Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -1 hour ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -8 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -11 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -11 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -11 hours ago

Wie is jy?

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die gereelde geselsers kan mens soort van aflei, maar dit sal vir my interessant wees om meer uit te vind van wie en wat al die forumlede is. Ek sal begin...

Gebore in die Moedersbond in Pretoria om 06:00 op ‘n Saterdag in Januarie 1972. Grootgeword teen die Noordelike hange van die Magaliesberg Oos van die Wonderboom. Besoek die Kruger wildtuin saam met my ouers elke Julie vakansie sedert ek gebore is. Daar slaap ek eers in ons VW Kombi wat net vir die wildtuin toer gebruik en ingerig is. Later in my eenman tent. Swot Stadsbeplanning by Tukkies van 1990 tot 1993.

Gaan werk in Randburg en toe Sandton as ‘n stadsbeplanner net toe die politiek verander in SA. Geniet dit glad nie. Te veel politiek, en dit voel of ek die belastingbetaler se geld mors want die politici luister nie na my aanbevelings nie. Hulle neem politieke besluite. In 1997 doen ek ‘n gidskursus, bedank my veilige stadsraad pos, en gaan werk vir minder as ‘n kwart van die salaris en sonder voordele as ‘n veldgids. 
 

Van einde 1997 tot 1999 lei ek kampeertoere in Suidelike - en Oos-Afrika. Onder andere ses toere van Johannesburg na Nairobi via Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië, Zanzibar en die Serengeti en agt twee-week toere in Botswana. Daarna begin ek mekoro toere op die kanaal wat die St Lucia meer met die see verbind (estuary), bestuur ‘n wildplaas buite Hoedspruit, werk by ‘n lodge daar naby en doen vryskut gidswerk in die wildtuin. Toe trek ek Botswana toe vir 2,5 jaar; bestuur lodges, lei vir ‘n jaar 33 drie dag staptoere in Groot Vier gebied (die renosters was uitgeskiet) en werk met opgeleide Afrika olifante waar ek onder andere self as mahout die een koei kon ry maar meestal op die grond gestap het om wilde olifante weg te hou wanneer toeriste op ons olifante ry in die bos. 
 

Toe gaan ek terug stadsbeplanning toe in 2005 vir ‘n jaar, maar die bos roep te hard en ek aanvaar ‘n posisie as streeksbestuurder vir ‘n Amerikaanse toeroperateur. Daar ontwikkel ek opvoedkundige toere en lei self toere in SA, Botswana, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Madagaskar, Gaboen, Kameroen en Sentraal-Afrika Republiek. Ek het dit baie geniet, maar ontmoet my vrou in 2007. In 2008/9 kan die maatskappy nie bekostig om my permanent aangestel te hou nie weens die wereldwye resessie, en ek moet ‘n regte werk soek. 
 

Ek gaan werk vir 5,5 jaar as projekbestuurder vir een van die groot siviele kontrakteurs in SA, meestal in myne en by SASOL in Secunda. Dis ‘n moeilike aanpassing na 12 jaar in die natuur, maar hou die pot aan die kook. In 2014 kry ek werk as projekbestuurder in Worcester by die plaaslike munisipaliteit, waar ek nog werksaam is. Uiteindelik laat my leefstyl toe vir ‘n gesin en ons kinders is beide hier gebore.
 

Voordat hulle gekom het, het ek en my vrou lekker gereis in SA, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en oorsee. Vandat hulle groot genoeg is (toe die jongste twee geword het) kampeer ons weer, en in 2019 koop ek ‘n 2008 Echo Kavango. Ons skuur elke moontlike geleentheid gat in die Wes-Kaap en wildtuin toe. 2020 was die eerste jaar van my lewe wat ek weens die inperking nie wildtuin toe kon gaan nie. 

Hier is ‘n foto van ‘n jaar gelede.

A

Wie is jy?

 

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/04/2025 - 04:46

....nou het jy my gevang met jou lewensverhaal.

Eerstens kan ek my vereenselwig met die HP12C en LOTUS123 gebruike. Tweedens, daai dame van Bonnivale moes dan moontlik saam met my op skool gewees het, wat beteken dat ek haar behoort te ken!!!. 

Ek brand natuurlik nou van nuuskierigheid oor haar naam en nooiensvan. Nou sien ek eers uit na die ontmoeting in die willetuin.  

 

0

Lekker om weer in te loer.

Ek en die tannie het nou laas langnaweek weer vir die eerste keer in jare gaan kamp, in die Kruger Wildtuin nogals en in die kleine Malelane kampie, vir drie volle aande.

Die kampery was presies soos ons dit in 1995 vir die eertse keer gedoen het, tent (lekker spasie en hy slaan outamaties op), grondseile onder tent en die deel onder die (outomatiese) gazebo, sentimeters van die draad af. Glider waentjie aan die anderkant wat al ons droe kos en snacks ingehad het.

N splinternuwe kar battery en Eskom krag National Luna Travel Box het die vleis gevries gehou en die groente en drinkgoed yskoud, die het in die tent gestaan en op die mouter se battery geloop toe ons sountoe en huistoe gery het.

Die slapery was op 2 stretchers met die nuwe Lumio opblaas matrasse met ma se linne ens.

Die storie het nou weer posgevat toe die lee nes sindroom ons met alle geweld plat geslaan het, tweeling albei op varsity en meisiekind maak die jaar klaar met tandarts in die Kaap.

Dit was n moewiese aanpassing vir n pa wat net een van sy tweeling se rugby games gemis het in hulle rugby loopbaan van laer en hoer skool.

Ewentwel, ons het die kampery te veel gelike.....! 

In die tussentyd ry ek nog die wereld plat met my Yamaha T7 en vat die kampery maar verder met die scooter, wil ook poog om van Monaco tot in Dakar te ry later in die jaar, sal maar sien hoe werk dinge uit by die "werk", en ek moet biki fikser word.

Ek sal dalk later biki kiekies gooi van ons Kruger kamp wegbreek.

Laastens, sorry vir die lang brief, poog ek en die tannie om elke maand weg te gaan, dit help met die lee huis en help ons met die nuwe fase in ons lewens.

Ry nou hoeka die 18de April na ons kaya in Keurboomstrand en Mei maand is dit weer Dinokeng. 

Reis terwyl die Rand nie heeltemal in sy maai in is nie.

Groete,

Frikadel.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 11:34

....dis nou lekker om van jou te verneem!!!! Daai leë huis kan nogal sleg op mens inwerk.

Watter universiteit is die tweeling heen??

Ek hoop nie jy het woonwa verkoop om hulle op universiteit te hou nie.laughDrie kinders saam op universiteit roer mens se spaarvarkie!!!crying

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus