TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -6 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -24 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -27 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -32 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onTue, 23/03/2021 - 20:21
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/03/2021 - 20:38

Ons toerprogram begin op Sondag 2 Mei en ons ry die 475km tot by Karoo Nasionale Park, net buite Beaufort-Wes.  Vandaar is die plan die ongeveer 500km tot in Bloemfontein en dan weer 500km tot in Pretoria waar ons vir amper 'n week gaan kuier by vriende en familie.

Ons gaan dan op die N4 in 'n oostelike rigting ry tot in Nelspruit waar ons by Koos & Irene Mol gaan kuier voor ons die Wildtuin aanpak.  Ons wou die volgende môre by Malelane-hek die Wildtuin binnegaan, maar verneem dat daar ernstige padwerke is tussen Nelspruit en Malelane met vertragings tot 45 minute ! Ons gaan dus eerder soos Koos aanbeveel, Witrivier toe ry en dan by Phabeni-hek by die Wildtuin ingaan, mits daar nie weer betogings is nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/03/2021 - 20:46

Dit gaan n droomtoer wees. Kan ek n voorstel maak. As daar nie n baie goeie rede is om die terugkeerdatum vas te stel nie, maak nog so paar draaie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/03/2021 - 20:56

Ek weet dis nog langer as 'n maand, maar ek het besluit om die Exclusive vandag solank deeglik te was en dan kan ek net 'n "spring clean" gee net voor ons ry.  Nogal trots op myself, die wastakie self afgehandel sonder hulp.  Selfs die dak deeglik met seep gewas en terwyl ek so op die leer staan, het Annatjie seker gemaak sy het die ambulans se telefoonnommer byderhand net ingeval ek daar afvoeter.  Gelukkig was die voorsorg onnodig.

In en om die wa is alles opge-"check" en blyk in orde te wees.  Ek het my tru-kamera hoër opgeskuif tot net onder die lugversorger en is baie nuuskierig om die verbetering van die beeld te sien as ons eers ry.  Die luversorger se gas is getoets en die drukking is reg volgens die tegnikus.  Ek het die binne-eenheid se twee siwwe self skoon gemaak en teruggeplaas.

Die P/F se "dash-cam" is getoets en gereed om net gemonteer te word. (Ek gebruik dit net op lang ritte en ritte in die Wildtuin.)  Die Exclusive se fris "mover"-battery is 3 maande gelede vervang en ek het nog 'n tweede battery op die A-raam.  Ek maak seker dat beide batterye volgelaai bly terwyl ons die dae aftel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/03/2021 - 21:02

Ai tog Herman, dis 'n ernstige veroeking om nog langer te bly, maar dit gaan op 'n egskeiding uitloop.  Ouma dring aan om op 11 Junie by haar 5-jarige kleindogter se 6de verjaarsdag te wees !

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 24/03/2021 - 07:23

... 2020 is verby. Die opskrif moet seker lees "... in Mei en Junie 2021".

Maar aag, jy's verskoon. 'n Mens is geneig tot sulke glipsies as jy baie opgewonde is. Dit is duidelik dat jy, soos ek, opgewonde is oor die komende wildtuin-vakansie. Geniet die voorbereiding. Ek geniet tans myne.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/03/2021 - 09:03

Ai ChrisB, julle jonger oumense is darem skerp, ons ouer oumense kan nie bybly nie !

Fout herstel.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 24/03/2021 - 18:20

Ek sien self so uit na die toer, na die terug slae wat julle deur gemaak het, kan ek amper sê, "ek deel in jul opgewondenheid" 

Daar gaan 'n klompie lede van Mei tot Julie daar rond dwaal.

Naand Johann

Nee vriend, ons gaan nie dwaal nie. Ons gaan met mening en volgens deeglike beplanning.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/03/2021 - 19:58

Chris, ek was nie so produktief soos ek moes nie.  Drankvoorraad-opname gedoen en tekorte deels aangekoop.  Ook die kas onder die dubbelbed uitgepak om te sien wat daar is (ek het mos 'n jaar laas gekamp !) en dit sommer netjies, reggepak.  My inpak/onthou-lysie uitgedruk en begin afmerk wat reeds binne-in die karavaan is.  Dit help ook met aankope van tekortkominge (en die terugvra van die goeters wat die kinders geleen het !).

Ons totale vakansirit gaan ± 6 000km beloop terwyl die P/F nog 8 000km oor het in sy huidige 15000km dienssiklus, MAAR en dis die groot maar, die vorige diens is 20 maande laas gedoen !  Die standaard praktyk is om dit eerder elke 12maande te doen as dit minder as 15000km gedoen het.  Ek gaan maar eeder veilig speel en die diens laat doen so 3 weke voor ons ry. (Hulle sê mos jy moenie die langpad aanpak direk na 'n diens nie, ingeval iewers iets verkeerd gedoen is).

Hier is nog 'n paar ander dinge wat in my pad staan om uit te sorteer, byvoorbeeld ons huishulp se UIF premies.  Ek sukkel nou al maande lank om die betalings op hulle aanlyn-stelsel te doen en om  by hulle telefoon-hulplyn aan te klop, is 'n saak van onmoontlikheid.

Maar ek vorder !

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/03/2021 - 19:12

Alhoewel ek self gaan toer, sien ek uit na die Loader-verslag. Veral om o.a. te verneem van hoe dit met die Molle gaan - synde dat Koos so stil geword het hier.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 30/03/2021 - 20:34

Dit lyk darem nie of die 3de vlaag se moontlike inperkings ons komende Wildtuin-trippie in die wiele gaan ry nie.  Ek dink die meerderheid Suid-Afrikaners het iets erger as wat vanaand aangekondig is, verwag.

Ons sal onsself maar stil en rustig gedra hier oor die Paas-langnaweek en eerder plekke waar 'n gedrang van mense voorkom, vermy.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 31/03/2021 - 07:20

Nou ja toe, ons is sekelik almal hoofsaaklik dankbaar vir die afkondiging, dit plaas nie 'n demper op reis planne nie.

Die drank inperking, ek voel jammer vir die boere, maar, die pad sterftes, gesins geweld, ens. gaan af neem. CR kon maklik 'n reis verbod af gekondig het.

Nou kan almal se reis planne voort gaan.

Worcester

Wildehont

Wed, 31/03/2021 - 08:00

Gelukkig is daar nie tans enige motivering vir streng maatreels nie, want die Covid infeksie syfers is te laag. Ek glo hulle weet hulle sou pak gekry het as hulle nou weer drakoniese maatreels ingestel het. Nou moet ons net hoop die infeksies neem nie weer toe nie. ‘n Kenner het nou die dag uitgewerk dat dit teen die huidige tempo ons 15 jaar gaan vat om genoeg mense in te ent vir kudde immuniteit. Dus is ‘n derde, vierde ens ens vlaag onvermydelik. Cyril het wel afgekondig dat 30 miljoen J&J inentings plaaslik verpak gaan word, maar daar is geen aanduiding van hoe lank dit gaan vat nie, en dan moet dit nog versprei en toegedien word. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/03/2021 - 09:13

Ek het my twee kissies Tafel-bier (4 dos.) vroeër in die week gekoop ingeval CR ander planne gehad het.  Dit was dus eintlik nie nodig nie, maar dis nou reeds in die wa ingepak en die blokkie kan getiek word.  Rooi- en witwyn het ek gelukkig genoeg voorraad en die verdere aankoop daarvan was nie nodig nie.  Interessant egter, my anner-helfte hou van 'n "ginger square" gemaak van gemmer-likeur (nie gemmer brandewyn nie) en "ginger-ale" en ek het my vrek gesukkel om gemmer-likeur in die hande te kry.  Geen drankwenkel hier in ons omgewing hou dit aan nie en gelukkig kon 'n restourant-vriend van my seun 'n paar bottels Butlers Ginger liqueur vir ons opspoor.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/03/2021 - 09:38

Hier in die Kaap (en as ons Wildtuin toe gaan) braai ons graag met hout, gewoonlik rooikrans of sekelbos.  Gewig en beskikbare pakplek is egter altyd 'n probleem om 30 dae se braaihout vir 2000km saam te piekel.  Ons het dus altyd net buite Pafuri-hek in die verre noorde van die Wildtuin hout by die plaaslik gemeenskap gekoop.  Hierdie keer eindig ons Wildtuin-trippie in die noorde en 'n ander plan moet gemaak word.  Verder nog, die skadelike stompkop-kewer wat in sekere dele van die Kaap voorkom mag nie in die Wildtuin versprei word nie en ek het dus besluit om maar eerder met brikette te braai.  Ek sien by Pick 'n Pay kan 3 x 5kg Etosha "triquettes" gekoop word teen R150.  Is dit 'n goeie produk of het iemand 'n beter, alternatiewe produk ?

Môre Len

Ek braai meestal met brikette. Gewoonlik maak ek vuur deur 'n paar dun sekelbos stompies te pak, soos 'n bruggie met Blitz blokkie daaronder. Dan pak ek bo-op dit die brikette. As die baie rook weg verdwyn, brand dit nogal lekker.

Jy kan natuurlik binne die wildtuin hout koop. Ek kan net nie die pryse onthou nie. Gedagtig aan die KNP se geldgierigheid, sal hout en brikette sekerlik 5x duurder wees as gewone P&P pryse.

Mag mens hout van elders as die Kaap, invat? Volgens jou info oor die Pafurie hout, klink dit so. Koop dan maar hout in Nelspruit/Malelane  omgewing oppad in.