Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -17 minutes ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Centurion
Profile picture for user Pontius

Pontius

Fri, 26/09/2025 - 16:55

The Cummins 2.8L diesel engine, most commonly the R2.8 Turbo Diesel crate engine, is a 2.8-liter, 4-cylinder engine known for its compact size, turbocharging, and aftercooling. Specs for this engine include a 161 hp (120 kW) and 310 lb-ft (420 N•m) torque rating at 1800 RPM. Key features also include a Bosch electronic fuel system, a 16.9:1 compression ratio.

0
Centurion
Profile picture for user Pontius

Pontius

Fri, 26/09/2025 - 17:03

Dit Lyk Mooi... Mooi swart staal canopy... dan is sy volmaak wink

Klaar die 40mm lift voor gedoen sodat die bakkie gelyk loop

0
Centurion
Profile picture for user Pontius

Pontius

Fri, 26/09/2025 - 17:12

Eendag as ek iets anders soek... My gat krap maar moet die cash in my sak he

ek hou maar van die alternatiewe want dis bekostigbaar

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 08:12

Ek sien in die Cars.com 'n bespreking van die genoemde SUV. Dit is 'n netjiese bussie, met 1.6l turbo petrol in hibriede vorm. die prys ongeveer MR1.25.

Nou wonder ek, as ek daai tipe geld op 'n SUV wil uitgee, waarom dan nie eerder 'n Prado, of iets dergeliks nie. Dalk word die Koreaanse produk nie gesteel nie!!!!  

0
Centurion
Profile picture for user Pontius

Pontius

Thu, 02/10/2025 - 16:40

Hi Wildehont, Ek kan met experience vir jou vertel dat die ouer Sjinese voertuie se waarde val deur die grond soos my Foton, soos vroeer geneom op die draad het ek hom gekoop vir R95K by We Buy Cars waar hy nuut in 2018 R334 000 gekos het, Dink net wat het hulle die vorige eienaar gegee vir hom...  Ek ry hom al van 2022 af... 4 jaar oud so ek kry die arme persoon jammer wat hom in 2018 gekoop het ... Ek sal hom maar hou vir die besigheid as ek iets anders koop om mee te sleep.

Laat ek bylas, as ek hom nou wil verkoop kry ek nie R60k, vir dit ry ek hom tot hy uitmekaar val

Doen jouself 'n guns en gaan kyk by die auction houses wat karre terugneem etc, daar staan baie sjinese voertuie (2023 - 24 modelle) en dan kyk jy net na die lys foute wat hulle gewoonlik op die kar se venster vertoon.

Ek dink persoonlik hulle bou kwaliteit het baie verbeter oor die laaste 2 jaar  maar moeinie dink jy gaan goeie geld terugkry vir hom die dag as jy hom wil inruil nie.

Ek se maar net net maar kyk oor 4 jaar waarvoor 'n P-Series gaan verkoop vir... Nou betaal jy oor die R600 K... ek sal teken daarby dat jy hom nie verkoop gaan kry vir R250 K as hy 4 jaar oud is nie, Ek koop eerder 'n ouer Prado 3.0 TDI met 150 - 200 000 km op vir daai prys en sy waarde bly redelik goed, op my ouderdom sal ek hom nie klaar ry nie

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 02/10/2025 - 18:02

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek sal nie Sjinees koop nie. Die gevestigde handelsmerk met die blou ovaal gee my genoeg moeilikheid. Die artikel was net vir my interessant.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/10/2025 - 15:14

Ek kyk na die verkoopsyfers vir afgelope maand. 

Hilux----3639

Ranger--2270

Isuzu-----2054

Triton----39

Wonder waarom die massiewe verskil. Is dit prys, swak bemarking, of  omdat agentskappe hoofsaaklik in stede is.

Die Triton is 'n goeie produk, maar waarom verkoop dit so swak. ??? Dalk omdat daar weinig handelaars in die platteland is, of mis ek iets??? 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 03/10/2025 - 17:10

Hou in gedagte dat die syfers "bakkies" wys, maw ook ingesluit enkel kajuit modelle wat hoofsaaklik aan maatskappye verkoop word vir ligte vrag vervoer. Dis algemene kennis dat Toyota by verre die topverkoper in die spesifieke segment is terwyl Ford weer die topverkoper in die D/K segment is. Te oordeel aan die toename in Isuzu enkel kajuit bakkies wat ek deesdae oppie pad sien, groei hulle enkel kajuit mark beduidend? Triton het nog nooit goed verkoop nie, te oordeel aan my ervaring met hulle handelaar naby my is ek nie verbaas nie, het dit ook so destyds aan die mense oppie vloer gestel...enigste antwoord was 'n skouer optrek. Die verkope van die GWM P Series is ook maar swak, slegs 458 in September, daarteenoor verkoop die lelike eendjie, die Mahindra Pik Up redelik met iets soos 750 in September. Motor verkope is interessant, duidelik dat die Sjinese besig is om die plaaslike bedryf baie seer te maak. Kyk na Autotrader se syfers...

