Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -6 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -14 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -15 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -16 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -18 hours ago

Aanhalings

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek kry die volgende aanhalings in die jongste SAVA (SA Vereniging vir Afgetredenes) se nuusbrief:

GOEIE PUNT Ek het gelees oor ʼn Eskimo-jagter wat vir die plaaslike sendeling-priester gevra het: “As ek nie van God en sonde geweet het nie, sou ek hel toe gegaan het?”

“Nee,” het die priester gesê, “nie as jy nie geweet het nie.”

“Maar hoekom het jy dan vir my vertel?” het die Eskimo ernstig gevra.  Annie Dillard 1945 – Amerikaanse skrywer

STOF TOT NADENKE Wanneer mense fanaties toegewyd is aan politieke of godsdienstige gelowe of enige ander soort dogmas of doelstellings, is dit altyd omdat hierdie dogmas of doelstellings betwyfel word. Robert M. Pirsig, skrywer en filosoof(1928-2017)

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/04/2020 - 15:23

Ek is natuurlik geen filosoof nie, maar hier is my "filosofiese" stelling :-

Wanneer mense  'n godsdienstige geloof  kritiseer, is dit altyd omdat hierdie geloof  as 'n bedreiging gesien word indien dit dalk waar is.  Leonard JR Loader, pensionaris en kampeerder (1947-going nog strong)

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/04/2020 - 12:56

Ek let op dar dit meestal mans is wat gedurende inperking in winkels drentel.

Die vraag--- is hulle ongelukkig getroud, en wil ontsnap, OF het die mammie hom met voorbedagtr rade gestuur.

 

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus