Ek hoop julle het n suksesvolle dag gehad en veilig by julle nuwe bestemming aangekom!? Het darem n lekker beskutte staanplek met gelyk grond gekry? Sterkte met die opslaan en nes maak. Ek sien uit om alles te hoor van julle nuwe wonimg en die dag se gebeire!
Ons is hier
Ek kom nou eers by die rekenaar uit. Bietjie later geslaap vanoggend en toe by Nanaga gestop vir hul heerlike pasteie. Toe vat ons boonop ons tyd met die kamp opslaan vandag. Alles is darem al 'n rukkie netjies en op sy plek. Die TV is aan en ek kan my sepies kyk.![]()
Ons staanplek is welbekend aan ons, het seker al 20+ keer by hom gestaan oor die jare. Ja, hy is lekker beskut, ons staan op plaveisel en het ons eie ablusieblok, met 'n gerieflike kombuisie. Dit voel hemels na 2 maande wat ons dit alles nie gehad het nie.
Dit is koud en ek maak kerrie en rys vir vanaand. Het nou eers gaan stort en klaar warm pijamas aan.
Die vuur gaan bietjie moet wag tot moreaand.
Ek is bly jy soek ons darem, Voortrekker.![]()
Ek kamp saam met julle...
Ek is bly jy soek ons darem, Voortrekker.
Ek kamp mos saam met julle ![]()
Bly julle het veilig gery…
Bly julle het veilig gery Freda, geniet die kamp, ons pak more op hier by Buffelspoort, sommer neerslagtig?
Nuwe dag by Willows
Die son skyn pragtig vanoggend en die see lyk soos iets uit 'n prentjie. Willows het mos nie 'n strand nie, dit is rotsagtig met poele, maar dit maak dit mooi. Die branders wat breek en spoel oor die rotse. Gistermiddag het die apies kom groet. Hulle kom gewoonlik twee keer gedurende die dag 'n draai maak. Jy moet maar sorg dat alles wat soos kos lyk weggepak is. Twee mans het hulle met ketties geskiet maar hulle duck en dive almal. Hopeloos te slim. Siestog, ek voel ook mens kan hulle darem nie seermaak nie. Gedurende die nag kom hier 'n kat in die tent in. Hy was laasnag hier. So, jy kan ook nie iets in die tent los snags nie. Bietjie van 'n schlepp dat mens alles so moet wegsit.
Ons albei se voertuiglisensies verval einde Mei, so ons gaan vandag in stad toe om dit te hernu. En 'n paar ander dinge te doen, soos pille by ons apteek, ens. Voor ons volgende week Dibiki toe vertrek gaan ons die week alles omruil by die huis, vanaf somer na winter.
Ons sal die koue hier los Frans. Kom jy en Linda net, ons wag vir julle.![]()
Johann, die enigste raat teen daai neerslagtigheid wat ek jou kan gee, as jy oppak moet jy nie huis toe gaan nie, jy moet weer gaan kamp, soos ons nou doen.![]()





Freda! Brand die vuur al?
Freda! Brand die vuur al?