Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -2 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/11/2025 - 13:56

Iemand sê op Maroela Media as Haval en Isuzu ‘n baba kry het jy die nuwe Hilux. Ek moet erken, die sierrooster is nie vir my mooi nie. Die stertklap ook nie. Die bestaande Ranger is vir my nie lelik nie, behalwe vir die simpel plastiek insetsels voor die voorste deure. As ek egter na een kyk dink ek dadelik aan die simpel nat belt in die enjin (wat gelukkig van volgende jaar af iets van die verlede is). Gelukkig sal ek nooit een van die twee bakkies kan bekostig nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/11/2025 - 14:38

Hopenlik kan daai lelike sierrooster verdwyn as dit plaaslik vervaardig word. Ek het dadelik gister my "persoonlike" Toyota handelaar ingelig dat "boere" nie die chinese trokkie gaan koop nie.  

Ek dink Toyota SA moet vinnig formeel/amptelik aankondig watter enjins in die nuwe Hiluxe beskikbaar gaan wees. Tans raai/bespiegel elke bakkie-rubriekskrywer daaroor. Ek sal baie verbaas wees as die 2.4GD6 onttrek word.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 12/11/2025 - 15:33

Onttrekking, of nie, van goeie verkopers maak nie noodwendig baie sin nie, altans nie vir ons nie. Ek onthou nog toe VW die destydse top verkoper CityGolf onttrek het, meer onlangs die klein half ton bakkie deur Nissan. Dink die plaaslike vervaardigers is maar afhanklik van die grille en giere van hulle buitelandse meesters....is maar moeik as jy die klein seuntjie oppie blok is!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/11/2025 - 17:44

....veral as die klein seuntjie oppie blok boonop 'n bleskop pensioenaris is. laughlaugh

Ag wat, mens raak aan baie lelike goete gewoond soos Mobi Lodges en Kavango's, veral as dit klaar betaal is.smiley. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 12/11/2025 - 17:57

... begin my 4x4 planne in plek val. Die huidige Hilux gaan eerskomende Maandag na 4x4 Mega World in Somerset-Wes vir die uithaal van die kampvrieskas se glylaai. Hulle sal dan die gate in die bak so deeglik moontlik toemaak.

Hermanus Toyota gaan intussen voort met die nodige voorbereidings op die nuwe Hilux. Intussen vertrek ons volgende Vrydag (DV) met die huidige Hilux vir 'n 9-aande wegbreek tot sover as Wildernis - néé tot sover as Sedgefield om vir Jan Meyer te gaan dagsê en 'n bottel Chlorpyrifos vir hom te neem.

Ons keer Sondag 30 November terug (ons laaste 2 aande is in die Bontebokpark) en dan behoort die nuwe 4x4 gereed te wees. Dan moet slegs die huidige Rhinocab oorgeplaas word. En dan sal my agterent waarskynlik jeuk om die nuwe Hilux te gaan beproef. Maar waar?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/11/2025 - 18:22

Ai man, jy het 'n lekker vooruitsig met nuwe trokkie. 

Ek sal voorstel dat julle KarooNP toe gaan, en dan kan jy wettiglik daai 4x4 paaie gaan ry.

Jy moet nou maar oorde soek wat 4x4 roetes as vermaak aanbied. Guano Caves naby Montagu is so ene.

Chris S en jou seun sal sekerlik vir jou 'n paar lekker plekke kan aanbeveel.

Onthou net, fotos sal waardeer word. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/11/2025 - 20:29

Mnr Boucher, bestel maar AT bande op daardie nuwe Hilux. Hulle sing dalk bietjie as mens teerpad ry maar maak ‘n helse verskil op sand. Pad bande werk nie daarvoor nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/11/2025 - 17:50

Kry vandag ń kennisgewing dat die 2,4 Dubbelkajuit 4x4 op special is vir R650k. Of daar naby.  Dalk moet oom Wessel sy hoedjie oor die ore trek, en die ogies toeknyp !

