Forums
Ons het pas teruggekeer van 'n lekker wegbreek KKNK toe in Oudtshoorn.
Ons het toe ook 'n lekker verrassing gekry, André du Toit (Batman) het moeite gedoen om te kom kennismaak - dankie André, julle besoekie word baie waardeer.
Ongelukkig het die ander kennismaking skeefgeloop en ons het mekaar gemis. André Smit wou ook kom groet, maar ons was by 'n vertoning en toe ek sy boodskap kry en reageer, was André reeds buite bereik. André, baie dankie vir jou poging om te kom groet - kuier lekker verder op Hartenbos. Ek hoop ons kan bymekaar uitkom as julle by Vanzylsrus kamp. Laat weet gerus wanneer julle hier is, want ons gaan ongelukkig Vrydag weer in die noorde rondloop.





Dit is lekker! Wens ek was…
Dit is lekker! Wens ek was ook daar