Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -8 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Wie is jy?

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Die gereelde geselsers kan mens soort van aflei, maar dit sal vir my interessant wees om meer uit te vind van wie en wat al die forumlede is. Ek sal begin...

Gebore in die Moedersbond in Pretoria om 06:00 op ‘n Saterdag in Januarie 1972. Grootgeword teen die Noordelike hange van die Magaliesberg Oos van die Wonderboom. Besoek die Kruger wildtuin saam met my ouers elke Julie vakansie sedert ek gebore is. Daar slaap ek eers in ons VW Kombi wat net vir die wildtuin toer gebruik en ingerig is. Later in my eenman tent. Swot Stadsbeplanning by Tukkies van 1990 tot 1993.

Gaan werk in Randburg en toe Sandton as ‘n stadsbeplanner net toe die politiek verander in SA. Geniet dit glad nie. Te veel politiek, en dit voel of ek die belastingbetaler se geld mors want die politici luister nie na my aanbevelings nie. Hulle neem politieke besluite. In 1997 doen ek ‘n gidskursus, bedank my veilige stadsraad pos, en gaan werk vir minder as ‘n kwart van die salaris en sonder voordele as ‘n veldgids. 
 

Van einde 1997 tot 1999 lei ek kampeertoere in Suidelike - en Oos-Afrika. Onder andere ses toere van Johannesburg na Nairobi via Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië, Zanzibar en die Serengeti en agt twee-week toere in Botswana. Daarna begin ek mekoro toere op die kanaal wat die St Lucia meer met die see verbind (estuary), bestuur ‘n wildplaas buite Hoedspruit, werk by ‘n lodge daar naby en doen vryskut gidswerk in die wildtuin. Toe trek ek Botswana toe vir 2,5 jaar; bestuur lodges, lei vir ‘n jaar 33 drie dag staptoere in Groot Vier gebied (die renosters was uitgeskiet) en werk met opgeleide Afrika olifante waar ek onder andere self as mahout die een koei kon ry maar meestal op die grond gestap het om wilde olifante weg te hou wanneer toeriste op ons olifante ry in die bos. 
 

Toe gaan ek terug stadsbeplanning toe in 2005 vir ‘n jaar, maar die bos roep te hard en ek aanvaar ‘n posisie as streeksbestuurder vir ‘n Amerikaanse toeroperateur. Daar ontwikkel ek opvoedkundige toere en lei self toere in SA, Botswana, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Madagaskar, Gaboen, Kameroen en Sentraal-Afrika Republiek. Ek het dit baie geniet, maar ontmoet my vrou in 2007. In 2008/9 kan die maatskappy nie bekostig om my permanent aangestel te hou nie weens die wereldwye resessie, en ek moet ‘n regte werk soek. 
 

Ek gaan werk vir 5,5 jaar as projekbestuurder vir een van die groot siviele kontrakteurs in SA, meestal in myne en by SASOL in Secunda. Dis ‘n moeilike aanpassing na 12 jaar in die natuur, maar hou die pot aan die kook. In 2014 kry ek werk as projekbestuurder in Worcester by die plaaslike munisipaliteit, waar ek nog werksaam is. Uiteindelik laat my leefstyl toe vir ‘n gesin en ons kinders is beide hier gebore.
 

Voordat hulle gekom het, het ek en my vrou lekker gereis in SA, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en oorsee. Vandat hulle groot genoeg is (toe die jongste twee geword het) kampeer ons weer, en in 2019 koop ek ‘n 2008 Echo Kavango. Ons skuur elke moontlike geleentheid gat in die Wes-Kaap en wildtuin toe. 2020 was die eerste jaar van my lewe wat ek weens die inperking nie wildtuin toe kon gaan nie. 

Hier is ‘n foto van ‘n jaar gelede.

A

Wie is jy?

 

 

Bosveld
Profile picture for user Gryswater

Gryswater

Wed, 10/03/2021 - 08:58

Ek is maar 'n weggooi kind en moes al van 7jr ouderdom op die myne begin werk het saam met my oom se neef se pa. Hulle het my ingeneem en gesorg dat ek darem die nodige skills het om suksesvol deur die lewe te gaan en onafhanklik kan is bv. lees en skryf, tande borsel en hare kam. Hoe om aas en hoeke aan 'n lyn te sit en ook hoe om olie en filters te ruil op 'n Hilix.

Twee groot gebeurtenisse in my lewe was in 77 toe ek my goeie vriend Speknek ontmoet het toe ons saam begin smokkel het met diamante en dadels in die Noorkaap, en dan in 1990 toe ek my eie Hilux gekry het. Ek ry hom nogsteeds en saam met spekkies al baie kere tot in Ghana gery waar ons op die myne werk.

Ek hou van kamp alhoewel daar baie mense is wat sê ek plak en kan dit nie kamp noem nie maar ek moet net 'n nuwe silver seil kry dan sal my shack weer beter lyk

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/03/2021 - 09:07

Nou wonder ek; as ons in ‘n “veilige” land soos Engeland gewoon het, of hier ook so klomp uiteenlopende en interessante lewensverhale vertel sou word. Ons vergeet maklik in watter unieke en beeldskone land (en streek) ons woon. Dit het vir seker sy uitdagings, maar daar sonder sou die lewe ook maar saai gewees het. Jy kan mos nie verwag dat jy met ‘n wa met ‘n permanente daktent kaalvoet oor die Drakensberge moet sukkel en dan moet jou nageslag met die moltrein in London werk toe ry nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/06/2021 - 15:47

Baie van die ou bekendes wat gereeld insette op die forum lewer het al van hulleself vertel op die draad, waar is die res van julle?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 25/06/2021 - 13:55

Middag vriende

ek is van nature nie 'n tale mens of skrywer nie, dus gaan my storie nie so lekker lees soos sommiges op die draad nie.

Augustus 1956- gebore op Bonnievale, so tussen die wynkelders en -lande. My eerste woord was blykbaar skink, en die 2de woord -Ma. as kind van 'n onderwyser, daar skoolgegaan tot matriek. Desember vakansies in my tannie se huis, op Hartenbos deurgebring.

Januarie 1975-- met 'n onderwysbeurs op Stellenbosch gaan studeer. Daar het my lewe baie draaie gemaak, en is ek blootgestel aan 'n wye wereld, met meer beroepsmoontlikhede as wat mens op 'n klein dorpie bewus van was. So het ek nooit by onderwyser uitgekom nie, maar 'n navorsingspad begin loop. Ek het ongeveer 4 jaar deurgebring by 'n versnellersentrum tussen SBosch en Kuilsrivier, wat vandag nog bestaan. Ek voltooi my "studentelewe" in Desember 1982, en ontvang my doktorsgraad in Fisika onder die kap van PW Botha, as kanselier van Stellenbosch. So het ek ook die voorreg gehad om voor Sy edele John Vorster te buk by grade plegtighede. 

Januarie 1983-- Begin my beroepslewe as materialefisikus by die destydse Uraanverrykingskorporasie. Diensplig het ook die tyd begin, op Potch-3SAI. Omdat ons gereken was as personeel van 'n nasionale sleutelpunt, is ons na 9 maande teruggestuur werk toe, en het nie grens toe gegaan nie . Daar in ons plaaslike kommando het ons, ons diensplig, en kommando verpligtinge voltooi.

Augustus 2021-- sal my aftrede aanbreek by wat vandag genoem word --Necsa, oftewel, Nuclear Energy corporation of South Africa. My wandeling op Pelindaba het my geneem tot by ons 20MW kernreaktor, waar ek ongeveer 32 jaar betrokke was. 'n Groot deel hiervan was gefokus om geld te maak met die reaktor.  

