Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -5 hours ago
Hael November 2026 Geert -5 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -10 hours ago

Desember 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Die laaste maand van 2019 het aan gebreek. Hierdie jaar het vinnig verby gevlieg.

Ons het meestal goeie tye beleef. Mag elkeen 'n rustige Sondag geniet. 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 20/12/2019 - 10:49

Dit is vroeg hittig hier, gelukkig help die air-con.

Geniet jou Vrydag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 21/12/2019 - 04:38

Goeie môre almal. 

Lyk my ons kry weer 'n hittegolf. Ons moet maar in die skadu vertoef en smeer maar die so room lekker aan wanneer jy in die son gaan baai. 

Mag elkeen 'n lekker en rustige dag geniet. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/12/2019 - 07:35

In teenstelling met die hitte in die noorde, suig die vakansiegangers hier by ons maar erg aan die spreekwoordelike agterspeen. Die wind roer ons al vir weke lank sedert November. Ek verdra dit (en is ook al gewoond daaraan) as ek weet die binneland kry reën. Maar die arme Valies wat by die see wil kom kuier en bykans nie op die strande kan kom nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 21/12/2019 - 10:24

Johan het 'n goeie taak verig met jou aircon👍

Beslis, baie tevrede.

Geniet julle Saterdag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 21/12/2019 - 18:41

Hier by ons ook nou donderweer en blitse - reentjie is welkom smiley  -  dit was vrek warm die afgelope 2 dae

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 22/12/2019 - 07:10

Ja swaar, more swaars, so is die lewe. In die oggend is dit nie net meer koffie nie, n cholesterel pil en hoe bloeddruk pil, elke oggend vir die res van my spokerige lewe.

Aaai swaar.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 22/12/2019 - 07:14

Ja die wyfie het gatvol geraak vir bloedneus elke oggend op haar kussingslope en het my na die kwak toe beveel.

En wat n oulike, petite dame doktertjie, ek raak saommer ernstig siek.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 22/12/2019 - 07:23

As so n mooie wesentjie sě "Oom moet regtig daaraan dink om op te hou rook"

Vra ek julle nou swaars? Ek is amper vyftig en nie n flippen oom nie, nog jonk,jaag sommer my bloeddruk op, wag laat ek gaan rook. Freakin.

O by the way, het jul al daai nuwe liedjie van Ava Max geluister. Freaking me out is sy naam.

Kry hom nie uit my kop nie. Dreun hom die heeldag. smiley

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 22/12/2019 - 08:15

Ek het nou eers bietjie gaan fiets trap om gister se bier af te werk.    + 'n Nuwe gemiddelde rekord vir hierdie 53 km roete wat ek gereeld doen!  Het vanoggend  27.5 km / hr gemiddeld bereik smiley  Ek kon nie laas Sondag se Maksimum spoed verbeter het nie en het hom vanoggend tot 66km/hr gedruk.   Sal volgende Sondag oggend weer probeer.   Maar die belangrike een is die gemiddelde spoed vir die afstand saam met die gemiddelde hartklop wat vanoggend 150 bpm's was.  Dit sal nou lekker wees om die roete te kan druk tot so 28.5 km/hr gemiddeld voor ek die Argus gaan ry angel

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 22/12/2019 - 08:27

Mooi gedoen oom Voorrie, jy gaan vinniger op daai fiets as wat ek met my petrol fiets doen.

Thx vir die liedjie.

Jis, ek sukkel om my fiets te briek. Dink daaraan om my agterwiel na n back pedal te verander en my voorwiel na disk brakes.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus