Goeie môre mede forumiete.
Eerste dag van die derde maand van die jaar.
Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier.
Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet
Goeie môre almal.. Anton,…
Goeie môre almal..
Anton, ek is bly dat julle veilig terug is.
Sit nou in die sitkamer en koffie drink. Sit ook en kyk na die beplande beurtkrag. Wonder nou, gaan dit nou so aanhou totdat die regering hulle weer gaan uithelp met geld of wat? 3 keer per dag beurtkrag? Dit is wat ons het op die oomblik.
Lekker Donderdag vir elkeen
Goeie môre vanuit 'n lekker…
Goeie môre vanuit 'n lekker nat Vaalpark.
Welkom terug Anton.👍
Stoffel, daar word baie "rumors" gebesig rondom eskom, feite is egter:
1. Dat daar word nie meer voorkomende instandhouding gedoen nie, maar aanleg word tot dit in grond in gedruk.
2. Die fondse kom nie van die munisipaliteite in nie, dit word gesteel.
3. Die bestuur, en ander, het dit wat daar was, rot en kaal besteel.
4. Dit is weer verhoging tyd, vir die 20% wat betaal.
Dit gaan nooit, maar nooit reg kom nie.
Goeie more almal, lekker dag…
Goeie more almal, lekker dag vir julle.
GM !
Goeie môre kamp-liefhebbers !
Dusty, ons beurtkrag skop nou oor 'n 24-uur periode elke 6 ure in (skop eintlik uit !) na 'n onderbreking van 2½ uur op 'n slag - dus 6 beurte binne elke 24 uur. Gelukkig pla dit ons nie want my self-geboude inverter oorbrug ons darem met ligte in elke vertrek, TV, dekodeerders, radio, rekenaars, drukker en WiFi. Gelukkig het ek op "high cycle" batterye in die inverter gesorg en die 6 ure Eskom-krag tussen-in is voldoende om die batterye ten volle weer te laai.
Johann, die Eskom-gebreke ("feite") wat jy noem is mos ou nuus en ek is vol vertroue dat die gelyste probleme wel nou aangespreek word.
Op 'n heelwat aangenamer noot, ek is besig om dingetjies reg te kry vir 'n vinnige naweek kamp by Motagu - wil net seker maak dat alles reg is en werk vir die maandlange kuier in die Kruger Wildtuin oor 46 dae. (Ek tel nie die dae nie, het wel beter dinge om te doen (soos Anton oor gewonder het), maar my rekenaar herinner my elke oggend hoe lank nog)
Nouja, geniet jou dag, ek gaan myne geniet al wassende van die Exclusive en Pathfinder - ry nie graag met vuil goed nie, behalwe as ek terugkom van die Wildtuin af, dan is ek nogal trots om met stof-belaaide goed terug te ry.
Gelukkig pla die eskom…
Gelukkig pla die eskom storie my nie. Ek kyk bitter min TV, het LED ligte in my huis en vir kos het ek 'n gasstoof. Dit is net die buurt se alarms wat skree sodra die krag weer aankom.
Môre sê Kampforum
Gelukkig pla die beurt krag ons ook nie want ons kry dit nie.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie môre almal. Sit ek…
Goeie môre almal.
Sit ek nou my koffie in die sitkamer en drink by 'n ou lampie. My Led ligte is net in die kombuis, badkamer en slaapkamer. Gelukkig kon ek koffie maak op my stoof.
Geniet die Vrydag.
Goeie môre Anton. Ek het…
Goeie môre Anton.
Ek het gesien Danie (Slowstrike) was ook vroeër saam met my aanlyn. Hy het seker maar net gelees en toe maar weer uit geklok.
Noe dreun die weer net by ons net 'n baie ligte reëntjie
More almal
Sien ou Stoffel weer vroeg wakker lekke naweek vir almal en laat loop met die koffie vrede
Môre sê Kampforum
Lekker nat.
Geniet jou Vrydag voluit in vrede.
Goeie môre almal. Het…
Goeie môre almal.
Het gisteroggend lekker gereën. Moes ook weer by Waltloo gaan draai het gister.
Mag elkeen 'n lekker dag Saterdag geniet
Lekke saterdag
Geniet julle dag gaan groot skink daai koffie en drink saam by my loop hy soos stroop
Goeiemôre! Is dit al…
Goeiemôre! Is dit al naweek?
Geniet julle dag!
Lyk my ek sal vir 'n slag moet werk?
Goeie môre almal, geniet jul…
Goeie môre almal, geniet jul dag, ek gaan beslis - ek gaan nou die Penta uit haal, was en paar goedjies pak. Ons ry more oggend Buffelspoort toe vir 'n wel verdiende weg koms.
Môre sê Kampforum
Johann julle moet dit geniet, volgende naweek is dit ons beurt.
Geniet jou Saterdag voluit in vrede.
Johann, julle moet dit…
Johann, julle moet dit geniet. Ons ry weer môreoggend af kus toe. Oornag by Drakensville en Maandag oggend tot by Ramsgate





Naandsê! Ons is darem weer…
Naandsê! Ons is darem weer terug by die huis na 'n heerlike maar besige 7 dae toer