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/11/2025 - 18:00

Soos ek vir onse neef Herman genoem het, ek sal môre eerste lig my skoon aantrek, nuutste laphoedjie opsit en Toyota gaan besoek.

Net dalk kan ek 'n erotiese aantreklike inruilprys kry vir Grompie. laughdevil

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 13/11/2025 - 21:00

Sjoe, daar is sommer baie skommeling in jou teeblare! Opwindende tye waarvan sommige in die nabye toekomslaugh. Geniet die uitsien.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/11/2025 - 09:38

Môre vriende en verleiers, ek het nounet gehoor van die aanbiedinge. Volgens die plaaslike handelaar is daar spesiale aanbiedinge, MAAR nie op die 2.4Hiluxe nie. Wel op sommige 2.8 Hiluxe. 

Ek het egter besluit dat ek nie nou 'n Hilux gaan koop nie. Dalk wag vir die nuwe 2026 lelikes, wat hopenlik nie hoog op die steel spyskaart gaan wees nie.laugh

Voordat ek egter weer 'n Hilux koop, en gebuk gaan onder opspoorstelsels en bekommernisse, sal ek eerder iets ander oorweeg. Dis nou as ek Grompie weens 'n ongeluk of diefstal verloor.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 14/11/2025 - 09:54

Specials net voor die nuwe modelle uitkom beteken in die motorhandel dat daar 'n moontlike oormaat "ou" modelle is en die handelaars en vervaardiger probeer voorraad "skuif". 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 14/11/2025 - 11:22

... in die kol Grootwind. My handelaar het dit teenoor my bevestig.

Ek is nie so egoïsties om met die nuwe model te ry nie - solank ek weet dit is 'n nuwe voertuig met al die voordele soos waarborg en diensplanne.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/11/2025 - 11:39

Dit lyk vir my of die 2026 Hilux maar kosmetiese (en na my mening nie positiewe) veranderinge en ‘n effense opgradering in die kajuit gaan kry. Die enjin (ten minste twee van hulle) bly dieselfde en ek aanvaar die ratkaste ook?

Ford het met groot spronge hulle dubbelkajuit opgradeer die afgelope twee reekse om dit meer van ‘n SNV gevoel te gee. Ek sê nie dis wat ek wil hê nie want dit stoot net die pryse onnodig op en maak mens amper bang om die bakkie as ‘n bakkie te gebruik. Maar aangesien meeste dubbelkajuite eerder gesinsvoertuie geraak het en peperduur is wil mens darem waarde vir jou geld kry.
 

Hopelik is die nuwe Hilux weer goedkoper as die uitgaande reeks dan trek almal voordeel want lg word dan ook vir goedkoper verkoop. En kompetisie verbeter want die bakkies se pryse hardloop nou heeltemal weg. Ek sal nie een kan bekostig oor vyf jaar wanneer ek ‘n aftree ryding wil koop teen die tempo wat die pryse klim nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/11/2025 - 12:28

Tyd sal leer of die 2026 Hilux deels nuut is.

Daar is defnitief nuwe bakpanele en gepaardgaande ligte.

Die kajuit en instrumentepaneel is blykbaar vernuwe, inlyn met Prado uitleg

Waar dit saak maak is die goeie bewese tegnologie behou, dis die enjin en ratkaste, asook die leer0nderstel. Dit blyk dat Toyota van mening is dat;

veral die 2.8 masjien steeds voldoende krag lewer, 

die 6-spoed ratkaste, en beskikbaarheid van handrat modelle voordele bied bo die meer as 8 spoedkaste.

.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/11/2025 - 21:23

Ford moes dit ontwikkel vir die klein enjins met die kort kragbande anders kon hulle nie in die kragband bly nie. Sulke klein enjins in sulke swaar voertuie maak steeds nie vir my sin nie. Dan eerder ‘n 4l V6 wat hopeloos gedetune is maar sterk genoeg is en aanhou ry. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus