeloop en ons het mekaar gemis.  André Smit wou ook kom groet, maar ons was by 'n vertoning en toe ek sy boodskap kry en reageer, was André reeds buite bereik.  André, baie dankie vir jou poging om te kom groet  -   kuier lekker verder op Hartenbos.  Ek hoop ons kan bymekaar uitkom as julle by Vanzylsrus kamp.  Laat weet gerus wanneer julle hier is, want ons gaan ongelukkig Vrydag weer in die noorde rondloop.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/04/2017 - 20:15

Lennie, vertel bietjie meer van wat julle alles gedoen het by KKNK.  Het jul lekker gekamp in Kleinplasie?   Hoe was die weer?   Watter vertonings het julle gaan kyk en hoe was die standaard hierdie jaar?

0

Ja Len, dit was lekker om julle te ontmoet. Dankie vir die gasvryheid en lekker geselsie. Ek is bly julle het die res van die tyd geniet en is veilig tuis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus