Ek het die onderwerp se naam verander, hou nie van die woord nie
Dit was wat my oorlede ouers altoos vir ons gesê het.
Noudat kampering belemmer is met die virus, het ek te veel tyd op hande, en wil nie graag op die duiwel se kussing gaat lê nie.
Hou myself besig met allerande dinge, net om besig te bly![]()
Soos my vrou graag sê "watse k@k vang jy nou weer aan" (haar woorde, ek vloek nie
)
Ek maak nou weer my opwas dak so effens "anders", ek dink dit was Willem wat 'n foto vroeër van so dakkie geplaas het, wat'n onderste bo V vorm. Ek het genoeg pyp hier, en ook 'n paar spaar sokke, daai wat op die hoeke / laste kom om pote en dwars pale in plek te hou.
By Buffelspoort het ons heerlike reen gehad, maar my dakkie het water op gedam, en ek moes een poot lig, en een sak, dit het gelyk of ek bietjie onder die prop was tydens op slaan.
Nuwe pyp, draad, en skakelaar ens ens is reeds in gesit vir die binne wasbak, buite opwas is oor gedoen, nou soek ek nog dinge om te "verbeter" of verander.
Die klein kassie onder die yskas, het ek lankal reeds genoem, yskas krag prop geskyf, en die inverter daar in gebou.
Toe sny ek 'n stuk, na die…
Toe sny ek 'n stuk, na die eerste regop paal af, het net so 200mm gelos, want die lang stuk na die eerste paal het my geirriteer.
Nou is ek besig om die nok van voor na agter te skuif om water op daming te voorkom.
"V" dak ...
Jy sal moet wys as jy klaar is, ek is seker verloor. ![]()
Johann, ek verstaan nie mooi…
Johann, ek verstaan nie mooi wat jy bedoel nie want die twee fotos lyk vir my identies. Hoekom sou jy die die deel met die geel pyl afsny want dit vorm dan 'n mooi dakkie met 'n perfekte nok ? Vir my lyk dit ook perfek om reën wat van agteraf kom, weg te hou van die een wat skottelgoed was.
Worried about water run-back
Off the canvas onto the beading of the van?
Just asking....
Yes Warren, thats exactly…
Yes Warren, thats exactly what's been happening, and the damming up on top of the ripstop roof.
Ek gaan die nok nou van voor na agter laat loop, so gaan die water kante toe afloop,sal 'n foto op laai as dit klaar is.
Ek is klaar met die…
Ek is klaar met die verandering van die rigting van die nok.
Johann, hoe kom die seil aan…
Johann, hoe kom die seil aan die karavaandak vas ?
Len, ek het "C-rail" bo…
Len, ek het "C-rail" bo agter op die dak vas gesit (met "waxed foam rubber" onder die basis) en ryg dit deur soos 'n gewone dak, werk soos droom.
Ek moet nou net 'n manier uit dink hoe om die "support" in die middel te steun, tans het ek sommer 'n gewone ball joint waarteen die paal vas druk, maar dit is dalk onprakties, want ek kan dit nie stewig vas sit nie, op ronding van agterkant van die dak.
"C-rail" ...
Ek moet die Exclusive sin agter losmaak en behoorlik oor seël want ek dink dit is waar water Desember 2019 ingekom het, die plan was om die karavaan in te vat om her-seël te word maar toe het die inperking als om omkrap.
Willem, ek het daai skuim…
Willem, ek het daai skuim rubber stroke (wat met bye was behandel is) in gesit, en ook met sikaflex geseël.
skuim rubber
Johann, ja dit is wat ek op die 3B ook gebruik het.
Ek het 'n self plak aluminum…
Ek het 'n self plak aluminum rol gekoop om plekke op my afdak te herseel, stupid wat ek was, kyk ek nie behoorlik na die produk nie. Dit het geen "teer" nie, en is aluminum (papier din) met 'n "ghries" papier laag wat die taai kant skui van die skoon kant.
Dit lyk soos aluminum tin foil wat 'n taai kant het.
Mors, mors ek niks, ek dink daaraan om dit bo op die wa se dak te plak, bo-oor die extrusion, buite sig?
So lyk die self plak foelie…
So lyk die self plak foelie wat ek gekoop het, ek kan dit nie mors nie.
Reeds die dak gedoen, bietjie moeilik om netjies reguit te plak.
Johann, hulle noem daai…
Johann, hulle noem daai blinkpapier met die bitumen lagie " flashband". Daai goed is uitstekend om n lek buite sig te seel. My Landrover se dak het so paar blokkies geplak, en seel lekkende dakskroewe deeglik. Ek sny dit met n Stanley mes in stroke of blokke.
Ek beter gaan kamp sodat ek…
Ek beter gaan kamp sodat ek weg van die huis kan kom waar ek net aan jaag![]()
Tans ook sommer besig om ander dinge wat nie gepla het nie, te verander.![]()
Herman, toe ek die goed by…
Herman, toe ek die goed by Mica gryp, was ek onder die in druk dit is flashband, maar ek het by die huis eers agter gekom dit is "plain" aluminum.
Wou dit juis gehad het om my afdak se dak skroewe net weer te seël, maar dit is darem nog nie regtig nodig nie en kan wag tot ek weer dorp toe gaan.
Skuus Herman, hierdie rol…
Skuus Herman, hierdie rol het glad nie bitumen op nie, vergeet om te noem.
Ek is besig om skoon te maak, toe ek op die idee af kom, moenie kyk hoe vuil is die karavaan nie![]()
foelie ...
Johann ja ek ken daai (het ook van dit) al probleem met dit is as jy hom in 'n hoek plak en hy nie mooi in vou nie skeur hy maklik, maar plak, plak hy goed en hy hou nogals goed buite in die son.
Ken ook die een met die "bitumen" gebruik dit ook op die dak.





So het dit eers gelyk.
So het dit eers gelyk.