Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Geriefies in jou wa ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dit is mode om deesdae te praat van kamp met so min as moontlik en heelwat kritiek teen kampeerders wat hulleself lekker inrig  -  ook dat sekere mense se definisie van "kamp" is om primitief te lewe en die wêreld so moeilik as moontlik vir jouself te maak.  Ek kritiseer dit nie, maar my manier van "kamp" verskil  -  ek "kamp" heerlik en so gemaklik as moontlik, met my geriefies en al !

Teen dié tyd weet almal ek kamp meestal waar krag beskikbaar is, maar as beurtkrag sou inskop of ek is lus om iewers te kamp waar daar nie krag is nie, is ons lekker ingerig daarvoor en geniet dit nogal om ook só te kamp.

Om te begin, ons het 'n ingeboude radio/cd speler in die wa by die kop van ons dubbelbed.  Ons kan dus rustig in die bed lê en radio luister teen 'n volume wat niemand naby ons sal steur nie.  By die radio het ons ook 'n 12V horlosie met duidelike, groot syfers sodat ons enige tyd van die dag of nag kan sien hoe laat is dit  -  oumense hou mos daarvan om te sien hoe laat is dit as hulle in die nag gaan piepie.  Dit is tot ons beskikking met of sonder 220v krag.

Ja goed, ek weet die radio is nie mooi in die middel nie, maar dis gedoen om nie die hangplek in die hangkas te beïnvloed nie.

 

Len se radio

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 13:57

En dan natuurlik die alewige debat oor 'n TV wanneer jy kamp.  Ek steur my nie daaraan nie en wys graag hoe ons spulletjie lyk.

Ek en liefie kan lekker lê in ons bed en TV kyk as ons so voel. Die ding beheer nie ons lewens nie.

.

By hoë uitsondering sal ek die TV in die tent opstel vir 'n belangrike rugby of tennis wedstryd en dan nooi ek die einste buurman wat TV tydens kamp kritiseer, om saam te kom kyk.

.

Die groot skottel is altyd in die pad, maar ek het 'n plek teen die badkamermuur gekry wat uit die pad is en die skottel ry oral saam en uit die pad.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 14:28

Mooi so Willem, dankie ons vorder om te wys wat ons doen om lekker te kampeer.

Hier is my piep-klein inverter, net om my laptop, selfone en kamera-batterye te laai as daar nie krag is nie. Ook om my WiFi router van krag te voorsien.

.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 02/04/2020 - 14:34

Hier val ek sleg uit die bys uit!

Ek het net een geriefie naar dit is gelukig veeldoelig; maak kos was skotelgoed sit kamp op en slaan kamp af en nog vele meer! Ek noem die geriefie sommer Petra 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 14:41

Ek het nou nie 'n Petra wat ons wa kan rondskuif en op sy plek staan maak nie.  Maar gelukkig het ek dingetjie in my hand wat doen wat my annerhelfte sê hy moet doen.  Vir ons oues van dae en vir huweliksgeluk is dit 'n onontbeerlike stukkie tegnologie.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 14:58

Nog 'n geriefie is my elkektroniese domkrag.  Ek lees elders op sosiale media dat mense reken dit is gemors en breek maklik  -  ook dit sukkel om 'n karavaan op te lig. Myne is al seker 5 jaar oud en lig die Exclusive lag-lag op, maar die geheim is die skêr moet eers 'n hele entjie oop wees vóór dit die wa moet begin oplig.  Sou die wa te laag lê om die domkrag-skêr genoeg ruimte om oop te maak gee, kan jy die pap-wiel op jou geel blok optrek om vir jou meer ruimte te geen tussen die domkrag en karavaan onderstel.  Eenkeer het my wa se neuswiel losgeglip en die A-raam het na onder gesak en op die grond gaan lê.  Hierdie kêreltjie het die spulletjie soos 'n droom opgelig sodat die neuswiel weer in plek geplaas kon word. 

Sonder hierdie knapie sal ek verlore wees.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 02/04/2020 - 15:16

Gemeet aan dit wat ek hierbo sien, is my geriefies (wat permanent in die wa is) maar effens aan die skraal kant. Wel 'n TV (wat ons gewoonlik net opstel as ons langerig staan) en 'n klein skotteltjie (wat vir my behoeftes baie bakgat werk). Ons vat maar ons slaapkamer se radio-wekker saam - maar ja, dit het ons ook. En verder neem ons maar merendeels dinge uit die huis saam om die kamp geriefliker te maak. Ons kamp te min om sommige van die uitgawes te regverdig. Ek gebruik juis nou my karavaan se TV in ons kamer omdat ek ontsien om nóg 'n TV te koop.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 15:30

Ek gebruik ook so domkrag (2 van hulle) en myne is ouer as Len sin wink. 

.

Maar ek het plek gemaak waar ek hom kan insit sodat hy nie van plat af werk nie.  Ek gebruik dit om die wa dwars gelyk te maak en as ek vir lank staan sit ek een aan die ander kant ook tussen die aste vir beter stabiliteit.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 15:37

Dan is die kamera(s) wat ek op het ook 'n "geriefie" al is dit net om by die kamp te kom.  Een is hoog en die ander een laag, hom gebruik ek as ek moet terugstoot in 'n knap plek.

.

.

Die een sit onder die nommerplaat.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 15:42

Chris, daar is natuurlik niks fout om jouself in te rig soos jy goed dink nie.  Dit was eintlik my verskuilde punt om ouens wat besluit wat is "kamp" en wat is "nie-kamp" nie, vir 'n ses te slaan.  Waag jy dit om iewers op sosiale media iets van 'n TV tydens kampering te sê of te vra, dan stortvloed dit van die slimmes wat reken "los dit by die huis, kyk eerder bos-TV, jy wil mos wegkom van alles" en al sulke snert.

Kampering is 'n leefstyl wat jy kies om op jou manier aan te pak en te hel met die kritici wat jou manier van dinge doen, kritiseer.

Ns. Ek onthou 'n paar jaar terug toe ons julle by Punda Maria raakgekamp het.  Ek het my verwonder hoe jy een oggend gehelp het met wasgoed was en dit opgehang het om droog te word.  Ek het onmiddellik selfondersoek toegepas waarom is dit dat my annerhelfte heel eerste by 'n kamperrein vra, "is hier wasmsjiene?"

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 15:42

Baie van ons gebruik 'n boor om die hoek stutte op/af te draai en gewoonlik is die voorstes diep onder en dan gly die ding ook in die boor se klamp, wel ek het plan gemaak.

.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 15:48

Willem se domkrag stut op die onderstel :

Willem, daardie stut wat jy op die onderstel aangebring het sal beslis help dat die domkrag-skêr eers oopmaak voor hy begin werk om die karavaan op te tel.  Ek dreig al lankal om dit ook te doen en het nog nie sover gekom nie.  Ek sal natuurlik eers sover kom om dit te doen nadat ek gesukkel het met my eerste papwiel !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 15:49

Dan is daar altyd tafel tekort, wel met die blaaie teen die wa en geen pote om uit te skop werk hierdie vir my.

.

Ek het 2 gemaak sodat dit maklik onder die bed gestoor kan word.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 15:53

Dan is dit altyd 'n probleem om van die drade ontslae te raak, eers het ek stort gordyn plastiek hakke gebruik (sien dit nou die ander dag in WegSleep se ou kamp gids waar omtrent als bespreek is), nou gebruik ek lekker groot haar knippe en werk baie beter.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 15:55

Ek het ook 'n geen-poot, aan-haak tafel op dieselfde plek. (Verskoon die swak foto  -  ruimte in die motorhuis beperk).

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 15:57

Ek hou baie van die groot haarknip idee  -  dankie Willem !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 02/04/2020 - 16:27

Len, julle geniet die TV, dit is joune, gebruik die ding.  Ek en Bennanta is nie mal oor TV nie, en sal nooit (nooit is 'n lang tyd) een saam vat nie. Inteen deel, ons het nie eers meer 'n antenna by die huis nie.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 02/04/2020 - 16:40

Hierdie draad beloof om baie lekker te raak. 

Ek het baie van julle "geriefies" reeds, en sal hier fotos laai soos ek tyd kry (onthou, ek is 'n pensionaris, tyd is min😂)

Die 12volt domkrag, bly een permanent die Penta, ander een gebruik ek soos, en waar nodig. Die eerste een wat ek gekoop het, wys 2000Kg maks, en die ander een, het Adendorff verander ba 1500Kg, weet nie warom nie. 

My nuutste gerief, die lig by die opwas,  agter die wa.

Lig
12 volt LED down light wat ek in 'n ou solar lig oor gebou het.

 

Lig
Skerp genoeg vir snags 👍

 

Lig
2 x 12 volt krag punte, 1 vir lig, en 1 vir die opwas se pompie

 

Lig
Hierdie wasgoed lyn het nie vir my gewerk nie, toe gebruik ek een bracket om die LED lig aan te hang.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus