Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -29 minutes ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -1 hour ago
Frankryk Springbok rugby Geert -14 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -22 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -22 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -23 hours ago

Kamp met.....reen..

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Laasjaar met ons gebeur.

Jy sien weke uit na jou kamp in die bosveld of waarookal en die dag wat jy ry begin dit reen asof die sluise in die hemele gesoboteur is.

Die weervoorspelling by jou kampplek lyk maar dieselfde. 

Wat maak julle, gaan jy of bly jy tuis in jou droe huis?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 05/12/2019 - 09:26

Ek het nie 'n probleem met reen as ons kamp nie,  al wat ek nie van hou nie,  is op, of af slaan in die reen. Ek hou natuurlik nie van sleep in reen weer nie.

So paar dae se reen tydens 'n kamp is welkom, maar darem ook nie heel tyd terwyl jy kamp nie.

Ek kom maak in elk geval alles oop en skoon as ons tuis kom. 

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 05/12/2019 - 09:33

Ek het juis met vroulief hieroor gesels gisteraand.  Die laaste 2 jaar met ons plaaslike Brits Desember kampe het dit baie min of amper glad nie gereën nie, maar die 2 jaar voor dit het ons maklik 50% van ons kamp tyd reën gehad.  Gelukkig vir die groot Gezebo kan 'n man darem nogsteeds half buite wees en braai en rus sonder om nat te word.  Die kinders hou ook baie daarvan om in die reen en nat te speel. smiley   Dit pla my nie teveel nie, behalwe as ek my trailer tent nat moet afslaan en oppak, want dan moet ek dit weer oopmaak om droog te word.   As dit reën die dag as ons moet gaan kamp dan sal ek haak en gaan kamp opslaan. 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 05/12/2019 - 10:53

Ek het plek bespreek by Buffelspoort in ek dink dit was 1989. My eerste kamp by Buffelspoort.

Toe ek die dag daar stop begin dit te reen. Het nog nie eers af gehaak nie. toe begin dit sommer ook te hael. Ek was op daardie stadium in die karavaan. Die gesin was nog in die bakkie (Het toe 'n Ford Courier V6 gery). Die karavaan was 'n Sprite Major.

Ons het maar gewag dat dit opklaar en het toe alles reggekry vir die naweek se kamp. Dit was toe ook 'n lekker kamp gewees.

Het eenkeer by Naboom in die reën op geslaan of is dit afslaan?. Alles was papnat gewees en moes alles weer oopgooi by die huis om droog te word.

Reën of sonskyn, kamp sal ons kamp

0

Was oppad na Weesgerus 2jaar gelede omtrent die tyd toe ons in gietende reen wegtrek in Boksburg, met die hoop dat die weer sal opklaar verder noord.

Soos ons vorder op die N1 reen dit al hoe meer en die lug is naderhand pikdonker met blitse en die hele katoetie.

By die Kranskop tollplaza maak ek n call en ons draai terug, huistoe, 10 kilos van Weesgerus af en aanvaar dat ons kampgelde verbeur is en maak vrede daarmee.

Daai betrokke naweek was die krag uitgeslaan by Weesgerus, daar was oorstromings, peste en plae, totale anargie soos wat onbevoegte kaders net van kan droom.

Volgende dag bel Weesgerus my en deel my mee dat hulle wil weet of ons veilig is en sal ons naweek skuif sonder kostes na n naweek van ons keuse.

Dit is waarom dit tot van dag toe nog my favourite oord is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 05/12/2019 - 15:20

Ons hoop om 'n kans te kry môre om gou die dak te kan opslaan, by die huis bly ek nie.  Al moet ek vir 'n dag sonder die tent staan kamp gaan ek kamp want dit is nie net vir 'n naweek nie.  Gelukkig staan ons op 'n groot 10 x 10m plavei blok, moet net eers die wa op hom kry.

Dit wil volgens YR lyk of ons darem droog die kamp sal kan begin ?

.

Die naaste wat ek kan kry is Hamanskraal

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 05/12/2019 - 17:49

Frik, ja Weesgerus is 'n puik oord, en die feit dat hulle jou te gemoed gekom het sê alreeds baie van hul kliente diens.👍 

Ons kamp ook baie graag daar.

Laat my dink aan so 4 jaar gelede, ons staan by Lekkerrus in 'n dippie, en die reen kom emmers vol af, naderhand was die grond seil enkel diep onder water, veral reg by die deur. Skoonseun het 'n sloot aan die bokant van die wa gegrou, maar verniet.

Wat ek die meeste onthou van die "dam" waarin ons gekamp het vir meer as 'n dag, was die kleinkinders wat dit as hul lekkerste "speel tyd" beskou het.

So het ons al baie in water gekamp, 'n ander keer het ons by Badplaas gekamp, ons peet dogter,  toe nog in doeke - en skoonsuster wat beangs raak as daar wolke op kom, vang so blaas kansie in die karavaan. Ek en Bennanta kyk na die kind en ek sê "los haar, sy geniet dit" daai kind was donker bruin van die modder, en skoonsus het vinnig agter gekom kinders wat vuil word, smelt nie weg nie😂

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 05/12/2019 - 20:27

Nee-wat, reën is net so natuurlik as sonskyn tydens kampering  -  dis alles deel van die pret om te kan kamp.

Hier het ons 'n lekker storm gehad wat dwarsdeur ons rally-tent gespoel het  -  modder net waar jy kyk.  Gou-gou weer alles skoongemaak en verder lekker gekamp.

.

Alles weer opgeruim :-

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 06/12/2019 - 06:08

Mőre Len, dit is hoe dit gedoen word👍

Ek moet darem ook eerlik wees, ek wil ook nie dae aan mekaar in reen kamp nie,  'n dag of twee, drie en dan weer son.

Ons het nog nooit as gevolg van reen op gepak nie,  maar as die weer sê die res van die kampering tyd gaan dit reen, en daar is nog veel oor, sal ek moontlik op pak sodra daar 'n tydjie nie reen val nie en ek kan die tente af haal sonder reen wat val.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 07/12/2019 - 04:39

Ons Mollers vat die weer soos hy kom kamp bly koning

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus