Sien die Braai Buddy

Die prys maak my net nie opgewonde nie.
Get your Buddy to do your dirty work. Cleaning a dirty and greasy braai grid has never been that easy.
Hurry up and get your Buddy while stock lasts on this Easter Special.
Regular Price R1472 Big Buddy | R1127 Standard Buddy
Save on delivery costs and pick your Buddy up from our pick-up spots.
Centurion: Endecon Ubuntu Centurion – 257 Jean Ave, Die Hoewes, Centurion, 0157
Pretoria: Pexmart – 1 Piet Pretorius St, Rosslyn, Akasia, 0200
Baie oulik, maar baie duur,…
Baie oulik, maar baie duur, dankie Willem.
Ek maak ook my rooster skoon na dit gebruik is, maar dis 'n klein roosertjie (een van daai vlek vry staal by Checkers) wat in die tassie op vou.
Dan het ek ook die groot rooster wat net gebruik word as ons meer mense is.
Ek stem saam ....
... dit is 'n oulike kontrepsie. Tot my spyt (net soms) het ek 'n klompie jare gelede ook oorgeskakel na vlekvrye staalrooster - vir die enkele kere wat ek wel op 'n gewone braaivuur braai (meestal vis). Dit het al só tweede natuur geword om die rooster te was na 'n braai - ek het ongelukkig nie 'n Sebiena nie. Met 'n Weber (wat ek meestal gebruik) het jy nie 'n keuse nie, want jy't met brikette nie sodanige vlamme dat jy die rooster kan brand nie. Ek gebruik vlekvrye staal skuurwol om dit weer blinkskoon te kry. In sommige moeilik-bereikbare hoekies kry jy mettertyd aanbrandkolletjies. Maar 'n bietjie onverdunde soutsuur los daardie probleem ook op.
As ek die slag lui is vir die skoonmaak het ek myself al meermale verwens dat ek nie meer 'n gewone rooster gebruik wat jy sommer "skoonbrand" in die vlamme nie. Dit was vir jare goed genoeg maar nou hou ek my mos apstêrs om elke keer op 'n skitterblink rooster te braai. Jis - mens kan darem maar "stupid" wees.
Brand skoon
Ek was nooit my roosters nie....brand skoon met hulp van staalborsel
Spray ‘n’ cook
Ek gebruik tuis ‘n gewone rooster, brand dit en borsel dit dan skoon. In die Kavango is ‘n vlekvrye staal rooster. Dit spuit ek met Spray ‘n’ cook voor die braai en maak dit die volgende dag skoon met Cadac se skoonmaak middel in ‘n spuitblikkie. Dit vreet sommer die vet en dan kom alles maklik met ‘n nael borsel af. Lg gebruik ek net vir die rooster- nie vir naels nie.
Ek hou van die nael borsel…
Ek hou van die nael borsel idee, ek vernietig elke was een splinter nuwe skuur sponsie.
kom alles maklik met ‘n nael borsel af.
Nooit daaraan gedink nie, ek het permanent 'n staal borsel in die neus kas, vir wanneer ek die oord se roosters gebruik.
Ek .......
Ek het 2 klein roosters, 1 ou staal rooster vir braai broodjies en 1 vlekvrye staal vir vleis, maak lekker skoon. Het baie gesukkel om die rooster in opwasbakke by kampplekke te was en toe so paar weke gelede my eie ding gemaak want die braaibuddy is groot en duur. Dis nog 'n proto tipe (nog net een keer gebruik) gemaak van materiale in my motorhuis. Bietjie water en seep in die sak, skud en laat staan oornag. Die bek van die sak maak te wyd oop en ek dink nog aan 'n oplossing daarvoor, sal wel die oplossing kry.
Ek hou daarvan dat my roosters die oggend na die braai skoon is en terug in hulle sak.
Naand Koos, ek sit ook my…
Naand Koos, ek sit ook my roosters in sakke wat my vrou vir ons gemaak het, die wat permanent in die wa bly, 1 x 6 broodjie rooster en 1 x groot braai rooster, plus 'n spit braai rooster in 'n apparte sak.
Ek hou nogal van jou "was sak", gaan bietjie kyk na die idee. Soos jy sê, die roosters pas nie in 'n normale opwas bak nie, en is 'n bietjie van 'n slep om skoon te kry.
Wat se materiaal het jy…
Wat se materiaal het jy gebruik, lyk nie na plastiek nie, en ripstop seil is nie waterdig genoeg nie
Johan ek het ook
Johan ek het ook so braai soos joune vat min hout / houtskool en vou lekke op en vat min spasie jip Willem nice maar duur
Braaier ...
Ek sukkel met sulke klein braaiers, miskien moet ek eerder oorgaan na houtskool toe en nie gewone hout nie ?
My swaer gebruik ook sulke klein braaiers, ek sê altyd y is te suinig om vuur te maak en gebruik net 5 brikette.

Johann.....
Ek weet nie wat die materiaal genoem word nie. Dit lyk na 'n geweefde plastiek, gegiet in 'n plastiek laag, dis waterdig. Die sak lek bietjie deur die soom op die een onderste punt.
Ek het ook so'n klein…
Ek het ook so'n klein braaier Willem.
Die naelborsel klink na 'n baie goeie idee ![]()
Goeie skoonmaakmiddel vir VVS rooster
Ek het elders genoem van die alkaliese skoonmaakmiddel wat ek gebruik om my VVS rooster skoon te maak. Die goed se naam is SDR. ‘n Liter kos R60 by Kaap Agri, en ek verdun dit 1:3 met water in ‘n plastiek spuitbotteltjie. Ek spuit die rooster die volgende dag daarmee met die sproeikop van die botteltjie op fyn sproei gestel, wag so 5 tot 10 minute en was dit dan met ‘n gewone sponsie se growwe kant maklik skoon. Aangesien dit alkalies is hoef mens nie handskoene te dra nie, en dit brand nie jou neus nie soos van die ander middels se walms nie. Dit kan ook gebruik word as degreaser of vir ander skoonmaak doeleindes.

Dankie vir hierdie inligting…
Dankie vir hierdie inligting Chris.
Braai Buddy
Ek het laasweek vir die 1ste keer fisies die braai buddy in lewendige lywe gesien. Dis beslis nie n kampeer item nie....ek dink hy is meer as 2x my volledige braaier se gewig en is n groot item. Ek gebruik as beginsel basies nooit n toeknyp rooster nie....net soms as ek starpack hoender braai en dan braai broodjies. Ek sal volgende hoender starpack braai Wildehont se idee gebruik om eers spray en cook op te spuit. Ek verkies dit om my vleis met braaitang op gewone braai rooster om te draai....daai rooster word nie gewas nie....hy word skoon gebrand
Ek gebruik "as beginsel basies nooit n toeknyp rooster nie..."
Geert, dis interessant. In my geval gebruik ek ALTYD 'n toeknyp rooster - trouens, ek het nie eers 'n braaitang nie, net 'n koletang. Ek spuit wel ook my rooster vooraf met Cook & Spray.
Maar so het ons maar elkeen ons gebruiktjies.
Keuse van braaier
Sit sommer en lees deur ou gesprekke, oor braaiers en Smokey Joe.
Deur die jare het ek maar nog altyd tuis en met kampeer op 'n braaier gebraai waar mens die rooster hoogte bo die kole kan verander. Dit werk baie lekker om hitte te beheer, na gelang van wat mens braai.
My huidige kamp braaier se hoogte is verstelbaar, maar die rooster area is effe klein. Ek kan nie juis iets warm hou[maak] daarop, terwyl ek nog my vleis wil braai nie. Ek kyk dus rond vir 'n alternatiewe braaier.
Smokey joe kan dalk werk, maar met die ronde bodem, hoe kry mens egalige hitte onder vleise op die rooster. Die kante is mos nader aan die kole.!! Dieselfde probleem kry mens met 'n skottelskaar braaier, soos in KrugerNP.
Ek het ook so 'n reghoekige vlakkerige opvou braaier, maar die ding se roosterhoogte kan nie verstel word nie. Dit het egter spasie om potjie, houer, bakkie vir warm hou/maak te sit, terwyl ek nog eenkant braai.
Ek aanvaar mens reguleer die hitte en braai tempo deur meer of minder kole onder die vleise te stapel. Ek moet nog die katoeter en metode bemeester.
Wat gebruik julle, behalwe nou handige Smokey joe's???





Dis heel oulik Willem, maar…
Dis heel oulik Willem, maar die prys en die onmoontlikheid om dit saam te neem om te gaan kamp, sit my af. Ag wat, in my geval nadat ons by die huis gebraai het, maak ou Sebiena my braairooster die volgende dag mooi silwerskoon. Wanneer ons kamp braai ons so baie dat skoonmaak van die rooster nie ter sake is nie !
Ek sien ander ouens het sulke grênd vlekvrye-staal roosters waarvan die handvatsel kan inskuif - dan pas dit sommer in die skottelgoedwasser ook ! (Die koste daarvan is gelyk aan 'n sleeptrip met die Pathfinder en Exclusive se diesel vanaf Kaapstad tot by die Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes ! Dus werk my gewone ou braairooster maar netso goed.)