Op 'n persoonlike noot, ek is die trotse vader van drie kinders, 'n seun as oudste en 2 dogters. Ons as gesin het besluit om die tuisskool roete te volg, en vir alle praktiese doeleindes het my kinders dus nooit nie staatskool toe gewees nie. Met trots kan ek noem dat hulle aldrie universiteit voltooi het, en goeie beroepe beoefen. Soos met baie gesinne, is my seun ook landuit, en is werksaam in Dubai. My dogters bly net so lekker in DA-land, in Hermanus.  

My kampeerlewe het begin met 'n Opel Astra en Fleetline. Die voorwielaandrywing wou nie lekker werk nie, en ek skaf 'n Isuzu-260 dubbelkajuit aan. Die Fleetline het plek gemaak vir 'n Palma. Later het die bakkie weer plek gemaak vir 'n Territory AWD.  Vanwee omstandighede het ek van alles ontslae geraak, en weer onlangs van voor af begin kampeer. Nou sleep ek 'n Kavango met 'n Hilux 2.7 petrol. 

Fluit fluit my storie is uit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 25/06/2021 - 15:38

Wessel,  na dese sal ek jou met respekte moet behandel !  Al kommentaar wat ek het is dat in 1956 toe jy gebore is, was ek al in st. 2 in juffrou Liebenberg se klas en in 1975 toe jy Stellebosch toe is, het ek pa geword van my eerste kind.  Ai tog, dat julle jong oudtjies ook nou al op aftrede staan !

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 31/01/2024 - 14:48

Tans van Dullstroom (met die vooruitsig om oor n paar maande ook die nomadiese roete te volg). Ons (Daan is my anderhelfte) is reeds ingerig, moet net nog n projek wat ons aangepak het voltooi. Indien ons met goeie gesondheid geseënd bly hoop ons om oor so 6 maande in die pad te val.....Botswana is eerste op die wenslys.

Gebore in die Pilanesberg (weliswaar darem nie in die berg nie). My pa se plaas se naam was Houwater - waar vandag die Mankwe dam is. Skoolgegaan in Pilanesberg Laerskool (plaasskool met n hoof en n juffrou) met tussen 16 en 21 kinders in die hele skool daardie jare (Gr 1 - St 2 in een klas en St 3-5 in n ander). In 2016 het ons n naweekreünie daar gehad. Onder gewapende toesig het ons ook die skoolterrein besoek....maar dit was goed. Die gelukkigste kindertyd wat n mens jou kan indink.

Gematrikuleer in Thabazimbi. Onderwys gaan swot aan die Goudstadse Onderwyskollege. Twee jaar skoolgehou (St 1 en Noord-Sotho vir St 4&5). In dié beroep het ek n idee gekry dat n mens kan stagneer en gevolglik bedank.

Ons is toe getroud en dit het nie veel oorreding gekos om n Johannesburger saam met my Bosveld toe te bring nie.

In Northam (wat toe nog n pragtige dorpie was) het ons twee erwe gekoop - een in die woongebied (waar ons ons eerste huis gebou het) en die ander n besigheidsperseel. Van hier af het ons ook ons eie besigheid begin bedryf. 

NEE, mens moet 20 jaar oud wees as jy hier wil skryf......die plek raak opblush Vervolg?

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 15:20

begin terugsit en lekker lees, hou jy op.

Gaan asseblief voort met lewensskets. Ek is seker almal wag in spanning, veral as jy by julle nomadiese lewe gaan kom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 31/01/2024 - 17:12

Wessel, baie dankie, jou inset laat my welkom voelsmiley

Sal dit probeer kort hou en ook party van die Engelse terme waarvoor ek geen Afrikaans ken nie, net uitsny.

Albei kunstig, besluit ons om met syskermdrukwerk te begin - ek doen ontwerpe en druk dit op materiale vir gordyne, plekmatjies, kussings ens. en Daan kry baie werk van Mogwase (wat in daardie stadium n groot industriële gebied in Bophuthatswana was. Sanksies teen SA het tot gevolg gehad dat baie fabrieke nie onderdele kon invoer nie, so het hy vir TV-fabrieke naamplaatjies vir hulle stelle gemaak. dial glasses (die skermpie vol nommers wat radiostasies aandui) vir twee radiofabrieke, badges vir twee oorpakfabrieke. Specifico was n fabriek wat al die weermag, transnet, spoornet, autonet ens se klere gemaak het. Voordat hulle dit aanmekaargestik het, het ons die pante gekry om drukwerk op te doen - ook die binnekante van ballistiese baadjies. Ons het ook name en embleme op bierbekers en glase aangebring (ure lank in n pottery-oond gebak) hoofsaaklik vir bierfeeste en ook op kersielikeurflessies vir die fees op Ficksburg jaar na jaar. Ek kan hier nog bladsye vol skryf van hoe die besigheid uitgebrei het, maar eers daargelaat...

Omstandighede op Northam het ons (lees: my) laat besluit om op te pak. Ons is Riversdale/dal toe waar ons ons dogter in n fantastiese skool en veiligheid kon grootmaak. Die beste besluit in ons lewe. Ons signs-besigheid het voortgegaan oor die land heen met hoofsaaklik n groot koeldrankmaatskappy as kliënt. Intussen het ons ook baie per toeval in die filmbedryf beland. Hieroor kan ek boekevol skryf. Ons het stelle gebou en kon ook self die scenic painting doen. Oral oor die land gewerk, steeds tyd gehad om plekke te verken in al die omgewings....fantasties en die lekkerste werk wat ons ooit gedoen het.

Ons dogter het na matriek fisioterapie by TUKS gaan studeer. Die filmhuise waarmee ons gewerk het was in die Kaap, so het ons ons huis verkoop en opgepak Melkbosstrand toe. Dit was goeie tye. Verlang ek ook nou na die gereelde heerlike calamari (van n seekosrestaurant) en goeie bottel wyn op Blouberg  se strand terwyl ons na die grote bote kyk wat voor anker lé..... ai!

Nadat twee van ons art directors so n jaar uitmekaar besluit het om ander weivelde te vind het ons besluit om weereens op te pak - hierdie keer terug, so na as moontlik aan die Bosveld. Op Buffelspoort het ons n 9ha onbewerkte stukkie grond gekoop, werkswinkel gebou met n woonstel vir onsself. Later ons huis, braaihuisie en n woonstel wat ons verhuur het. Steeds werk gekry vir n paar films, maar uiteindelik was branding van vulstasies vir 12 jaar waar ons halt geroep het. n Myn wat aan die oorkant van die N4 ONTSTAAN het, het ons grond gekoop. Weer het ons opgepak, hierdie keer na Dullstroom (Voordeel: nader aan die Kruger wildtuin wat ons gunsteling vakansiebestemming is)

So baie gehad om te skryf - laat my die ouderdom besef, maar geseënd met redelike gesondheid hoop ons om nog n paar jaar te kan saamkamp. As jy tot hier gelees het, baie dankie, ek voel nou deel van die groepheart

 

 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 31/01/2024 - 18:25

Baie interessante leesstof. Dankie vir die deel daarvan.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 19:27

... in Melkbosstrand met die seelug en rooiwyn wat maak dat jy hier so gemaklik inskakel. Die eet van vis en calamari sal ek nie teen jou hou nie, anders word ek afgeskop van die forum.

Nou moet jy nog vertel waarmee julle kampeer en waarmee pak julle die vêr paaie Botswana toe aan. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 31/01/2024 - 19:39

Kan sien julle het 'n uiters interessante lewe gehad tot dusver.

Die wêreld waarvan jy praat is nie onbekend aan my nie.  My vrou Annatjie het op die myndorp Swartklip, net wes van Northam, grootgeword.  Sy was op Thabazimbi op skool.  Haar voorouers het 'n plaas gehad waar Pilansberg nou is.

Dit gaan interessant wees om julle lang-kamp planne te hoor en saam te beleef.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 31/01/2024 - 20:11

Dit voel lekker om deel te wees van n groep met dieselfde belangstellings as ons.

Ons kampondervinding strek al vanaf ons drie-weke-wittebrood met n tent (lank lank gelede) en die einde is nog nie in sig nie. Sal n toepaslike draad soek om saam te gesels - menende oor kampervarings, nie die wittebrood nieangel

Len, eendag gaan ons nog hopelik die hele Pilanesberg en Swartklip "deurkuier". Sal interessant wees.

Tot later

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 31/01/2024 - 20:59

Dit is nou 'n lekker lees stukkie, ek is sommer haastig om van jul kampering te verneem.

Op die forum was ook 'n persoon wat druk werk vir besighede gedoen het, by name Frans... hy het vir my 'n baie mooi groot 5 "vinal" druk stuk gemaak wat agter op my karavaan is. (Hy kampeer ongelukkig nie meer nie)

Hou aan, meeste van ons geniet dit om die insette te lees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 31/01/2024 - 22:14

Sjoe, dit lees soos ‘n avontuur roman. Julle het darem werklik ‘n interessante en geseënde lewe gehad as ek so luister/lees. Dit klink sommer heerlik, en ek is bly jy het aangesluit en is nog nie klaar met die avonture nie. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 01/02/2024 - 07:45

Ek is gebore in Kaapstad so my liefde vir Rugby en krieket is die WP kinder dae groot geword in Phalaborwa waar dit innie somer diep in die 40 is en was terwyl my maats fietse oor naweeke gery het , het ook soms maar was baie meer innie bos met my tentjie en het visgevang die olifandsrivier loop net buite phalborwa daar was dit nog rof en bos vandaar my liefde om innie bos te kamp , lewe, ek sal die 4 February 35 jaar werksaam wees by SASOL ek wou al op vroe pension gegaan het maar besluit sal nog twee jaar vasbyd en saam Berdien klaar maak sodra hulle myn toemaak en gerehab is ons saam het drie dogters met ses kleinkinders en ja kleinkinders kry meer reg as hulle eie ouers of wat se ek dis al om bekend dat ek en Berdien vir lank gaan toer in Noord Kaap , Wes Kaap , Weskus , Richtersveld , Namibia , Laeveld, 33 Passes ,Oom Paul se tuin, Kalagadi en boskampe in Suid Africa dis alles in n neut dop

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 08:57

....kan gerus insette gee op die gesprek. Ek is oortuig dat dit ook baie insiggewend sal wees.

Dis lekker om mede forum vriende beter te ken, aan hulle lewensverhaal.  

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 01/04/2025 - 20:07

Ok hier is my verhaal voordat ons Kruger toe gaan.

My naam is Goeie Hout.  Tans woonagtig in Kaap.  Ons woon sedert 1992 in Goodwood Maar, ek het groot geword in Parow.  My vader was n ketel maker op die ou Spoorwee en my ma was n musiek onderwyseres.  Sy het my geleer om goeie musiek te waardeer.  Maar vandag is ek SPYT dat ek nie klavier lesse geneem het by haar.  Want ek is musiek mal. 

Ok ek het toe matriek geskryf en wou krieket in Engeland gaan speel.  Ek het iemand geken van WP krieket wat later Engelse burgerkskap gekry het (en teen ons in ons eerste wereld beker gespeel het way back) en kon reel dat ek na UK gaan.  Maar die Weermag het teen dit besluit.  Ek het toe my 2 jaar gedoen en was nie sleg.  Baie geleer.

Na weermag het ek by n bank begin werk want ek wou nie my Pa se geld mors.  Bankwese was toe nie vir my.  Toe verander my lewe toe ek n werk kry by die Groen masjien in Pinelands.  In die beleggings kantoor.  Daardie tyd moes jy die formules uit jou kop uit ken en kan toepas. (Formules om n fonds se prestasie te bereken)  Byvoorbeeld as die mark op beweeg moes jy uitwerk watter aandele dit gedoen het en hoekom.  Ons moes werk op n HP 12C en LOTUS 123.  Dit was Awesome.  Tot vandag volg ek die markte noukeurig.

Intussen het ek al my kwalifikasies buitemuurs gekry.  Dit was opofferings maar het deur gedruk.  Intussen maak SA maatskappye (na die nuwe bedeling) bate bestuurders kantore oorsee oop.  Nou ja, die Afrikaans sprekende mannetjie is toe gestuur om te werk in Londen en Boston.  Wat n voorreg.  Dit was lekker, MAAR, die afstande was groot en my 2 dogters het goed gedoen op skool en ek het dinge begin mis, soos verjaarsdae, netbal wedtryde ens, ens.  Toe vra ek n verplasing en gaan werk vir n “subsidiary”.  Die maatskappy is so groot dat ek in verskeie devisies gewerk het.  Interesant is Eiendomme.  Shopping Centre management is baie baie interesant.  Maar ek het onlangs vir my bestuurder aangedui ek wil nog net 24 “pay checks” he.  So ek beplan om oor 24 maande af te tree.  Kan regtig dit nie glo.  Dan gaan ek en die navigator die Fleetline meer gebruik.  Die eerste jaar beplan ons n lang toer. (langer as 4 aamde)

My 2 dogters is na skool Universiteit toe.  Ons wou he hulle moet die ervaring meedoen.  Hulle het ons trots gemaak en baie meer gedoen.  Een het BSC en LLB klaar gemaak en die ander een huishoudkunde en sjhef. Genade en weereens GENADE.  Ek het gedeel in hulle vreugde en laagte punte aangesien ek nie voltyds kon leer. 

My kamp ondervinding het begin by VOORTREKKER PARK in die Strand.  Een van my pa se vriende kom van Worcester af.  Hulle het karavane gekoop.  Die oom Jurgens en my Pa Sprite Alpine, 13vt.  Ons het met die Valiant Regal gesleep.  Wonderlike dae.  Dit is ook die plek waar ek my vrou ontmoet het toe ons nog op hoerskool was.  Ek kon haar net jaarliks sien aangesien sy van die platteland af gekom het.  Sy kom van die dorp waar jy om die kerk as jy die dorp besoek.  Ek is getroud in daardie kerk (Wessel raai waar).  Ons is vandag 38 jaar getroud en ek het nog steeds ogies vir haar.  Alles net genade.

Nou ja, so dit is n klein blik in my lewens verhaal.  Alles is ingekleur deur genade van BO en alle EER aan die Hemelse Vader.  Soos reeds genoem, ons is geseend met 2 wonderlike dogters.  Ons het 1 klein dogter wat my absoluut besig hou en sy toor met my…. En dan is daar nog een oppad.  Haar datum van arriveer is 30 Mei 2025.  Ons is oppad huis toe dan van Oom Kruger se Tuin.  OOO ek hoop ons maak dit.

My en my vrou se eerste karavaan was n Sprite Sprint.  Wonderlike karavaantjie.  Klein en lekker gesleep.   Na n paar jaar het ek gejuk, en koop n Gypsy Caravette 5.  Na so 15 jaar verruil ons die Gypsy vir n pragtige Jurgens Fleetline en wow wat n mooi woonwa.  Ons kamp afgelope 20 jaar in Desember op Onrus en probeer elke 2de jaar toer.  2023 het ons n NOORD KAAP toer onderneem, van Rhynsdorp, Springbok, Augrabies, Prieska, KAROO NASIONALE PARK en Calitzdorp se karvaan park by die trein stasie (ou gat plekkie).  Mei maand is natuurlik Kruger toe.  Ons almal is versot op kampeer en ek leef vir n toertjie.

Soos julle weet scuba ek gereeld en speel elke week gholf.  

Fluit fluit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus