Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Twakpraat (NIE Politieke)

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek skep hierdie gesprekslyn vir iets so terloops want nie opgevolg stories het nie.  Net Kampvuur Twakpraat.

Daar is reeds gesprekslyne oor Politieke, Covid en wat nog.

Ek weet almal kyk nie na die "Groet" gespreklyn nie, so hier kan jy kom klets.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/09/2021 - 14:30

Ek het ook 'n ou-ou een wat altyd gebruik was om sement te meng.  Kry toe later 'n oop platter bak een en na al my sement werk het ek toe die ou een gate in die vloer geboor en iets in geplant.  Eendag kom hier 'n ou aan wat dag loon soek en sê hy sal buite skoon maak, later sit hy die graaf en hark deur die hek neer en sê hy gaan net die kruiwa leeg maak, hom en die kruiwa nie weer gesien nie. (nogals 'n blanke jong man)

Nou sit ek net met die ou een wat 'n ornament is.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 28/09/2021 - 15:33

Middag vriende en Anton

Julle ken mos die storie van die jonglatte wat kuier om 'n vuur en bier. Gesels net seks dat die spoeg spat soos hulle grootpraat. Later vra ou skaam Jannie---manne kom ons praat eerder 'n slag oor karre. Onmiddellik vra vuilgat Gawie---het julle al agter in 'n Volla gevry.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 28/09/2021 - 16:54

So gepraat van die plat aarde teorie - ek is tans besig met 'n debat / redenasie met iemand wat glo hy is plat.    My verstand kan ongelukkig nie saamstem nie -  meestal weens my liefde vir Astronomie en astrofotografie.   Net die opstelling van die "equatorial mount"  - driepoot wat kompenseer vir aarde se rotasie is genoeg om wiskundig te bevestig dat ons op 'n ronde ding staan wat om sy eie as draai.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 28/09/2021 - 17:16

Ek was bevoorreg om in die laat 1990's tussen Heathrow en JFK met 'n BA Concorde te vlieg (help as jy 'n goue kaart houer van BA se lugmyle is!). Daai ding vlieg nie vinnig nie, hy f$#f behoorlik, van opstyg tot land was net 'n rapsie oor 3 ure gewees! Is 'n trotse houer van die Mach 2 klub sertifikaat (nee waar is julle gedagtes, dis nie die mile high ene nie!), toe ek die koffie meisie vra om die drywer te vra om die sertifikaat te teken reken sy ewe vriendelik hoekom vra jy hom nie self nie...en daar staan ek toe voor by die drywers, 'n techie se droom hemel, net skakelaars, liggies en instrumente waar jy kyk alles terwyl ons Mach 2+ vlieg. Die skakel met die ronde aarde is dat op die hoogte wat Concorde gevlieg het (naby aan 60 000 voet) kon mens duidelik sien die aarde is rond. Dit was natuurlik voor 9/11 gewees toe vlieg nog vriendelik was....en skaars 'n jaar later gebeur die Air France Concorde ongeluk :( 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 28/09/2021 - 19:25

O ja, as die aarde gedraai het, hoekom ry ons met karre waar ons wil wees, spring net op en af, jy sal wel een of ander tyd land waar jy wil wees.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 28/09/2021 - 19:47

.....'n inset lewer my vriend Len, jy sleep tog ook maar met 'n Japanese voertuiglaugh Of is dit Japanse????

0

When I was an apprentice with South African Airways, At jan Smuts, it landed at Jan Smuts and all the appy's were given the opportunity to have a tour through it, which included visiting the cockpit ---- indrukwekkend indeed -----

When I swopped my defender for the Discovery, And sat in the Discovery's drivers seat  for the first time, ---- with all the blooming switches and dials and light and "stuff" ---- I had a distinct feeling of deja'vu --- Looked like the flight deck of the Concorde in comparison

With my defender --------- It had three switches on the dash and I knew exactly what they did---- absolutely nothing --- As Joda would have said ------- Fine with that I was ---

I have also flown a Boing 747 -------- Well as close as dammit is to swearing ----- Had a mate who was a senior appy in the electronics wotkshop, and as such used to be on standby in the flight simulator at night --- earnd him extra bucks --- Lucky sod

Pilots had to clock up hours in the simulator to keep their different aeroplanes certification --- So they where in constant use, night and day ---

So anyhow he invited me along (we were in the hostel together) and long story short got to fly the 747 simulator ---- FUN ! 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 29/09/2021 - 07:02

You see what I mean, the earth is flat how else would a Landy get from point A to point Bdevil

As ek reg onthou, was daar tot so iewers in die 1970's 'n skool iewers in die kaap wat nog vas geglo, en onderig gegee, het dat die aarde wel plat is. Ek sal nou nie sê dit was waarlik die geval nie, en of dit ook net 'n twak storie was nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 29/09/2021 - 07:30

My vrou se Oupa aan haar Pa se kant het in die Laredo (net suid van Plett) bosse gewoon, ek het hom nooit ontmoet nie maar klaarblyklik het hy vas geglo die aarde is plat, "mens kan dit mos sien"! Hy was 'n houtkapper van beroep, interessant het hy ook vir elke boom wat afgekap is 2 of 3 nuwes in hulle plek geplant. Daai oumense het lank voor die res van die mensdom besef dat mens nie net kan neem nie, maar ook moet teruggee.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus