Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Om te beweeg, of nie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Sit ek hier en ontspan bietjie tussen als deur, en wonder.

Ek stut die Penta se regop pale baie naby die voet juis om beweging te voorkom,  nou dink ek, wat as daar geen beweeg ruimte is nie,  en 'n sterk wind kom van voor af? 

Volgens my moet jy mos op en af beweging van die pale verhoed, maar wat gaan dan met die dak gebeur sou 'n sterk wind jou vang?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 03/04/2020 - 15:57

Johann ek verstaan nie lekker wat jy bedoel nie?

Hoe steun jy die paal naby die voet?

Ek glo ook jy moet keer dat die paal nie lig nie, want dan gly die pasl uit en jou dak of tent val plat.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/04/2020 - 18:18

Ek gebruik die ondervermelde poot-potjies en plaas die voorste tentpale daarin om te voorkom dat 'n paal na binneskuif en val as erge wind van vooraf kom.  Die doel is natuurlik om 'n tentpaal op die grond te hou en hierdie potjie voorkom dat 'n tentpaal daardie milimeter of twee oplig.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 03/04/2020 - 19:50

Arie, ja man, ek neem mos aan julle kan my gedagtes lees😁

Ek span die anker toue so na aan die paal as moontlik om die op lig van die paal te voorkom.

Len, ek het sulke penne met 'n ring bo aan (dit is 'n reguit pen, waarvan die eenkant net in 'n ring gebuig is) vir die doel, maar het dit nog nooit gebruik nie.😀 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 03/04/2020 - 20:30

Ek span my toue net soos jy Johann en as ek reg onthou doen Len dit ook.

Ek gebruik ook die pen soos jy met die ring bo- aan.

Al span jy die toue hoe styf sal jy altyd op beweging kry met rukwinde.

Die pen onder met of bakkie of ring keer dat die pasl nie skuins gasn en uitval nie.

Ek verstaan net nie wat jy bedoel dsm met die dal sal gebeur nie?

Die is mos vas aan die tou en paal dus sal ook maar daai effense speling of beweging hê.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 03/04/2020 - 21:42

Arie, ek gaan haal seker die ongebore bobbejaan agter die bult uit, ek dink maar net aan die C-rail, gaan sterk wind die seil so ruk en pluk, dat dit kan los kom? 

Moet ek regtig daaroor bekommer, ek glo nie, net 'n gedagte gewees, om bietjie te gesêls hier.wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/04/2020 - 07:08

Ek gebruik die ankertoue wat ‘n lus bo het en twee “bene” met verstelbare lusse wat aan Tentco se Maxcon tipe tentpenne met die vere in haak. Ek sit ook die tentpenne so na as moontlik aan die paal se voet en sit ‘n ringpen om die paal se voet. Ek sit ook die boonste lus bo-oor die tentseil oor die paal sodat die seil nie afgelig kan word deur die wind nie. Laastens draai ek die een been van die ankertou laer af om die paal voor ek dit anker sodat dit ‘n ekstra afwaartse krag op die paal uitoefen. En as wind voorspel word sit ek ‘n stormnet oor om die oplig van die seil teen te werk. Meer as dit kan mens seker nie doen nie maar in die Wes-Kaap moet jy maar voorsorg tref. Dis nou as jy die dag weer uitgelaat word om te gaan kampeer...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus