Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Hoe benut/organiseer jy jou voltent

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons jaarlikse Wildtuin-kampe gaan gepaard met 'n toer deur die Wildtuin waar ons gewoonlik by ses kampe nes skrop vir vyf dae elk en gevolglik gebruik ons nie daar ons voltent nie.  Maar as ons iewers 'n week of langer staan (veral by die see), dan word die voltent opgeslaan.  Hieronder is 'n foto van hoe ons voltent van binne lyk, maar ongelukkig wys ons skottelgoed rak nie op die foto nie want dis agter my waar ek die foto geneem het. Ons het net 'n standaard tent met 'n stoepie vooraan, maar het ook 'n ad-a-room wanneer dit benodig word. As die handdoekrak en twee skinkborde op die foto opgevou word, is daar gemaklik nog plek vir ons ander twee stoele.  Ons het ook 'n TV, maar dit word uitsluitlik binne die wa gebruik en ons kyk daarna vanuit ons bed.

Hoe organiseer jy jou voltent ?

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/01/2021 - 18:25

.... al tien my vingers nodig om te tel hoeveel keer ons al die voltent opgeslaan het nie. Selfs as ons lank staan by Eiland Spa (tot 3 maande), word slegs die stoeptent opgeslaan. Ek het wel 'n afskorting van 90% skadunet laat maak wat bietjie privaatheid verleen aan die helfte van die stoeptent voor die wa se deur. Dan slaan ek ook 'n gazebo (met 3 sykante) op voor die ander helfte van die stoeptent wat oop is. Verder is ons lief om 'n skadunet-lapa reg rondom ons "erf" op te slaan. Ek sal bietjie tussen my foto's soek om in beeld te probeer verduidelik hoe ons "set-up" lyk.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/01/2021 - 08:57

Ons gebruik net die dak spasie van die voltent met sy kant dakkies.  Ons gebruik net een sykant, heus kant teen die karavaan want daar staan die gas stoof / oond verder is dit oop.  (Sal op die Laptop foto's gaan kry.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 07/01/2021 - 10:16

Hello Len en ander

Julle laat my skoon skaam kry, ek voel soos daai slordige kampeerders, wat julle so onderkry. Sien aangehegte foto

My Kavango se buite uitleg bepaal groottendeels die benutting van my tentuitleg. Ek velgro net die sypanele aan as dit reen, erge wind waai, of langs grend [blinkblare] 'n staanplek het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 07/01/2021 - 10:41

...‘n foto van ons voltent se binnekant plaas nie. Met twee kleuters en ‘n vrou wat al deur ‘n vriend as ‘n hamster beskryf is omdat sy goed so opgaar, gaan ek waarskynlik as ‘n slordige kampeerder bestempel word.
Ter verdediging van Salomien is die voltent ‘n onlangse byvoeging, en die uitleg en organisasie daarvan verbeter met elke kamp. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/01/2021 - 12:08

Wessel, ek val ook in daai afdeling wink

Eiland Spa 2014-12, dit was voor ek die buite opwas na agter die karavaan geskuif het, toe het ek die 2 kante opgesit.
.

Hartenbos 2015-2016 Desember vakansie, nou is net die voorste een op vir die stoof.
.

Buffelspoort April 2017.
.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 07/01/2021 - 15:33

Ek vind niks fout met wat ek hierbo sien nie  -  elke persoon kamp soos hy en sy daarvan hou.  Ek was maar net nuuskierig om te sien hoe ander kampeerders maak.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 07/01/2021 - 16:13

Middag Len

Moenie bekommer, ons weet jy vind geen fout nie. Jy wou eintlik maar net wys hoe ge-ordend en netjies jy kamp smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 08/01/2021 - 07:34

Hallo Hennie, lekker om met jou weer te kan gesels.

Ag wat Hennie, ons sit maar almal met unieke persoonlikhede en soms wil die legkaart-blokkies nie lekker inmekaar pas nie. Dis ook so dat ouens mekaar se been trek, maar soms word dit nie goed ontvang nie.  Ek is oortuig daarvan hier is niemand op hierdie forum wat ander deelnemers doelbewus wil te na kom nie.

Met hierdie draad en 'n paar ander het ek gepoog om 'n bietjie lewe te blaas en gesels los te laat en niks meer nie.

Maar dankie dat jy van jou laat hoor het.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 08/01/2021 - 09:25

More Len, HennieBo en ander

Len: Dankie dat jy altyd probeer om die forum aan die lewe te hou. Die was veral die afgelope 3 weke baie stil op die forum.

HennieBo: Ek neem kennis dat my insette, kommentare, opmerkings en woordkeuse jou pla. Ek sal dus meer bedag wees in die toekoms daarmee. Moenie dat dit jou weerhou van deelname aan die forum nie.

Groete

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 08/01/2021 - 10:33

Dit besef mens nooit beter as wanneer jy getroud is nie. En dat mens die verskille moet aanvaar eerder as om dit na jou manier te probeer verander moet jy ook besef. Ek deel my voltent (en huis) met ‘n menslike hamster. Aan die einde van elke toer sê ek vir Salomien ons moet bietjie kyk wat ons nie gebruik het nie, en volgende keer tuis kan los. Dan maak sy ‘n lysie van alles wat sy nog ekstra wil saamneem volgende keer. Ek laat haar begaan want dit hou haar gelukkig en happy wife = happy (camping) life. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 08/01/2021 - 10:42

More vriende

Dalk moet titel lees, Dames ingesteldheid. Dit wil voorkom of die vrouens meestal iets in gemeen het--- hulle kan inpak.

My getroude lewe het begin met 'n Beetle, en dit was vol gepak tydens vakansies. Nou trek ons al by 'n dubbelkajuit-trokkie, plus woonwa, en dit word ook volgepak.

Genadiglik hoef ek darem nie 'n Ventertjie ook op sleeptou te neem nie. 

Groete

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 08/01/2021 - 11:15

Genadiglik hoef ek darem nie 'n Ventertjie ook op sleeptou te neem nie. 

Dit kan maklik gebeur. wink

Ek het destyds oppad terug van TO Strand besef die Territory en Exclusive is gelaai, na ek op die skaal getrek het is dit bevestig.  Steeds weet ek ek sleep oor die gewig al het ek die karavaan se gewig opgestoot na 2050kg toe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 08/01/2021 - 16:58

Nou trek ons hierdie draad in 'n heel ander rigtinglaugh

Ek is ook baie soos Wessel, kan nie 'n gap laat verby gaan sonder om iemand se been te trek nie, dit het my al in die pekel gelaat, ek poog egter nou om liewer meer na te dink voor ek pos. 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 08/01/2021 - 17:02

Wessel, toe ek agter kom my vrou verkies om meer, as minder te pak, toe gee ek my sleepwaentjie vir my dogter.

Ons moet onthou, ons pos 'n grap teen 'n inset gemik, maar die ander persoon ken ons nie, en kan baie maklik totaal mis verstaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus