Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -35 minutes ago
Wessel Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -37 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -38 minutes ago
Tafel en bankies Rock View Lodge Nelspruit Geert -44 minutes ago
forum deelname Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -47 minutes ago
Hallo Rona Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -48 minutes ago

Strydoms in Kalaghadi

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende , binnekort[10 Mei] vertrek ons vir ons 1ste besoek aan die park. Dit is nogal 'n vreemde ervaring omrede dit 'n totale onbekende omgewing en park vir ons is. Ons bly 2 aande oor by Red Sands, dan skuif ons aan Augrabies toe ook vir 2 aande, en dan beweeg ons Twee Rivieren toe. Ons daar bespreek vir 6 aande, en dan weer die langpad terug huistoe. Dit onderbreek ons weer met 'n enkele aand se oorslaap by Red Sands. Het enige van julle onlangs die N14 oor Vryburg en Kuruman gery? Almal praat my bang vir steel van goedere by verkeersligte, deure word dlo sommer oopgepluk ensovoorts. Sommiges bevel aan dat mens gladnie daar moet stop nie. Ongelukkig moet mens stop vir brandstof.
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/04/2021 - 18:49

Ai, maar hierdie forum gaan 'n besige tyd binne met al hier wildpark besoek-verlae.  Maar dit gaan heerlik wees.  Laat waai Wessel.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 21/04/2021 - 06:14

'n Volledige dag-tot-dag verslag is al wat ons tevrede sal stel.

En daar is selfoon sein oral waar julle gaan staan, so geen verskonings nie.  

0

Môre Chris S en ander

….wat se foontjie ek het nie. Dit is 'n 2014 Nokia 3110, wat kan bel en sms stuur.

Ons bedink tans die opsie om 'n skootrekenaar en "dongle" saam te ry vir internet toegang. Anders sal ek maar sodra ek tuid kom, begin verslag doen.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 21/04/2021 - 07:59

sodra ek tuid kom, begin verslag doen.

Persoonlik verkies ek om verslag te doen na die toer. Terwyl ek op toer is verkies ek om weg te bly van tegnologie afgesien daarvan om foto’s te neem met my foon. Die ander voordeel daarvan om na die tyd verslag te doen, is dat jy die toer kan herbeleef. 
 

 Nokia 3110.

 Die voordeel daarvan is dat jy kan tentpenne inkap (nou nie Oom Arie se soort nie) daarmee. 

0

Middag vriende 

My uittog na die Kalahari is nou 1 slapie weg. Ons spook en spartel om gepak te kom. 

Ek moet net môre oggend die vrieskaste laai, pakkos en koffie inpak, EN dan die hele kappie met doringdraad toedraai.laugh Ek glo ons sal deur Vryburg en Kuruman beweeg, sonder enige insidente.

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 09/05/2021 - 18:27

Geniet dit Wessel, ek glo ook jy gaan deur ry sonder insidente.

Moet net nie stop nie, konnekteer 'n draad van af die coil, na die canopy, en bobs your uncledevil

Grappies op 'n stokkie, veilige reis en hou ons op hoogte.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/05/2021 - 07:55

Lyk my hy trek nou ‘n Oom Len op ons met die stilte. Ek hoop hulle is ongeskonde deur Vryburg. Darem ‘n skande dat mens nou so moet oppas om deur ‘n dorpie te ry. Dit was nogal ‘n gerieflike pitstop die kere wat ek tussen Pretoria en die Noord-Kaap gereis het. Laat weet bietjie hoe julle gesleep het en sit ‘n fototjie of twee op Wessel. Of gaan jy soos ek ‘n verslag opstel wanneer julle weer tuis is?

0

Middag vriende

Ons staan veilig in Red Sands. Dankie, ons het veilig deur berugte dorpe gekom---daar is krag in gebed!!!

N14 sleep soos droom. Ons hetN4 gery tot Rustenburg, toe af na Ventersdorp, daarna heelpad N14. Glo my, dis hele tyd opdraende. Eseltjie het gebrul, 110-120 km/hr op ooppad,  darem 6km/l gekry.

Red Sands is 'n juweel. Ek hoopdie fotos ia duidelik. Ons staan  by 'n privaat ablusie-eie stort, toilet, wasbak. Dan ook eie opwasbak en braai.

 

More skuif ons aan tot by Augrabies vir 2 aande.

Chris S: Ek sal vir jou fotos van badkamer pype/rollers neem in Twee Rivieren. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/05/2021 - 16:29

Red sads 

Die opskrif het my laat wonder. Ek self het nog net een keer daar kampeer, tydens die Bike SA Desert Run in 2002. Dit het daar begin, maar was ‘n perd van ‘n ander kleur so my persepsie van Red Sands is waarskynlik nie getrou nie. Geniet die vakansie en ry veilig! Lyk darem of julle lekker weer het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/05/2021 - 21:28

Ek stem saam - Red Sands is 'n Kakahari- juweel. Geniet elke oomblik ou maat.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus