Het al vir die maters so bietjie gewys van die nuwe verwikkeling by my kamp.
Die Auchterlonie daar in die Kgalagadi, was nog altyd vir my iets uniek. Die eenvoud waarmee die mense geleef het, en al die vreugde, en leed, in die geboutjie, voel mens. So ook is die hut in Karoo N Park baie spesiaal. Eenvoud maar baie, baie spesiaal.
So nou bou neef sy eie plekkie, net vir geniet. Als is herwinde stukke, ou dakplate van historirese huise wat ek restoreer het, vensters van ou vergane werkswinkels, en pale en latte hier van die omgewing se indringers.

Die gebou is 4x8m binnemaat.

Die 2 openinge reg oor mekaar kyk op n waterval doer agter, en so effe Oos van noord. Ons nare wind is Wes to Noordwes.

Iets anders as die norm. Ek het heelwat Balinese strukture gebou, en ons Kaapse rietdakke. hier is so bietjie van n saamwerk. Daai opening reg voor, is die vuurmaakplek. Die begin volgende week.
Kreatiewe skepper
Môre Herman
Jy is voorwaar 'n kreatiewe skepper. Ek kyk daai Auchterlonie van jou so, van stortkop tot kompleet bouwerk.
Ek gun jou die gesondheid en herstel om dit nog geruine tyd te geniet saam met Yvonne, vriende, en dalk soms penvriende .





Watergat ...
Herman, wat het jy toe besluit op die watergat ? (wat dalk nog kom?)