Goeie môre mede forumiete.
Eerste dag van die derde maand van die jaar.
Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier.
Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet
mooiste uitsig
rolbalbaan
Geniet dit Chris en plaas vir ons hier bo so mooi foto van die "mooiste uitsig oor ons hoofstrand" asb.
Hi Johann L, jong dit sou…
Hi Johann L, jong dit sou lekker gewees het om daar 'n draai te kon gaan maak, maar ons ry in 'n groepie af Kaap toe en is reeds bespreek en betaal in Bloubergstrand vir die tydperk. Ons tyd is ook 'n bietjie beperk met die ryery en die werk roep kliphard. Een mater se fietsry was amper gekanseleer deur sy bestuurder en toe hy hoor wat hy sal moet terug betaal toe wens hy ons sterkte toe vir die rit. Dalk op 'n volgende keer dankie.
As dit goed gaa , reël ons…
As dit goed gaa , reël ons weer iets vir volgende jaar?
Goeie môre almal. …
Goeie môre almal.
Uitgespaar vir nog 'n dag. Mag elkeen 'n wonderlike Woensdag geniet.
Goeie môre almal, geniet jul…
Goeie môre almal, geniet jul dag in liefde, vreugde en vrede.
Pragtige oggend, nog 2…
Pragtige oggend, nog 2 slapies dan hak ons die Rapier!!
Lekker dag almal.
Frik as ek reg onthou gaan…
Frik as ek reg onthou gaan julle Drie Berge toe?
Stuur groete vir Bessie die kantoor dame.
Ek weet die seuns gaan rugby speel maar as julle tyd het, neem fietse saam, daar is ń pragtige fietsry baan.
Dit is een van my gunstelling oorde! Kan ook lekker roei op die dam.
Daar kom dit nou. Nog net…
Daar kom dit nou. Nog net een verjaarsdag as permanente werker by die firma. Wat daarna gaan gebeur sal net die tyd leer
Dusty afwagting
Môre Stoffel
So breek daai dag vir ons almal aan. Ek het ook nog net 18 salarisstrokies voordat ek klaar geboer is op die "plaas".
Staal jouself, die laaste 12 maande gaan soos blits verby. Die tyd sal leer -- moenie angstig rondkyk nie.
Groete
Wessel, ek wag nie vir die…
Wessel, ek wag nie vir die tyd om verby te gaan nie. ek vat dit maar dag vir dag. Hopelik word ek steeds benodig op kontrak. Danie Muller maak hierdie jaar klaar einde Augustus. die maand wat jy verjaar is jou laaste werksmaand as permanent wanneer jy moet aftree.
Môre sê Kampforum
Sterkte Stoffel.
Geniet dit Frik.
Geniet jou Woensdag voluit in vrede.
Goeie môre Kampforum !
A-nee-a potensiële afgetredenes, dis nie 'n saak om met vrees te benader nie - dit behoort 'n heuglike gebeurtenis te wees om die tuig te kan neerlê na jare se swoeg en sweet.
My laaste vlug huis toe in die Kaap, na my laaste twee jaar van werk in Angola, was die wonderlikste gevoel onder die son en daarna (nou 12 jaar later) het ek nog nooit na my loopbaan terug verlang nie, ten spyte daarvan dat ek 'n fantastiese loopbaan van 43 jaar geniet het.
Ek beveel aftrede ten sterkste aan, dis heerlik bevrydend !
Len stem 100% saam! El het…
Len stem 100% saam!
El het my werk ook vreeslik geniet, maar dit kom nie naby aan wat ek nou doen nie!
Wessel, Danie sê ook groete…
Wessel, Danie sê ook groete. Ons ry gewoonlik saam kantoor toe
Goeie môre. Amper alweer…
Goeie môre.
Amper alweer naweek. Geniet die dag tenvolle
Goeie môre Stoffel en ander…
Goeie môre Stoffel en ander wat nog gaan kom inloer, ook die wat inloer, maar nie mag / kan gesêls nie![]()
Dit is nou die spione van Spionkop😂





Ek gaan ...
..... dit vanmiddag op die rolbalbaan geniet. 'n Droomdag hier by Kleinmond teen die see. En ons rolbalbaan het die mooiste uitsig oor ons hoofstrand.