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 05/10/2025 - 13:27

Dit is so dat die boere nie n' voertuig koop as daar nie naby n' agentskap is om dit te diens nie. So verkoop hulle n' voertuig as die naby gelee agentskap toe maak. Mitsubishi het net agentskappe in die groot steede. Waneer ek my Pajero moet diens en ek is in die Wildtuin moet ek Nelspruit of Tzaneen toe. Toyota en Ford agentskappe is volop.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 06/10/2025 - 11:35

Rank Model Units sold Country of origin 1 Toyota Hilux 3,325 South Africa 2 Toyota Corolla Cross 2,743 South Africa 3 Volkswagen Polo Vivo 2,314 South Africa 4 Suzuki Swift 2,101 India 5 Ford Ranger 2,066 South Africa 6 Isuzu D-Max 1,778 South Africa 7 Chery Tiggo 4 Pro 1,339 China 8 Hyundai Grand i10 1,301 India 9 Suzuki Fronx 1,210 India 10 Toyota Starlet 1,160 India 11 Haval Jolion 1,123 China 12 Suzuki Ertiga 1,055 India 13 Toyota Vitz 855 India 14 Toyota Fortuner 783 South Africa 15 Toyota Rumion 772 India 16 Volkswagen Polo 763 South Africa 17 Toyota Starlett Cross 755 India 18 Kia Sonet 752 India 19 Mahindra Pik Up 675 India/South Africa 20 Nissan Magnite 652 India
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/10/2025 - 15:00

Volgens bogenoemde syfers van die Top 20 verkopers het Toyota 37.8% van die verkope uitgemaak. Suzuki is 2de met 15.9% - gevolg deur Volkswagen met 11.1%. Die groot verrassing vir my is Ford se 7.5% (net met Rangers). Ek het regtig gedink dat Ford (met al hulle voertuig-modelle) 'n groter markaandeel onder die Top 20 verkopers sal hê. En Nissan se skamele 2.4% is net so 'n verrassing.

0

Eish Nissan doen swak.  Ek sukkel om te verstaan hoekom die Navara so sleg doen.  Ek koop enige dag weer vir my 'n Navara as dit moet maar die een wat ek nou het, het maar net 80k kms.

You can with a NEEESAN

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 07/10/2025 - 10:03

Chris B, weet nie wat jy bedoel met "Ford met al hulle voertuig-modelle" nie, inderwaarheid is die verskeidenheid wat hulle bied redelik klein gesien oor die mark bestek (Ranger, Everest, Tourneo, Mustang, Territory en Puma). Lg twee is ook redelik onlangs eers vrygestel. Wat opmerklik is is dat daar nie een "budget" model is nie, almal is aan die bokant van die mark geposisioneer.  het gou na die pryse gekyk, goedkoopste Ford is die Puma teen "slegs" R537k met selfs die enkelkajuit Ranger teen R574k, goedkoopste d/k Ranger R620k en duurste die Ranger Raptor teen R1.3m! Bokant dit sit die Mustang Dark Horse teen "net" R1.5m! Anders gestel Ford het geen enkele model onder R500k nie. Dit pas in by hulle mark strategie om basies geen normale sedan-tipe voertuie te vervaardig nie. Toyota en ander vervaardigers se mark strategie is beduidend anders. Punt is, dit maak nie sin om Ford, Toyota ens. se totale verkope te vergelyk nie, mens moet eerder inkomste vergelyk (as mens die syfers kan kry!). Ek het nie juis na ander se pryse gekyk nie maar bv. Polo Vivo verkoop vir R272k (goedkoopste VW) teenoor Toyota se Vitz van R178k. Nou raak dit interessant, die Toyota Vitz is basies 'n "re-badged" Suzuki Celerio wat teen R188k verkoop, maar die Suzuki kom met 'n 5 jaar/200 000km waarborg teenoor die Toyota Vitz se 3 jaar/100 000km waarborg. Beteken dit dan dat die Toyota "badge" lei tot 'n minder betroubare voertuig! 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 07/10/2025 - 13:19

Wat jy noem Grootwind, laat my nou wonder of daar syfers is vir voertuie wat meeding in dieselfde kategorie en prysklas.

Erens het ek gelees of gehoor dat Ford meer verkoop in die luukse dubbelkajuit klas as die ander vervaardigers? En dat by basiese enkelkajuit werksbakkies Isuzu goed doen.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 07/10/2025 - 13:27

... appels met appels vergelyk nie en maar net gekyk na die verskeidenheid van "vrugte" in die Top 20-verkope. Ek sal verder my bek toe-zirts.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/10/2025 - 07:03

Kyk gisteraand so rukkie na 'n padtoets/bespreking van die Koleos. Die enigste negatiewe [?] opmerking ge-opper was dat dit 'n CVT ratkas het.

Nou is ek sommer nuuskierig, Herman het die Stoffer dit ook, of nie.??  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 11/10/2025 - 11:33

Die 4x4 Soffers kom net met 6 spoed handratkas uit.  Ek verstaan dit is omrede dit nie ń laestrek het nie, dus is die 1ste rat baie kort gemaak om " hindernisse" stadig te kan bekruip.laugh

Cvt transmissie het my persoonlik nog nie oorreed nie, dat dit wel al vêr gevorder is, beslis. Die kleiner enjins met ń nou kragkurwe gaan seker met die goed doen. Onthou jy die ou Groot Amerikaanse v8 enjins wat net ń 2 spoed auto ratkas gehad het. Ford het, is dit 10 spoed ? auto boks in een van hul trokkies. Dink dit is die twin turbo met die chrome exhors. Seker het die ook ń nou kragkurwe. Serkerlik nie so baie ratte om by 300km/uur uit te kom nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/10/2025 - 12:14

Herman, my pa het 'n '68 Chevelle gehad, 6 silinders en 3 spoed handrat.

Ons bure en ander ryk wingerdboere het die v8 Chevrolets gery, Impala, Constansias en dit het daai 2-spoed outomaties gehad. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/10/2025 - 15:26

Ek het toe maar 'n ander trokkie bestel, met die oog op die Baviaanskloof toer. Dit staan bekend as 'n Tundra. 

Dit kom met twee-turbo's en lewer 326kWatt en 790Nm. Dit is ook voltyds 4x4.

Kan mens darem lekker droom, of nie.laugh

tundra

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus