Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstofprys Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Veiliger paaie

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Die minister van vervoer dink blykbaar as almal s-t-a-d-i-g-e-r ry gaan ons paaie veiliger wees.  Ek sien vanaf 11 Mei verander 60 km/h na 40 in stedelike gebiede, 100 na 80 in landelike gebiede en 120 na 100 op snelweë.    Wat sy blykbaar nie aan dink nie, as almal in die eerste plek gebly het by 60, 80 of 120, nugter bestuur, die padreëls gehoorsaam, respek het vir ander motoriste, padwaardige voertuie het, sal die paaie in elk geval baie veiliger gewees het.  Nou moet die wetsgehoorsame bestuurders stadiger ry en die wat alle reëls en regulasies oortree en hulle nie aan wette steur nie, sal dit nog steeds doen.      

Brackenfell

HennieBo

Wed, 19/12/2018 - 05:56

Ry saterdag vanaf Kemptonpark 'n gedeelte van die N3 oppad huistoe. Voor ons ry 'n Kombi wat 'n Conqueror sleep teen meer as 120km/u. Ek wys vir my vrou dat ek 120 ry en kan GLADNIE die man inhaal nie. Ek wou nie vinniger aangesien ek maar skrikkerig is vir kameras op daai spesifieke gedeelte.

0
Centurion

Dusty

Wed, 19/12/2018 - 06:26

My gevoel is dat ons meer verkeersmense en minder kameramanne op die paaie benodig.

Soos ek in die oggende kantoor toe ry kry ek tenminste eenkeer per week n voertuig met geen agterligte nie.

Groot oorsaak vir ongelukke op die pad is die awesigheid van naaste liefde. n Mens besit die pad wat agter jou is en nie voor jou nie. Wanneer iemand roekeloos ry gee ek vir hom plek voor my. Dan kan ek hom beheer. Agter my kan hy in my vasry

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 27/12/2019 - 08:38

Die mens is sy eie toe doen tot ongeluk op ons paaie dan van hulle sleep nog karavane ook hou by die spoed grens , as jy sleep stop gedurig en vat n breek en ja wees geduldig en dink vir die ouens wat ook op die pad is

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus