Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Centurion

Dusty

Thu, 12/03/2020 - 02:42

Goeie môre almal..

Anton, ek is bly dat julle veilig terug is.

Sit nou in die sitkamer en koffie drink. Sit ook en kyk na die beplande beurtkrag. Wonder nou, gaan dit nou so aanhou totdat die regering hulle weer gaan uithelp met geld of wat? 3 keer per dag beurtkrag? Dit is wat ons het op die oomblik. 

Lekker Donderdag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 12/03/2020 - 06:40

Goeie môre vanuit 'n lekker nat Vaalpark.

Welkom terug Anton.👍 

Stoffel, daar word baie "rumors" gebesig rondom eskom, feite is egter:

1. Dat daar word nie meer voorkomende instandhouding gedoen nie, maar aanleg word tot dit in grond in gedruk.

2. Die fondse kom nie van die munisipaliteite in nie, dit word gesteel.

3. Die bestuur, en ander, het dit wat daar was, rot en kaal besteel. 

4. Dit is weer verhoging tyd, vir die 20% wat betaal.

Dit gaan nooit, maar nooit reg kom nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 12/03/2020 - 07:39

Goeie môre kamp-liefhebbers !

Dusty, ons beurtkrag skop nou oor 'n 24-uur periode elke 6 ure in (skop eintlik uit !) na 'n onderbreking van 2½ uur op 'n slag  -  dus 6 beurte binne elke 24 uur.  Gelukkig pla dit ons nie want my self-geboude inverter oorbrug ons darem met ligte in elke vertrek, TV, dekodeerders, radio, rekenaars, drukker en WiFi. Gelukkig het ek op "high cycle" batterye in die inverter gesorg en die 6 ure Eskom-krag tussen-in is voldoende om die batterye ten volle weer te laai.

Johann, die Eskom-gebreke ("feite") wat jy noem is mos ou nuus en ek is vol vertroue dat die gelyste probleme wel nou aangespreek word.

Op 'n heelwat aangenamer noot, ek is besig om dingetjies reg te kry vir 'n vinnige naweek kamp by Motagu  -  wil net seker maak dat alles reg is en werk vir die maandlange kuier in die Kruger Wildtuin oor 46 dae. (Ek tel nie die dae nie, het wel beter dinge om te doen (soos Anton oor gewonder het), maar my rekenaar herinner my elke oggend hoe lank nog)

Nouja, geniet jou dag, ek gaan myne geniet al wassende van die Exclusive en Pathfinder  -  ry nie graag met vuil goed nie, behalwe as ek terugkom van die Wildtuin af, dan is ek nogal trots om met stof-belaaide goed terug te ry.

0
Centurion

Dusty

Thu, 12/03/2020 - 07:53

Gelukkig pla die eskom storie my nie. Ek kyk bitter min TV, het LED ligte in my huis en vir kos het ek 'n gasstoof. Dit is net die buurt se alarms wat skree sodra die krag weer aankom.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/03/2020 - 08:28

Gelukkig pla die beurt krag ons ook nie want ons kry dit nie.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Centurion

Dusty

Fri, 13/03/2020 - 03:51

Goeie môre almal. 

Sit ek nou my koffie in die sitkamer en drink by 'n ou lampie. My Led ligte is net in die kombuis, badkamer en slaapkamer. Gelukkig kon ek koffie maak op my stoof.

Geniet die Vrydag. 

0
Centurion

Dusty

Fri, 13/03/2020 - 05:14

Goeie môre Anton. 

Ek het gesien Danie (Slowstrike) was ook vroeër saam met my aanlyn. Hy het seker maar net gelees en toe maar weer uit geklok.

Noe dreun die weer net by ons net 'n baie ligte reëntjie

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 13/03/2020 - 07:34

Sien ou Stoffel weer vroeg wakker lekke naweek vir almal en laat loop met die koffie vrede

0
Centurion

Dusty

Sat, 14/03/2020 - 05:28

Goeie môre almal. 

Het gisteroggend lekker gereën. Moes ook weer by Waltloo gaan draai het gister. 

Mag elkeen 'n lekker dag Saterdag geniet

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 14/03/2020 - 07:11

Goeie môre almal, geniet jul dag, ek gaan beslis - ek gaan nou die Penta uit haal,  was en paar goedjies pak.  Ons ry more oggend Buffelspoort toe vir 'n wel verdiende weg koms.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 14/03/2020 - 12:34

Johann julle moet dit geniet, volgende naweek is dit ons beurt.

Geniet jou Saterdag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus